Hierdie week se liturgie: 27_mei_2012
Dit is haas onmoontlik om te glo dit is alweer Woensdag. Die laaste ruk voel dit of elke week net Woensdae het want voor ek myself kon kry, is dit tyd om weer ʼn epos te stuur oor eerskomende Sondag se tema. Al die dae tussenin verdamp in dit wat ons móét doen – nie noodwendig wil of kan nie. Elke dag is ʼn paradoks tussen hierdie twee pole, wat ek wil en wat ek móét. Jy sou kon sê, maar hoe weet jy wat jy wil as jy nie weet wat jy moet nie? Dit is ʼn billike vraag maar as ʼn mens al hierdie moets en moenies verdiskonteer in die gedagtes tussen die sekondes van elke dag vind ʼn mens dat ook in elke gedagte lê die loopgraaf van dualisme in al ons emosies. Wat goed is, is reg en wat sleg is, is verkeerd — nie net van myself nie maar oor vir ander. Dit geld nie net vir die wêreld tussen ons ore nie (intellektueel) maar byname ook vir die wêreld agter ons oë (emosioneel). Onthou: ALLE emosies is reaksies op ʼn iets wat gebeur (experience).
Om te praat oor die non-dualiteit van spiritualiteit is NIE om te sê: alles kan en alles mag; alles is relatief; daar is twee kante van ʼn storie; elke perspektief moet geakkommodeer word; ʼn weiering om ʼn morele besluit te neem; een of ander esoteriese Oosterse filosofie of ʼn postmoderne nihilisme nie. Natuurlik het ons ʼn soort van dualisme nodig in ons koppe om ons veilig en verstandig (sanity) te hou maar as ons vra vir antwoorde op ons emosionele en spirituele honger en dors gaan ons baie dieper moet soek. As ons regtig wil weet wat liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing is, sal ons moet gaan na daardie plek aan die binnekant waar ons ons opinies, persepsies en projeksies eenkant sit sodat ons bewus kan word van wie ons (werklik) is. Wat is die taal van die siel? Hoe klink die stem van die hart?
‘BE AWARE’ (wees bewus) is twee woorde wat ons baie hoor maar wat beteken dit? En daaroor gaan ons Sondag gesels --
Myself word bewus van my Self --
AAAAA recovery program: alert, alive, awake, attentive and aware
ʼn Plek waar ons ons dramas laat los sonder om dit/dat te oordeel
ʼn Spasie van selfwaarde wat liefdevol myself en my Self raaksien
ʼn Ruimte waar die emosionele geraas stil word en ophou ruk/pluk
10h00Sondag in die kapel van die Kolping Sentrum — Besoek ons FACEBOOK: http://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.
Kom dink Sondag saam met ons oor dit waaroor ons dink want as ons ‘anders’ dink, gaan ons wêreld (emosioneel en spiritueel) ‘anders’ wees!!
Ons volgende ACIM (A Course in Miracles) byeenkoms is 24 Mei om 19h00 by die Kolping Sentrum. Ons gaan Q&A oor alles wat ons tot nou toe geleer het.
Gedagte vir die Week:
We divide in thought what is undivided in nature. (Alan Watts: The two hands of God)