BOEKE wat deur Terblanche aanbeveel word 

Kersfees — Die Woord het Vlees geword II

Potgooi:

 

“Bethlehem reminds us that divine glory feels surprisingly like a newborn’s breath.”
— Diana Butler Bass 

Ons sit ons gesprek voort met ons tema: “Die Woord het Vlees geword en in ons kom woon.” (Joh 1:14)

Dit is nou maar eenmaal so dat dit vir ons as mens makliker is om al die slegte goed wat gebeur het te onthou, en vergeet hoe om die mooi en goed en lief van die laaste jaar uit ons hart se spens te gaan haal en op te noem.

Soos die jaar tot einde kom, is dit belangrik om te reflekteer oor wat die laaste jaar ons geleer het, en waar teleurstellings ʼn geleentheid geword het vir groei.

MAAR, nog meer belangrik is om die laaste paar weke van dié jaar stil te raak om jouself te vra: Waar het God vlees (sigbaar) geword in my lewe by die werk, in my huwelik en vriendekring, en in my verhouding met myself? Waar het ek gegroei as mens op maniere wat ek nie in die oomblik besef het nie? Hoe het ek verander, en op watter nuwe manier het liefde vorm aangeneem in my lewe — want dít is wat ons wil saamvat in die volgende jaar.

Nie een van ons is dieselfde persoon vandag as die een wat die jaar begin het nie — daar is meer diepte, meer helderheid, meer uithouvermoë, meer teerheid.

Ons het soveel nuwe insigte gekry wat gelei het tot meer wysheid wat ons kon toepas in elke aspek van ons lewe.

Ons wil tog weet dat hierdie jaar betekenisvol was. Ons wil voel dat daar meer self-awareness is — dit beteken ons verstaan hoekom ons op sekere maniere reageer, wat dit is wat ons voel, en waarom ons sekere emosies ervaar as goed gebeur.

Dink daaraan — toe die jaar begin het, waarvoor was jy bang, wat se gedagtes het jy vermy, wat het die swaarste op jou hart gelê, en wat het jy gevoel is die grootste rede waarom jou lewe onvervuld voel?

Hoe verdrietig as dit vandag presies dieselfde goed is, want dit beteken ons het gestagneer en stil gaan staan en ons almal weet wat gebeur met ʼn rivier as dit nie vloei nie — dit word brak en niks leef in dit nie.

Toe ons kinders was, het ons die slapies afgetel na Kersfees. Ons wou so gou as moontlik ons persente oopmaak. Op oukersaand was die opgewondenheid ondraaglik en kon ons nie meer wag om vroeg die volgende oggend daardie geskenkpapier af te ruk om te sien wat ons vir Kersfees gekry het nie.

Aan die eenkant is Kersfees gelaai met nostalgie, aan die anderkant is dit vir baie mense ʼn seisoen waarteen hul opsien. Hulle is vermoeid teen die einde van die jaar en nie lus vir gedwonge kuiers met families waar spanning is nie.

Vir ander is dit ʼn seisoen van eensaamheid want dié jaar is iemand na aan jou dood, of jy is deur ʼn egskeiding, of die feit dat jy vêr van jou geliefdes woon.

Maar, vir die meeste van ons is Kersfees ʼn tyd van diep dankbaarheid. Ons dink met welbehae terug aan die jaar se seëninge so milddadig. Ons onthou elke oomblik van onsekerheid wat vir ons wysheid gebring het, elke spanning wat gewys het waar ons innerlike krag lê, en elke ervaring (goed of sleg) wat ons skoot geopen het om geboorte te gee aan die teenwoordigheid van God.

Vra jouself: wat het hierdie jaar jou geleer van jouself; waar het dit jou verhouding met God verdiep; watter patrone het hulself herhaal; waar het jy jouself verras; waarop kan jy trots voel; en wat het meer seergemaak as wat jy vermoed het en wat het meer genesing gebring as wat jy besef het?

Daarom gaan ons Sondag die pad vat na Bethlehem. ʼn Pelgrimstog na die duisend-en-een maniere waar ons ʼn herberg geword het om geboorte te gee aan die een wat gesê het: “Ek is die Lig vir die wêreld.”

Hierdie Bethlehem is nie ʼn geografiese plek nie maar ʼn bestemming aan die binnekant. Almal van ons het hierdie jaar na so plek gereis sonder dat ons noodwendig daarvan bewus was. ʼn Plek wat oënskynlik onbelangrik is maar wat die geboorteplek van innerlike transformasie en vernuwing was.

Daardie keuses wat voor ons deur gelê het en ons gedwing het om ʼn besluit te maak. Miskien was dit ʼn plek van opgehoopte bitterheid en teleurstelling waarna toe ons moes gaan om geboorte te gee aan vergiffenis en heling.

Maria het letterlik Jesus in haar skoot gedra, maar daarmee saam die vrees en onsekerheid vir die onbekende, miskien ook bang vir die verwerping om swanger te wees en niemand om haar weet wie die pa is nie.

Dit dwing ons om vir onsself te vra — wat het jy hierdie jaar saam met jou gedra? Was dit jou eie vrese vir veroordeling en verwerping? Het dit soms gevoel dat die verantwoordelikheid wat op jou skouers geplaas is, is net te veel?

Maar ons pak ons spulle en vat die pad na Bethlehem (Huis van Brood). Ons weet nie of daar plek gaan wees om te bly nie. Ons weet nie of mense vriendelik gaan wees teenoor ons nie, maar ons staan op en gaan want ons het geleer dat daar iets heilig is aan ‘hunkering’ omdat dit die siel se manier is om te sê, ‘Daar is meer!’

Ons het vêr gereis hierdie jaar, baie gedra, heelwat onsekerhede gehad, genavigeer om deure wat gesluit is, en vasgehou aan dit wat ons siel voed.

Ons is almal swanger aan potensiaal. Ons wil geboorte gee aan ‘Vrede op aarde, in die mens ʼn welbehae!’ Want ons almal dra die Vrugte van die Gees in ons skoot om van 2026 die mooiste jaar te maak.

Nou staan ons by die poort van Bethlehem en is die vraag: sal jy ingaan, en sal jy oop en ontvanklik wees vir 'n liefde, vreugde, vrede wat DEUR jou vloei en manifesteer?

Dit is ʼn paar van die vrae waarna ons Sondag gaan kyk. Want dit is Kersfees 2025 — die seisoen waar ons in die lig van 'n kers voel hoe die Ewige sy hand op ons skouer lê en sê: “Kyk, die jong meisie is swanger en sy sal geboorte gee aan 'n seuntjie, en sy sal hom Emmanuel noem!” (Jesaja 7:14)

Met liefde — altyd

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“Christmas becomes real
when we become the gift.”

― Dr Seuss 
BOEKE wat deur Terblanche aanbeveel word 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2026
Neo-Spektrum envelope-oarrow-circle-right
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights