Hierdie week se liturgie: 28_oktober_2012
Ons gesels hierdie maand oor ‘die verhoudinge waarin ons staan’ en byname dan ons verhouding met onsself (hart, lyf, kop, siel), ons ewemens (kinders, ouers, vriende, werknemer/gewers en vreemdelinge) en met God (spiritualiteit, liefhê, vergiffenis, versoening, Lewe). Elke faset van ons lewe is ʼn verhouding, selfs met die struktuur, natuur en ons kultuur.
Daar is egter één verhouding waarna baie verwys word maar nooit regtig op die naam genoem word nie en dit is die verhouding wat ons beskryf as ʼn “SPESIALE VERHOUDING” en dan verwys ons na die verhouding tussen man en vrou, of tussen man en man, vrou en vrou – afhangende van jou seksuele oriëntasie – hetsy dit binne of buite ʼn huwelik is. Eintlik is daar nie iets soos ʼn “spesiale verhouding” nie want alle verhoudings is spesiaal maar ons verstaan wat ons bedoel.
Chuck Spezzano het ʼn wonderlike boek geskryf “If it hurts, it isn’t love” wat in my opinie die beste boek met beginsels is van hoe verhoudings vandag (behoort) te funksioneer wat gebaseer is op vennootskappe en nie die magspel van ʼn patriargale of matriargale verhouding/huwelik nie. Selfs al verwys ons na hierdie verhouding as ‘spesiaal’ is dit die een aspek van ons lewe wat die hardste met die hart stoei – of jy al ʼn leeftyd getroud of geskei is; alleen opsoek is na ʼn sinvolle verhouding of van een verhouding na die ander swerf; of jy gelukkig is in jou verhouding/huwelik en of jy bloot saambly ter wille van finansiële en emosionele sekuriteit, bly die beginsels dieselfde. Maar wat is daardie beginsels van ʼn gelukkige verhouding tussen twee mense? Verseker het ons ʼn lang wens-lys van behoeftes en begeertes; verwagtinge en verpligtinge waaraan die verhouding moet voldoen maar is dit nie juis hierdie behoeftes en begeertes; verwagtinge en verpligtinge wat spanning, konflik, verwyt en op die einde ʼn skeiding/skeur/separation bring nie?
· In vandag se tyd wil ons mos eers sien of iemand aan ons verwagtinge voldoen voor ons sal besluit of ons hom/haar sal liefhê
· Ons gaan mos nie meer op ʼn ‘date’ nie, ons gaan vir ʼn oudisie. As al die blokkies getick kan word, sal ons dit oorweeg.
· Iemand moet eers geken/verstaan word voor ons besluit of hulle ons liefde werd is – terwyl die feit is: eers as jy iemand liefhet, sal jy daardie
persoon ken en verstaan
Kom ons gesels die volgende twee Sondae spesifiek oor hierdie verhouding en verken die beginsels maar ook die waarde daarvan. Kom ons praat oor wat maak dat dit ‘werk’ en hoe kan ons dit wat ‘stukkend’ is weer heel. Kom ons het ʼn sinvolle, positiewe gesprek vir elkeen wat die dans van die huwelik/verhouding leer dans het met vreugde en blydskap maar ook vir elke gebroke verhouding want ʼn verhouding hou nie op bestaan net omdat twee mense besluit het om te laat los en mekaar te laat gaan nie.
ELKE VERHOUDING IS ‘N GELEENTHEID OM TE ONTDEK EN TE GROEI
i. Gesonde verhoudings: liefde, aanvaarding, respek, lojaliteit en blessing
ii. Gebroke verhoudings: woede, konflik, blame-shifting, skuldgevoel en vrees
iii. Helende verhoudings: luister en hoor; voel en ervaar; commitment en vryheid
Ons gaan oor die volgende twee Sondae praat oor 10 beginsels van ʼn ‘gesonde’ verhouding en hoe om ons verwagtinge/behoeftes te verander na die vreugde en oorloop van liefhê.
Maak ʼn strikkie vir Sondag tussen 10 en 11 uur en kom deel jou insig op die uitsig van liefdesverhoudinge!
ACIM: Donderdag 25 Oktober. Jy is steeds meer as welkom om in te skakel want ons lees en bespreek spesifieke gedeeltes uit die boek.
Besoek ons FACEBOOK: http://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.
Gedagte vir die Week:
Behind every problem is a broken relationship and behind every miracle there is a healed one! (ACIM)