.png)

TEMA vir die maand
Van Saad na Vrugte volg die ritme van groei. Elke saad wat geplant word, vorm wortels wat ons verbind en standvastig hou. Met sorg, aandag en tyd begin nuwe lewe vorm aanneem. Uiteindelik dra dit vrugte: die sigbare uitkoms van dit wat ons geplant, gevoed en versorg het.
VOLGENDE DIENS
Sondag om 10:00
7 Biccard Straat, Durbanville
ALMAL WELKOM

WIE IS ONS?
Neo-Spektrum is ‘n onafhanklike spirituele gemeenskap wat ons Christelike tradisie op ‘n moderne en gesofistikeerde manier eer en bestudeer. As mense wat leef in die 21ste eeu wil ons 'n Godsbeskouing verken wat sonder vorm, dimensie of definisie is.
Ons verhouding met God moet relevant en betekenisvol wees vir die tyd waarin ons leef, en ons ervaring daarvan moet sinvol, dinamies, toepaslik en soepel wees.
SPEKTRUM
'n sirkel waarvan die middelpunt oral en die omtrek allesinsluitend is.
NEO
'n Nuwe Ekumeniese Oopgesprek wat nuut, herlewend en veranderend wil dink en funksioneer.
Ons leef met die nederige wete dat ons bloot kanale is. Die asem in ons longe, die klop van ons harte en die inspirasie in ons gees kom van 'n Bron groter as ons eie ego. Ons erken ons afhanklikheid van die Groot Misterie. Dit gaan nie oor ons eie prestasie nie, maar oor genade.
"We are not human beings having a spiritual experience. We are spiritual beings having a human experience." — Pierre Teilhard de Chardin
Wysheidsirkel
Neo-Spektrum funksioneer op die beginsels van 'n wysheidsirkel. Klik vir meer inligting:
i. Hier erken ons dat die krag in ons is nie van ons nie
ii. Hier ontmoet ons ’n God wat lewe en liefde is
iii. Hier laat ons ’n geloofwaardige stem hoor
iv. Hier word alle mense menswaardig behandel
v. Hier is daar ruimte vir andersdenkendes
vi. Hier gee 'n wysheidsirkel aan elkeen 'n stem
vii. Hier is geen verwydering of veroordeling nie
Wysheidsirkel
Neo-Spektrum funksioneer op die beginsels van 'n wysheidsirkel.
i. Hier erken ons die krag in ons en nie van ons nie
ii. Hier ontmoet ons 'n God wat lewe en liefde is
iii. Hier laat ons 'n geloofwaardige stem hoor
iv. Hier word alle mense menswaardig behandel
v. Hier is daar ruimte vir andersdenkendes
vi. Hier gee 'n wysheidsirkel aan elkeen 'n stem
vii. Hier is geen verwydering of veroordeling nie
ONS DOELWITTE
Neo-Spektrum se doelwitte sluit spirituele leiding, berading en die deel van Christelike waardes soos onvoorwaardelike liefde, vergifnis, empatie en barmhartigheid in. Gemeenskapsdiens en ondersteuning aan minderbevoorregtes vorm ‘n kernaspek van hierdie werk. Om dié rol te vervul, is Neo-Spektrum as ’n niewinsgewende organisasie (NPO) en as ’n openbare weldaadsorganisasie (PBO) geregistreer.
Neo-Spektrum wil spirituele groei en ontwikkeling bevorder, veral in ‘n tyd waarin mense soek na ‘n betekenisvolle verhouding met God. Die organisasie streef daarna om mensliewendheid te versterk en omstandighede in sosiaal en ekonomies benadeelde gemeenskappe te verbeter.

Spirituele dienste
Neo-Spektrum bied onder meer die volgende aan:
Lesings en Werkswinkels
Verrykende geleenthede om jou ervaring en verstaan van God te verdiep.
Jaarlikse Konferensie
'n Jaarlikse hoogtepunt waar ons saam dieper delf in spirituele temas.
Trauma
berading
Deernisvolle ondersteuning en genesing vir die seerplekke van die lewe.
Gemeenskap
diens
Volhoubare hulpverlening deur vennootskappe en vrywilligers.
Sondag-wysheidsirkel
'n Weeklikse bron van inspirasie, wysheid en die viering van samesyn.
Geestelike
Leiding
Persoonlike begeleiding en 'n warm omarming vir jou unieke lewensreis.
Ekumeniese Diskoers
'n Oop gesprek oor God wat relevant, eietyds en waarlik transformerend is.
Spirituele dienste
Neo-Spektrum bied onder meer die volgende aan:
Sondag-wysheidsirkel
'n Weeklikse bron van inspirasie, wysheid en die viering van samesyn.
Geestelike
Leiding
Persoonlike begeleiding en 'n warm omarming vir jou unieke, heilige lewensreis.
Ekumeniese Diskoers
'n Oop gesprek oor God wat relevant, eietyds en waarlik transformerend is.
Lesings en Werkswinkels
Verrykende geleenthede om jou ervaring en verstaan van God te verdiep.
Jaarlikse Konferensie
'n Jaarlikse hoogtepunt waar ons saam dieper delf in spirituele temas.
Trauma
berading
Deernisvolle ondersteuning en genesing vir die seerplekke van die lewe.
Gemeenskap
diens
Volhoubare hulpverlening deur vennootskappe en vrywilligers.
ons LEIERSPAN

Terblanche Jordaan

Annelize vd Linde

Liza-Mari du Plessis

Edward Smuts

Else-Heleen Loubser

Mia morkel

Nico botha

Treska botha

johan muller

Theuns moolman
komende byeenkomste
komende byeenkomste




MAAK 'N DONASIE
By Neo-Spektrum glo ons dat liefde dade moet word.
Jou bydrae help ons om 'n wesenlike verskil te maak by Attie van Wyk Primêr deur personeelsalarisse te betaal, fasiliteite te verbeter en hoërskoolbeurse aan belowende leerders te bied. Ons ondersteun ook gesinne in finansiële nood.
Saam gee ons hoop, skep geleenthede en bou aan 'n beter toekoms.
R 0 raised
0 donations
0%
Bedrag
R 20
R 50
R 100
R 200
Other
0/100
Comment (optional)