Tema-Argief

24/12/2025
Kersfees — Die Woord het Vlees geword IV

Potgooi:   “The meaning of life is to find your gift. The purpose of life is to give it away.” — Pablo Picasso — So kom ons by ons laaste skrywe vir 2025. Ons het hierdie maand die vers uit Johannes 1:14 in ons rugsak gepak: “Die Woord het Vlees geword en in ons kom woon,” en met dit […]

17/12/2025
Kersfees — Die Woord het Vlees geword III

Potgooi:   “God does not give us a map; God gives us a direction.” — Frederick Buechner — Die geestelike geskenk aan onsself dié jaar is die refrein van Johannes 1:14 — “Die Woord het Vlees geword en in ons kom woon.” Die geboorte van Jesus was ʼn fisiese manifestasie van die Christus (die Gesalfde) as ʼn ewige herinnering dat […]

10/12/2025
Kersfees — Die Woord het Vlees geword II

Potgooi:   “Bethlehem reminds us that divine glory feels surprisingly like a newborn’s breath.” — Diana Butler Bass — Ons sit ons gesprek voort met ons tema: “Die Woord het Vlees geword en in ons kom woon.” (Joh 1:14) Dit is nou maar eenmaal so dat dit vir ons as mens makliker is om al die slegte goed […]

03/12/2025
Kersfees — Die Woord het Vlees geword

Potgooi:   “God stepped into our mud to teach us how to walk on water.” — Nadia Bolz-Weber — Elke Desember, soos ons nader kom aan Kersfees, hoor ons die bekende vers wat sê, “Die Woord het Vlees geword” (Joh 1:14) wat eggo deur kerke, huise, liedere, en preke. Miskien het ons dit al só baie gehoor dat ons […]

26/11/2025
Vyf Profete - Habakuk

Potgooi:   “Loyalty is tested when circumstances change. Faithfulness is proven when you stay true to your commitment.” — Sonya Parker — Vir ʼn maand lank reis ons met VYF van die ‘Kleiner Profete’ wat elke op hul eie manier deur ʼn transformasie gegaan het van hoe ons God ervaar, en oor God moet dink. Dit was […]

19/11/2025
Vyf Profete — Jona

Potgooi:   “Kindness in words creates confidence. Kindness in thinking creates compassion. Kindness in giving creates love.” — Lao Tzu — Ons staan dié maand stil by VYF van die ‘Kleiner Profete’ wat ons leer ken uit die Nevi’im (profetiese geskrifte) in die Ou Testament. Ons het begin met Hosea wie se Godsbeeld verander na ʼn God van onvoorwaardelike liefde […]

12/11/2025
Vyf Profete — Miga

Potgooi:   “Where kindness, love, and mercy dwell, there God is dwelling too.” — William Blake — Vandag staan ons stil by die derde profeet uit die bundel van ‘Kleiner Profete’ met die naam, Miga. Sy Hebreeuse naam is: Michayahu, wat beteken: “Wie is soos die Here?” Miga kom van ʼn klein dorpie, skaars ʼn kolletjie op ʼn kaart met die naam: Mareshah sowat […]

05/11/2025
Vyf Profete — Amos

Potgooi:   “When you see something that is not right, not fair, not just, you have to speak up. You have to say something; you have to do something.” — John Lewis — Ons gesels hierdie maand oor VYF van die 12 profetiese boeke in die Ou Testament wat bekendstaan as die ‘Kleiner Profete’ bloot op grond […]

29/10/2025
Vyf Profete — Hosea

  Potgooi:   “God and love are synonymous. Love is not an attribute of God, it is God; whatever God is, love is.” — Oswald Chambers — Daar is 16 profetiese boeke in die Ou Testament waarvan 12 bekendstaan as die ‘Kleiner Profete’ bloot op grond van die feit dat die boeke nie baie lank is nie. […]

08/10/2025
Filippense — Vreugde in Aksie

Potgooi:   “There are those who give with joy, and that joy is their reward... and from behind their eyes God smiles upon the earth.” — Kahlil Gibran — Ons staan hierdie maand stil by die roerende brief van Paulus aan Filippense en het begin met wat die Engels vertaal as — The Mind of Christ. […]

01/10/2025
Filippense — Geloof in Aksie

Potgooi:   “Oktobermaand, die mooiste mooiste maand, want al die veld is vol van blom en geur.”  — Louis Leipoldt — Maand na maand is daar ʼn geboorteproses om ʼn tema te vind wat relevant en toepaslik is in ons dag tot dag se lewe. Keer op keer is ek verstom hoe ʼn tema mý […]

24/09/2025
Om weer in Kleur te Leef V

Potgooi:   “When it rains look for rainbows, when it’s dark look for stars.” — Oscar Wilde — So kom ons by ons laaste gesprek oor: Om weer in Kleur te Leef. Ons het gesels oor vernuwing en herlewing en gekyk na ʼn Geestelike GPS – (Geduld, Perspektief, Simplisiteit) om ons veilig deur die landskap van dié seisoen […]

17/09/2025
Om weer in Kleur te Leef IV

Potgooi:   “The way I see it, if you want the rainbow, you gotta put up with the rain.” — Dolly Parton — Ons sit ons maand se tema voort as ons gesels oor — Om weer in Kleur te Leef. Om verantwoordelikheid te vat vir jou kleure, is een van die mees bevrydende en lewensveranderende keuses […]

10/09/2025
Om weer in Kleur te Leef III

Potgooi:   “When you change the way you look at things, the things you look at change.” — Wayne Dyer — Ons het Sondag net tot in die helfte van ons gesprek gekom oor wat dit beteken om met NUWE OË TE SIEN. Kom ons vat waaroor ons gesels het saam en dan maak ons die […]

03/09/2025
Om weer in Kleur te Leef II

  Potgooi:   “No winter lasts forever; no spring skips its turn.” — Hal Borland — Kom ons begin waar ons verlede week opgehou het: ná die Winter kom die Lente, ná elke donker nag breek die son weer oor die horison, ná elke seisoen van hartseer en onsekerheid breek die lewe weer oop — met […]

27/08/2025
Om weer in Kleur te Leef

Potgooi: "There are always flowers for those who want to see them." — Henri Nouwen — Vandag is net ʼn kort gedagte vir waaroor ons gaan gesels in September. Ek was nog altyd meer geïnteresseerd in die verandering van seisoene as die seisoene opsigself. Daardie tussen-in tye van die jaar. Wanneer die natuur haar intermezzo […]

20/08/2025
Spieëls van die Siel IV

Potgooi: “God’s love is not something we earn; it’s something we reflect.” — Max Lucado — So kom ons by die laaste ‘Spieël van die Siel’ en dit is die spieël wat God vir ons ophou. Voor ons enigsins kan praat oor hierdie spieël moet ons net eers weer vir onsself vra: WIE is hierdie God vir jou persoonlik? HOE ervaar […]

13/08/2025
Spieëls van die Siel III

Potgooi:   “A loving person lives in a loving world. A hostile person lives in a hostile world: everyone you meet is your mirror.” — Ken Keyes Jr. — As jy vriendelikheid, deernis, en dankbaarheid reflekteer, sal jy liefde oral om jou sien; maar as jy woede, bitterheid, of wantroue in jou dra, is jy […]

06/08/2025
Spieëls van die Siel II

Potgooi:   Ons gesels hierdie maand oor: Spieëls van die Siel — en het laas week begin met hoe KINDERS vir ons ʼn spieël is wat ons herinner aan wie ons is in ons essensie (Ware Self) — ons identiteit en karakter as beeld en beminde van God. “From the moment we enter the world, we are surrounded by mirrors. […]

30/07/2025
Spieëls van die Siel

Potgooi:   “The mirror triggers two reactions: vanity or vulnerability. Choose the latter—it leads to growth.” — Brené Brown — Ons almal ken dié reël uit Sneeuwitjie, “Spieëltjie, spieëltjie aan die wand, wie is die mooiste in die land?” — wat gaan oor die jaloesie van die koningin, maar eintlik oor ons almal se geneigdheid om onsself […]

23/07/2025
GESEËND om tot SEËN te wees III

Potgooi:   “Success is not the key to happiness. Happiness is the key to success. If you love what you are doing, you will be successful.” — Albert Schweitzer — Dikwels hoor ons mense sê, ‘Hy is so geseënd om so suksesvol te wees,’ of ‘kyk haar mooi huis, haar werk, haar kinders — what a blessing!’ Is dit regtig […]

16/07/2025
GESEËND om tot SEËN te wees II

Potgooi:   “The secret of abundance is not in needing more but in being more.” — Alan Cohen — Volgens statistiek wat in 2021 gepubliseer is, is jy deel van die top 2% van ons land se bevolking as jy die volgende VIER goed het: lopende water in jou huis, 'n spoeltoilet, 'n motor, en 'n privaat mediese fonds. […]

09/07/2025
GESEËND om tot SEËN te wees

Potgooi:   “Being blessed is not the goal. Being a blessing is.” — Rick Warren — Omrede dit my geboortemaand is, het ek gedink om hierdie maand in te kleur met die tema: GESEËND om tot SEËN te wees (Blessed to be a Blessing). Ons is nie damme of reservoirs nie, maar riviere en leivore waar elke seëning — geestelik, […]

02/07/2025
Lesse van 'n Lewensreis V

Potgooi:   “Jesus is not truth as in a system of ideas; he is truth as in a way of LOVE.” — Diana Butler Bass — Soos belowe in die begin van ons tema ‘DIE LEWE IS ‘N REIS’ staan ons vandag stil by Johannes 14:6 wat Christene lief is om aan te haal sonder om die konteks daarvan te […]

18/06/2025
Lesse van 'n Lewensreis IV

Potgooi: “True North is the voice of God calling you toward the life you were born to live.” — Parker Palmer — Wanneer ons sê “die lewe is ’n reis,” praat ons nie van ’n reguit pad of ’n spoorlyn met voorafbepaalde stasies wat op ʼn sekere tyd bereik moet word  nie. ’n Reis, in sy diepste en […]

11/06/2025
Lesse van 'n Lewensreis III

Potgooi:   “Out of suffering have emerged the strongest souls; the most massive characters are seared with scars.” — Kahlil Gibran—  Gibran se woorde herinner ons dat littekens is nie tekens van mislukking of verloor nie maar simbole van groei. Mense met ʼn ryk lewenservaring en deurleefde siel, is nie diegene wat lyding vrygespring het nie, […]

04/06/2025
Lesse van 'n Lewensreis II

Potgooi: “To answer a calling is to say yes to the holy longing at the centre of your soul.” — Christine Valters Paintner — Die lewe is ʼn reis, nie ʼn bestemming nie. Ons leef in momente. Elke dag word gevul met een tree voor die ander. Ons probeer sin maak van ons voetspore, en om betekenis […]

28/05/2025
Lesse van 'n Lewensreis

Potgooi: “I shall be telling this with a sigh Somewhere ages and ages hence: Two roads diverged in a wood, and I — I took the one less travelled by, And that has made all the difference.” — Robert Frost — Robert Frost skryf hierdie gedig in 1916 vir sy vriend Edward Thomas wat hom […]

21/05/2025
Vier Pilare van Geestelike Groei IV

Potgooi: “Pride makes us artificial; humility makes us real.” — Thomas Merton — Toe ons ons pelgrimsreis begin het die maand oor die Vier Pilare van Geestelike Groei, het ons Liefde die fondasie gemaak waarop ons kan bou. Niks anders in ons lewe maak sin as daar nie Liefde is nie. Al wat ons dan het, is behoeftes en verwagtinge wat […]

14/05/2025
Vier Pilare van Geestelike Groei III

Potgooi: “To be whole means to embrace all of who we are — the light and the dark, the beauty and the flaws.” — Debbie Ford — Ons sit ons gesprek voort oor die VIER pilare van Geestelike Groei, en vandag se pilaar is die Gawe van GEÏNTEGREERDHEID en die gawe van GEDULD. Die woord vir emosionele en spirituele ‘WHOLENESS’ is […]

07/05/2025
Vier Pilare van Geestelike Groei II

Potgooi: “Faith is an oasis in the heart which can never be reached by the caravan of thinking.” — Khalil Gibran — Ons gesels hierdie maand oor die VIER pilare van Geestelike Groei, en het begin met die Gawe van Onderskeiding- en Uithouvermoë (gift of discernment and endurance). Vandag gaan oor die Geskenk van GELOOF en GENADE. Die Joodse verstaan […]

30/04/2025
Vier Pilare van Geestelike Groei

Potgooi: “Help my om verstandig te beplan, en om risiko's moedig te neem. Laat ek geduldig wees in lyding, beskeie in voorspoed. Help my om aandagtig te bid, en om matig te wees met voedsel en drank, getrou in my werk, standvastig in my goeie besluite.” — Sheila Cussons — VEERTIG jaar gelede sê Marlon […]

23/04/2025
Die Betekenis van die Opstanding III

Potgooi: “You can’t change what you’re not aware of. And once you’re aware, you can’t help but change.” — Sheryl Sandberg Paasfees is verby, maar die invloed daarvan nog lank nie. Daar is by my ʼn diep hartseer oor die afsterwe van Pope Francis. Gereeld het ek sy homilie (Sondagspreke) gelees en is telkens diep geraak deur die simplisiteit […]

16/04/2025
Die Betekenis van die Opstanding II

Potgooi: “Try not to resist the changes that come your way. Instead, let life live through you.” — Rumi — Paasfees gaan oor om te onthou wat 2000 jaar terug gebeur het, maar nog meer belangrik is om te besef wat die invloed daarvan op jou lewe is — NOU, hier, vandag. Die ‘opstanding’ van […]

09/04/2025
Die Betekenis van die Opstanding

Potgooi: “In an age of scepticism, Easter dares to say: beauty, love, and meaning still matter.” ― Krista Tippett — PAASFEES 2025! Dit is nie net ʼn herdenking van ʼn gebeure in die verlede nie, maar ʼn uitnodiging tot innerlike vernuwing en verandering — tot ʼn nuwe manier van LEWE. Uiteraard van die saak dink […]

19/03/2025
Lewenslesse uit die Gelykenisse IV

Potgooi: “Attention is the rarest and purest form of generosity.” — Simone Weil — ʼn Vraag wat ek elke dag vir myself vra, is: “Hoe kan ek meer oplettend, meer bewustelik, meer aandagtig leef ten opsigte van myself, my naaste, en van God?” In ʼn wêreld wat soms chaotiese voel, en ons meer ‘disconnected’ is van mekaar as […]

12/03/2025
Lewenslesse uit die Gelykenisse III

“All sins are attempts to fill voids.” — Simone Weil — ‘Sonde’ is die goed wat ons doen wat maak dat ons ons doel mis (i.e. our true purpose). Ons almal ervaar van tyd tot tyd daai gevoel van leegheid aan die binnekant, en word oorrompel deur vrae oor wat ons waarde is en wat werklik betekenis het in ons lewe. Ons […]

05/03/2025
Lewenslesse uit die Gelykenisse II

“Tell me a fact, and I’ll learn. Tell me a truth, and I’ll believe. But tell me a story, and it will live in my heart forever.” — Native American Proverb — In ʼn moderne, gesofistikeerde samelewing, domineer feite en data ons gesprekke. Elke dag word ons versmoor deur ‘informasie’ en weet nie eers of […]

26/02/2025
Lewenslesse uit die Gelykenisse

“Jesus did not come to change the mind of God about humanity; Jesus came to change the mind of humanity about God.” — Richard Rohr — Met ʼn nuwe maand kom ʼn nuwe tema en ons gaan in Maart gesels oor ʼn paar bekende ‘Gelykenisse’ van Jesus. Dit is my beskeie mening dat die spirituele lewenslesse is […]

19/02/2025
Woordeskat vir Emosies IV

“There is a crack in everything, that’s how the light gets in.” — Leonard Cohen — Vir ʼn maand lank gesels ons oor HOE ʼn mens jou emosies ʼn stem kan gee om te sê wat jy voel. Ons het onthou dat ALLE emosies is ʼn reaksie op iets wat gebeur het. As emosies net ʼn reaksie […]

12/02/2025
Woordeskat vir Emosies III

“Crying does not indicate that you are weak. Since birth, it has always been a sign that you are alive.” — Charlotte Brontë — In ʼn wêreld waar almal ʼn opinie het, het dit al hoe moeiliker geraak om te sê wat ons voel. Dis maklik om te praat oor wat ‘reg’ en ‘verkeerd’ is, […]

05/02/2025
Woordeskat vir Emosies II

Potgooi:   “When you do things from your soul, you feel a river moving in you, with joy.” — Rumi — Stel jou voor dat ons emosies is soos ʼn rivier — soms kalm, soms wild, met stroomversnellings en watervalle oor skerp rotspunte, dan weer rustig met ʼn breë oewer waar als welig en vrugbaar groei. […]

29/01/2025
Woordeskat vir Emosies I

Potgooi:   “Listen to the wind, it talks. Listen to the silence, it speaks. Listen to your heart, it knows.” — Native American Proverb — Oor die jare hoor ek dikwels hoe min mense die taal (woordeskat) het om oor hul geloof en emosies te praat. Hulle sukkel om te sê wat hulle dink, en […]

22/01/2025
'n Nuwe Begin vir 'n Beter Jy IV

Potgooi: “Surrender isn’t about being passive; it’s about being open.” — Judith Orloff — So kom ons aan die einde van ons maand se gesprek oor hoe ons hierdie jaar kan ingaan met die GENOEGSAAMHEID van ʼn lewe in oorvloed. Ons het gesels oor hoe ons ons doelwitte (goals) belyn met ons lewensdoel (true purpose). Ons het gepraat oor hoe belangrik dit […]

15/01/2025
'n Nuwe Begin vir 'n Beter Jy III

Potgooi: “Authenticity is the daily practice of letting go of who we think we’re supposed to be and embracing who we are.” — Brené Brown — Wanneer ons aan die begin van die jaar dink oor ons drome, aspirasies, wense, en ideale vir die jaar wat voorlê, is dit ʼn rare oomblik waarin ons onsself […]

08/01/2025
'n Nuwe Begin vir 'n Beter Jy II

Potgooi: “Don’t wait for the perfect moment. Take the moment and make it perfect.” — Zoey Sayward — Een van die WhatsApp boodskappe wat ek ontvang het met goeie wense vir die Nuwe Jaar verwoord dit mooi — Mag die son jou nooit skroei nie, en slegs warmte skenk in jou hart en mag jy geseënd […]

04/01/2025
'n Nuwe Begin vir 'n Beter Jy

Potgooi: “Every day is an opportunity to begin again. Every day is your birthday.” — Dalai Lama — Mag ek begin om vir jou en al jou geliefdes ʼn geseënde jaar toe te wens. Ek het elke jaar een woord wat in ʼn strikkie om my hart geknoop word om elke dag te onthou. My woord vir […]

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2026
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights