Tema-Argief

25/03/2018
Dra Jou Kruis III

25 Maart 2018 LITURGIE: 25_maart_2018 Menseregte-Dag: In 1948 het die UN ʼn resolusie van menseregte aanvaar. Al die lande het dit onderteken, behalwe agt waaronder Suid Afrika saam met Saudi Arabië en die ou USSR. Die eerste sin van die Handves sê, “All human beings are born free and equal in dignity and rights. They are endowed with […]

18/03/2018
Dra Jou Kruis II

18 Maart 2018 LITURGIE: 18_maart_2018 Met goeie intensie neem ek laas naweek ‘af’ met die doel om iets lekker die naweek te doen ... tot groot ontnugtering word ek toe Saterdagoggend beroof terwyl ek pakkies uit die motor die huis indra. Wat ʼn ‘af-naweek’ moes wees ontaard toe in ʼn stop van alle kaarte, twee en half […]

04/03/2018
Dra Jou Kruis I

4 Maart 2018 LITURGIE: 4_maart_2018 Dit is die tyd van purper wat bekendstaan as ‘Lydingstyd’ in die Kerklike Jaar ... die heiligste maand vir elke Christen, in elke tradisie en kultuur op dié planeet. ʼn Maand om die kokon van introspeksie te spin tot ons op Paassondag geboorte gee aan die skoenlappers van ʼn Nuwe Lewe. ʼn […]

25/02/2018
Ware Identiteit IV

25 Februarie 2018 LITURGIE: 25_februarie_2018 Van laas week se epos tot vandag het ons ʼn nuwe president; ʼn baie suksesvolle SONA; en ʼn nog meer suksesvolle debat en repliek die laaste 48 uur gehad ... en dis nog nie eers einde Februarie nie! Ons het die laaste maand gesels oor — WARE IDENTITEIT -- en begin deur te […]

18/02/2018
Ware Identiteit III

18 Februarie 2018 LITURGIE: 18_februarie_2018 Ons gesels die maand oor — MY WARE IDENTITEIT -- en het laas Sondag dit onderstreep dat ons is nie ʼn ID nommer nie. Om geklassifiseer te word as man of vrou, klas en ras, is nie ons ware identiteit nie. Dit gaan oor wat onder ons vel lê en oor ʼn kollektiewe identiteit […]

11/02/2018
Ware Identiteit II

11 Februarie 2018 LITURGIE: 14_januarie_2018 Ons tema vir die maand is — MY WARE IDENTITEIT -- wat beteken ‘ware identiteit’? Is ek ʼn pa, eggenoot, vriend, onderwyser, passasier, of pasiënt? Al hierdie verwysings is relatief tot iets/iemand anders: ek is ʼn pa omdat ek ʼn kind het; ʼn eggenoot omdat ek ʼn vrou het; ʼn vriend tussen […]

04/02/2018
Ware Identiteit I

4 Februarie 2018 LITURGIE: 4_februarie_2018 ONCE IN A BLUE MOON — eenkeer per maand gaan die son en die maan op ʼn ‘date’ ... vader son en moeder maan gaan staan teenoor mekaar en baai die Aarde in hul lig. Die kinders van dié planeet raak bonkers as die son met die maan kotiljons. Des te meer as […]

28/01/2018
Nuwe Jaar: Hoop en Optimisme IV

28 Januarie 2018 LITURGIE: 28_januarie_2018 Dit is 2018 — !! Hier gaat ons ... sonder water maar optimisties, positief, blymoedig, geesdriftig, met goeie voornemens en opregte intensies. Ons vra hierdie maand onsself af: wat het betekenis; wat het waarde; hoe gaan ons dié jaar anders doen; wat is ons bydrae; waar maak ons ʼn verskil?  In die […]

21/01/2018
Nuwe Jaar: Hoop en Optimisme III

21 Januarie 2018 LITURGIE: 21_januarie_2018 Dit is 2018 — !! ʼn Nuwe jaar ... swanger aan die potensiaal om geboorte te gee aan ʼn nuwe lewe. ʼn Lewe wat anders dink, anders voel, anders reageer op elke dag se hoof- en laagwater gety. Geboorte aan ʼn spirituele transformasie waar ons spiritualiteit (ervaring en verhouding met God) […]

14/01/2018
Nuwe Jaar: Hoop en Optimisme II

14 Januarie 2018 LITURGIE: 14_januarie_2018 “For last year's words belong to last year's language And [this] year's words await another voice. And to make an end is to make a beginning." ― T.S. Eliot Dit is 2018 — !! ʼn Nuwe jaar ... ʼn geleentheid om ʼn nuwe verstaan van God te kweek. ʼn Kans om […]

07/01/2018
Nuwe Jaar: Hoop en Optimisme I

7 Januarie 2018 LITURGIE: 7_januarie_2018 Dit is 2018 — !! ʼn Nuwe jaar ... met ʼn geleentheid om soveel dinge anders te doen, anders op te tree, anders te reageer, en anders anders met onsself en ons ewemens om te gaan. Miskien is ek net te oud om te praat van ‘nuut’maar ek glo wel dat ons ʼn keuse het om elke aspek van ons […]

31/12/2017
31 Desember 2017

31 DESEMBER Iemand het êrens gesê, “There’s no such thing as ‘The End’. There’s either ‘Change’ or ‘New Beginnings’.” Die jaar is verby en ek weet dat tyd nie een sekonde vinniger of stadiger tik as ʼn 100, 1000, miljoen jaar gelede nie en tog voel dit of hierdie hele jaar om is tussen 2 en half 3 op ʼn […]

24/12/2017
24 Desember 2017

24 DESEMBER 2017 Elke Sondag 9am is daar vir 30 minute ʼn tyd vir stilte en gebed waar Marita van der Riet vir ons “Centering Prayer” lei. Na die tyd kan jy ʼn koppie koffie drink en dan 10am aansluit by ons Wysheidsirkel. Of miskien het jy later die oggend ʼn ander verpligting en wil net […]

17/12/2017
17 Desember 2017

​Ons gesels dié maand oor — THE ART OF CELEBRATION -- en eerskomende Sondag gaan ons gesels oor DANKBAARHEID! Ons het laas week begin en gevra of ons enigsins nog weet waaroor Kersfees gaan? Ons ken die storie, maar die invloed is lankal vergete. Wonder ek waar het CHRISTmas ʼn KERSfees geword? Vir ons in die Suidelike Halfrond is Kersfees altyd somervakansie, maar selde Christmas. […]

10/12/2017
10 Desember 2017

Ek weet nie van jou nie, maar ek is glad nie reg vir kitsch kersversierings en cliché kersliedere in inkopiesentrums nie ... ek wens geen dag of jaar om nie maar hierdie tyd van die jaar raak ek kriewelrig omrede ek die tyd wil kortwiek en nóg-ʼn-jaar-verby wil rem voor ons agtien instorm. Aan die anderkant is […]

03/12/2017
3 Desember 2017

Laas Sondag het ons Tienie en Natasha se klein Emma gedoop. Met die Kapel oorlopensvol met besoekers en gaste het ek besef dat die onderwerp oor Deo Volente (God Willing) en om te praat oor ‘Vrye Wil’ gaan ʼn hele aanloop moet hê om almal in die Sirkel op dieselfde bladsy te kry en ʼn uur is hopeloos te […]

26/11/2017
26 November 2017

​In ons laaste gesprek oor die maand se tema — THE SPIRITUALITY OF IMPERFECTION — gaan ons eerskomende Sondag afsluit en gesels oor ‘VRYE WIL’ ... is ons regtig vry om te maak wat ons wil? Die Teologie het homself nog altyd in ʼn hoek geverf as dit aan die eenkant sê dat God het in sy almag alles vooraf […]

19/11/2017
19 November 2017

The reason God loves sinners more than saints, is because sinners are never boring! — sê die graffiti teen ʼn muur terwyl ek met ʼn roltrap afsak, jare gelede, in Londen se ondergrond. Sedert ek die boek van Ernest Kurtz, ‘The Spirituality of Imperfection’ begin lees het, wonder ek oor die twee pole van perfeksie en imperfeksie want […]

12/11/2017
12 November 2017

My buurman het 18 jaar gelede ʼn suurlemoenboom geplant op die grens tussen my en hom. Vandag staan daardie boom die enigste venster met ʼn uitsig oor Leeukop toe ... en die stomme Rooinek verseg om dit te snoei. Ek sit vroegoggend op die bank voor die einste venster en kyk deur die skuifdeur na […]

05/11/2017
5 November 2017

​In die boek, ‘The Spirituality of Imperfection: Storytelling and the Search for Meaning’ verduidelik Ernest Kurtz die volgende: Tussen God en ons is ʼn koord. Elke keer wat ek die koord breek deur een of ander aksie of reaksie maak God ʼn knoop in die koord en soos ons weet, maak ʼn strikkie in ʼn tou die […]

01/10/2017
Oktober 2017 - Nuusbrief

Laai af: Nuusbrief Oktober 2017

24/09/2017
24 September 2017

Soms blaai ek terug in my dagboek en voel geen konneksie met al die kleure ink wat bladsy vir bladsy verskeie gevoelens, gedagtes, gebeure beskryf nie ... asof dit nie ek was wat dit geskryf het nie. Dieselfde word ervaar as ek terugblaai deur al die Woensdae eposse — dis asof my geheue nie onthou […]

17/09/2017
17 September 2017

🌺 Ons wil weer ʼn Nuusblad uitgee in die Lente. Stuur asseblief — ʼn gedagte, ʼn ervaring, ʼn boodskap, iets mooi wat jy gelees het of wat ook al aan Marguerite vóór 15 September by marguerite.moody@gmail.com 😉 Ons gesprekke gaan voort oor die vrae wat daar is by julle is. Eerskomende Sondag gaan ons ʼn paar vrae beantwoord wat ontvang is […]

10/09/2017
10 September 2017

🌺 Ons wil weer ʼn Nuusblad uitgee in die Lente. Stuur asseblief — ʼn gedagte, ʼn ervaring, ʼn boodskap, iets mooi wat jy gelees het of wat ook al aan Marguerite vóór 15 September by marguerite.moody@gmail.com 😉 Ek moet sê, ek is oorweldig deur die reaksie van mense op my uitnodiging om jou ‘vrae’ na my te stuur. Dankie vir elkeen […]

03/09/2017
3 September 2017

🌺 Soos gebruiklik op elke eerste Sondag van September bring ons blomme en ons het ook toestemming gekry om ʼn boom te plant langs die Kapel en gaan dit na die diens doen. Hoop om almal daar te sien! 😉 ʼn Nuwe maand. ʼn Nuwe seisoen. Vier maande voor die einde van die jaar ... waar is die tyd heen, en sal dit […]

27/08/2017
27 Augustus 2017

🌺 26 Augustus 2017 — mag ek mooi vra dat julle asseblief Saterdagaand saam sal kom kuier vir ʼn lekker ete en wynveiling. Bespreek by Lydia le Roux — Lydia@africagrowth.com of 084.751.54.01 — bring vriende en familie en kom kuier saam! 😉 Baie keer sal mense my vra, “Wat bedoel jy Neo-Spektrum is ʼn ‘Spiritual Community’?” Die woord ‘kerk’ word dikwels geassosieer met ʼn instansie wat […]

20/08/2017
20 Augustus 2017

🌺 26 Augustus 2017 — heerlike ete met groot verskeidenheid wyn vir ons wynveiling en gesellige agtergrondmusiek. Bespreek asseblief by Lydia le Roux — Lydia@africagrowth.com of 084.751.54.01 — bring vriende en familie en kom kuier saam! 😉 🌷 Daar het ʼn hele paar mense gevra vir my lesing wat gegee is met ons Spiritualiteit Konferensie. Ek heg dit aan vir almal as jy daarin belangstel. […]

13/08/2017
13 Augustus 2017

Jean Vanier is ʼn Kanadese Katolieke Teoloog en Filosoof. Op die ouderdom van 88 het hy reeds ʼn skatkis van boeke geskryf. In een van sy boeke, ‘Community and Growth’ sê hy, “One of the marvellous things about community is that it enables us to welcome and help people in a way we couldn't as individuals. […]

06/08/2017
6 Augustus 2017

🌷 Net ʼn paar dae voor ons ‘Interfaith’ Spiritualiteit Konferensie op 5 Augustus! Bespreek asb by --lourita@mweb.co.za of 071.579.45.39 --🌹 Ek sit en luister na ʼn onderhoud met die bekende akteur, Ramón Estévez — met meer as 100 films en handevol TV-reekse agter sy naam — gesels hy oor sy spiritualiteit en veral oor sy ‘sense of community’ wat my op ʼn innige manier raak […]

30/07/2017
30 Julie 2017

🌷 Groot asseblief — bespreek vir ons ‘Interfaith’ Spiritualiteit Konferensie op 5 Augustus by --lourita@mweb.co.za of by 071.579.45.39 — bring asseblief vriende en familie saam! 🌹 Ons het die maand gesels oor — VERSNELLERS VAN BEWUSSYN -- en begin met intuïsie, wat vloei na intensie, wat vloei na inspirasie, wat vloei na integrasie ... en eerskomende Sondag sluit ons af met INTROSPEKSIE < waarna dit weer […]

23/07/2017
23 Julie 2017

“The Bushmen in the Kalahari Desert talk about the two ‘hungers’. There is the Great Hunger and there is the Little Hunger. The Little Hunger wants food for the belly; but the Great Hunger, the greatest hunger of all, is the hunger for meaning ... There is ultimately only one thing that makes human beings […]

16/07/2017
16 Julie 2017

🌺 Omrede komende naweek my verjaarsdag is, nooi ek almal om Sondag na die diens saam te ‘koek en tee’ om dankie te sê op ʼn gepaste manier. Sal lekker wees om jul daar te sien! Ons tema die maand gaan oor — VERSNELLERS VAN BEWUSSYN -- en het afgeskop met ʼn gesprek oor INTUÏSIE(die stem van die siel), […]

09/07/2017
9 Julie 2017

Ons tema vir die maand is — VERSNELLERS VAN DIE BEWUSSYN -- en laas Sondag het ons gesels oor INTUÏSIEen eerskomende Sondag praat ons oor INTENSIE. Teen die agtergrond van Juniemaand se gesprek oor ‘PURPOSE’ is dit duidelik dat intensie een van die leivore is na ons purpose, calling, meaningfulness! In die Spirituele Psigoterapie is die vraag oor INTENSIES een van die belangrikste vrae want […]

02/07/2017
2 Julie 2017

ʼn Week gelede het Antjie Krog die Hertzogprys vir haar bundel ‘Mede-Wete’ ontvang. In haar toespraak tydens die ontvangs daarvan sê sy, “My grootste dankie gaan egter aan die poësieliefhebbers in Afrikaans, of hulle self ook skryf, pryse toeken of onderrig gee, of net ʼn gedig lees en vir ʼn oomblik hulle oë toemaak asof hulle iets […]

25/06/2017
25 Junie 2017

Hierdie week se liturgie: 25_Junie_2017 Ons sluit eerskomende Sondag af met ons tema — A SENSE OF PURPOSE — en gaan die maand se gesprekke saamvat oor die verskil tussen ‘goal’ en ‘purpose’ om ʼn skuif te maak van kop na hart, van ego na siel, van vorm na inhoud, van beroep na roeping. Daar is ʼn wonderlike artikel van Zdravko Cvijetic oor “13 […]

18/06/2017
18 Junie 2017

Hierdie week se liturgie: 18_Junie_2017 Ons gesels hierdie maand oor die tema — A SENSE OF PURPOSE -- en het reeds verskeie antwoorde verken rondom die daaropvolgende vrae: What is your sense of calling and your sense of meaningfulness? Dit vra nie hoe oud jy is nie, wat jy al bereik het in jou lewe, wat jou ambisie of verhale van sukses is nie, […]

11/06/2017
11 Junie 2017

Hierdie week se liturgie: 11_Junie_2017 “What are you gonna be when you grow up?” asked Jenny. “Am I not going to be me?” replied Forrest Gump. Daar is seker nie een van ons wat nog nie die film Forrest Gump gesien het nie. Die ‘veer’ aan die begin en einde van die film wat ons herinner aan ʼn lewe wat […]

04/06/2017
4 Junie 2017

Hierdie week se liturgie: 4_junie_2017 Drie mans staan met bakstene en sement besig om te bou. ʼn Vreemdeling kom verby en vra vir die eerste een, “Wat doen jy?” Hy antwoord, “Ek is ʼn bouer, kan jy nie sien nie?” Die tweede een sê, “Ek verdien my brood en botter.”Waarop die derde een antwoord, “Ek bou ʼn kerk.” Wie van die drie […]

28/05/2017
28 Mei 2017

Hierdie week se liturgie: 28_mei_2017 Werkswinkel: Geskiedenis van die Bybel volgende Saterdag è 9am-1pm ... die Nuwe Testament — van Jesus tot Konstantyn 325AC. Bevestig asseblief by my ter wille van getalle en hoeveelheid afrol-werk. Om een of ander rede is ek diep geraak deur Chris Cornell se dood die laaste week. Hy was die lead-singer van die groep “Soundgarden” wat […]

21/05/2017
21 Mei 2017

Hierdie week se liturgie: 21_mei_2017 Werkswinkel: Geskiedenis van die Bybel die volgende twee Saterdae è 9am-1pm ... eerskomende Saterdag doen ons die Ou Testament: van Abraham tot Jesus. Bevestig asseblief by my ter wille van getalle en hoeveelheid afrol-werk. Emosies is ʼn snaakse ding ... veral waar geloof en emosies meng. Ons het reeds gesels oor die feit dat […]

07/05/2017
7 Mei 2017

Hierdie week se liturgie: 7_mei_2017 ʼn Nuwe maand — met ʼn innige verlange na ʼn nuwe seisoen. Nie net vir die Herfs én vir reën nie, maar ook aan die binnekant ... a reset, a gear-change, a reboot, a change of mind, a remind to remember to react differently. Asof dié klein foton op dié blou ghoen waarop ons woon, êrens tussen die dae […]

30/04/2017
30 April 2017

Paasfees 2017 — die laaste vier weke het ons stilgestaan by die gebeure voor, tydens, en na Jesus se kruisiging. Ons het aan die hand van Johannes Evangelie die simbole en metaforiese taal ontsyfer en die mistieke betekenis ontsluit sodat die inhoud en betekenis van hierdie verhaal vandag steeds relevant is vir ons spiritualiteit. Ons sluit […]

23/04/2017
23 April 2017

Hierdie week se liturgie: 23_april_2017 Paasfees 2017 het gekom en gegaan, maar die betekenis is nog lank nie verby nie. Trouens, dis my beskeie oortuiging dat die invloed tot aan die einde van ons planeet se bestaan gevier en onthou sal word. Daar is by my geen twyfel dat die skrywer van Johannes Evangelie die hele […]

16/04/2017
16 April 2017

Hierdie week se liturgie: 16_april_2017 Paasnaweek 2017 ... is geen rede of verskoning om as net nóg ʼn langnaweek ongesiens verby te gaan nie. Dit verdien meer. Dit maak aanspraak op ons toewyding en oortuiging. Dit vra ʼn oomblik se stilte, ʼn asemteug in verwondering oor die membraan tussen lewe en dood. Dit staan stil by […]

09/04/2017
9 April 2017

Hierdie week se liturgie: 9_april_2017 “The dual substance of Christ-the yearning, so human, so superhuman, of man to attain to God, or more exactly, to return to God and identify himself with him, has always been a deep inscrutable mystery to me.  This nostalgia for God, at once so mysterious and so real, has opened […]

02/04/2017
2 April 2017

Liturgie: 2_april_2017 Met die oog op Paasfees gaan ons die vyf Sondae in April stilstaan by die inhoud en betekenis van die Paasgebeure onder die tema -- MEANINGFULNESS — en aan die hand van John Shelby Spong se boek The Fourth Gospel: Tales of a Jewish Mystic, oor die volgende onderwerpe te gesels: Gebed van Getsemane: Van verwydering na versoening […]

26/03/2017
26 Maart 2017

Liturgie: 26_maart_2017 Weet nie van jou nie maar ek is op van die hitte en bid vir winter en dat dit 11 weke en 5 dae lank sal reën. Nie net ons damme en leivore smag daarna nie, maar selfs die Berg en elke wingerd, elke dassie en tortelduif roep daarna. Dié tyd van ons […]

19/03/2017
19 Maart 2017

Liturgie: 19_maart_2017 Ons is in die Lydenstyd van die Kerklike jaar. Elke jaar, vir 46 dae, staan die Christenkerk stil by die herdenking van Jesus se lyding, sterwe, en ‘opstanding’ as ʼn tyd van introspeksie, oordenking, en toewyding. Ons probeer vir onsself die inhoud en betekenis van hierdie gebeure, 2000 jaar gelede, te verwoord om […]

12/03/2017
12 Maart 2017

Ons gesels hierdie maand oor die vraag — WAAROM NOEM ONS ONSSELF CHRISTENE? Eerskomende Sondag gaan Dr Rudi Labuschagne die gesprek lei rondom die begrip Christ-Consciousness en waarom dit nodig is om in vandag se tyd buite die beperkte definisie van ‘Christenskap’ te dink en te leef. As Paulus, en ander Bybelskrywers, verwys na “soos Christus” dan gaan dit veeleerder oor […]

05/03/2017
5 Maart 2017

Liturgie: 5_maart_2017 Ons het laas maand gesels oor LUISTER en ek het gewonder, sal ons Maart gebruik om ʼn gesprek te hê oor WAAROM NOEM ONS ONSSELF CHRISTENE? Ons het grootgeword met die vermaning dat om net te sê jy is ʼn Christen, beteken niks nie. Jy moet ʼn persoonlike getuienis hê dat jy Jesus “aangeneem het as jou persoonlike […]

26/02/2017
26 Februarie 2017

Skrywers is towenaars! Hulle hengel gedagtes met letters en woorde en drup dit met ink op papier. Met die lees daarvan vind iets plaas tussen kop en hart en in uitsonderlike gevalle tussen hart en siel. Fiksie is selde my gunsteling leesstof behalwe as ek daarmee vereenselwig — soos Paulo Coelho se ‘By the river Piedra […]

19/02/2017
19 Februarie 2017

Liturgie: 19_februarie_2017 Evelyn Glennie is gebore in 1965 in Skotland. Haar pa was ʼn trekklavierspeler in ʼn groep op die dorp wat gereeld bymekaar gekom het om tradisionele musiek te speel. Hy het haar as ʼn klein dogtertjie geleer om mondfluitjie en klarinet te speel. Haar liefde en belangstelling in musiek sou haar vat na […]

1 6 7 8 9 10 14

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2026
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights