Vier Pilare van Geestelike Groei III

Potgooi:

“To be whole means to embrace all of who we are — the light and the dark, the beauty and the flaws.”
— Debbie Ford —

Ons sit ons gesprek voort oor die VIER pilare van Geestelike Groei, en vandag se pilaar is die Gawe van GEÏNTEGREERDHEID en die gawe van GEDULD.

Die woord vir emosionele en spirituele ‘WHOLENESS’ is ʼn moeilike woord om te vertaal. Dit is nie ‘heelheid’ asof iets stukkend was en nou heel nie. Miskien nader aan ‘om volledig mens te wees’, of ‘geheel en al geïntegreerd te leef’.

Al drie die woorde wat in die Nuwe Testament gebruik word om van ‘genesing’ te praat, beteken in hul grondvorm: to heal, to make whole, to restore.

Dit is asof die antieke tyd reeds geweet het dat ‘fisiese genesing’ begin met die geestesgesondheid van ons hart, siel, en denke.

Ons almal dra ‘sielkundige wonde van skaamte’ vanuit ons verlede wat lei tot skuldgevoelens, ʼn gevoel van minderwaardigheid, en self-verwerping. Dis dalk direk of indirek gesê dat ons nie slim, mooi, gelowig, aanvaarbaar genoeg is nie.

Hierdie onverwerkte skaamte gaan sit diep in ons beendere. Elke keer wat ons emosioneel seerkry, kom hierdie pyn weer na vore. Hierdie wond word toegedraai (i.e. ontken) en dan sit ons ʼn masker op en ploeg voort deur die lewe waar dit gaan oor resultate in plaas van waardes, om goed te bereik ter wille van aansien, of bymekaar te maak wat deur “mot en roes” verteer word.

Ons waag dit nie om vir ander ons ‘wonde’ te wys nie want hulle gaan dink ons is swak. Ons durf nie onsself wees nie uit vrees vir veroordeling en verwerping dat ons Ware Self nie goed genoeg is nie.

Dit alles lei tot ʼn gefragmenteerde lewe waar alles netjies hul eie boksie het. Ons het ʼn kompartement vir ons werk, vir ons gesin, vir ons huwelik, vir ons sosiale lewe, een vir ons verhouding met God, en dan een waar net ek die sleutel van het. Daar waar niemand sien hoe ‘distracted and disconnected’ ek regtig van alles en almal is nie.

“Wholeness means to accept all parts of yourself — especially the messy ones.” — Brené Brown

Dit begin om onsself te aanvaar met liefde, en nie so hard op onsself te wees nie. Minder veroordelend op wie ons is, waar ons vandaan kom, waarna ons verlang, en wat vir ons vervulling bring.

‘Wholeness’ vind plaas waar ons ons emosionele, fisiese, en spirituele lewe integreer. Maar, ons het ʼn silo vir alles. Sondag is vir ons geestelike lewe, ons gaan vir terapie vir ons emosionele silo, daar is ʼn gym vir ons fisiese silo, en ʼn fiets of drafskoene om die apies in die silo van ons kop tot bedaring te bring.

Soms kry ons dit reg om kop, lyf, en hart by mekaar te kry maar selde versoen ons die drie met ons siel. Ons dink (glo) steeds dat siel hoort by godsdiens en godsdiens hoort by kerk.

Daarbenewens leef ons só in ons koppe, dat ons almal aan een of ander vorm van perfeksionisme en ‘people-pleasing’ ly.

‘Wholeness’ gaan nie daaroor dat almal van jou hou of dat alles in jou lewe netjies op ʼn rytjie en perfek is nie. Dit gaan daaroor — “to be honest, present, real, and grounded,” het Parker J. Palmer gesê.

Ook hier speel ons Stiltetyd ʼn kardinale rol. Met stilte kom kalmte, nugterheid, en self-refleksie. Jy sal dit interessant vind om te weet dat die Hebreeuse woord ‘Shalom’ (vrede) kan ook met ‘wholeness’ vertaal word.

Verlang jy soms na daardie ‘Shalom’ waarvan Paulus praat in Filippense 4:7 — “En die vrede van God, wat alle verstand oortref, sal oor julle harte en gedagtes waak in Christus Jesus.”

Dit is nie vir eendag as jy eers al jou stukkies stukkend aan mekaar gewerk het, of as jy jou kop neerlê nie, maar is NOU en HIER reeds volledig in vervulling.

“You are complete in Him,” herinner die Engelse vertaling van Kolossense 2:10 wat beteken God sien jou ten volle soos jy is, in die beste weergawe van jouself, wie jy is in jou essensie — liefde, vreugde, vrede... kindness, grace, and compassion.

Wat bring vir ons hierdie insig (waarheid) en wat gee vir ons hierdie uitsig (wysheid)? Die antwoord is, die gawe van GEDULD!

Geduld stap sagter en stadiger. Geduld sit goed in perspektief. Geduld bring kop en lyf, hart en siel in balans, want waar daar geduld is, is daar ‘wholeness’.

In ʼn wêreld met roltrappe, hysbakke, afstandbeheer, mikrogolfoonde, en ʼn kultuur van ‘instant gratification’ is alles wat geduld vra, ongeleë. As dinge nie volgens plan verloop, of ons behoeftes en verwagtinge nie dadelik bevredig word nie, raak ons geïrriteerd.

Ongeduld manifesteer as ons nie ons sin kry, of besef hoe ‘disconnected’ ons is van onsself en ander om ons nie. Dit is ook ʼn gebrek aan vertroue — in onsself, ons ewemens, en in God.

GEDULD en hoop gaan hand aan hand. In die Joodse geloof beteken hoop: ‘to wait with a purpose.’

Geduld is nie passief nie — dit is om aktief jou vertroue te hengel in dit wat waarde toevoeg, jou belyn met jou lewensdoel, en die konneksie met jou siel herstel.

Waar ons onsself belyn met die siel, besef ons opnuut dat ons hét ʼn kop, hart (emosies), en lyf, maar ons is meer as dit — ons ÍS ʼn siel. Hierin lê my berusting.

Met die jare het ek geleer om vir myself te vra, soms hardop, wat die goed is wat my ongeduldig maak — is ek bang ek mis iets; het ek te veel hooi op my vurk; is ek te veel in my kop, te behep met my lyf, te fyngevoelig in my hart?

Ek het geleer om myself te omring met mense wat geduld het, want hulle is verdraagsaam, leef meer geïntegreerd, en hul vrede lê geanker in tevrede.

Laastens het my ongeduld ʼn rigtingwyser geword wat wys waar my ‘wonde’ vra vir lig en lug om genees te word, en dat ‘wholeness’ net geken word as ek my gebrokenheid herken en my weerloosheid erken.

Daarom is my gebed vir vandag: Wys my hoe om met geduld op te tree sodat ek volledig mens kan wees.

Met liefde

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“I am goodness and mercy,
compassion and understanding.
I am peace and joy and light.
I am forgiveness and patience,
strength and courage,
a helper in time of need,
a comforter in time of sorrow,
a healer in time of injury,
a teacher in times of confusion.
I am the deepest wisdom
and the highest truth;
the greatest peace
and the grandest love.
I am all these things.”

― Neale Donald Walsch 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2026
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights