4 November 2012

Hierdie week se liturgie: 4_november_2012

Reeds vir ʼn maand gesels ons oor ʼn verhouding met onsself (hart, lyf, kop, siel), ons ewemens (kinders, ouers, vriende, werknemer/gewers en vreemdelinge) en met God (spiritualiteit, liefhê, vergiffenis, versoening, lewe).
Laas Sondag het ons gepraat oor die (spesiale) verhouding tussen jou en die een met wie jy ʼn emosionele, intellektuele, finansiële, seksuele en spirituele band/pand deel. Baie mense sê dat hul in ʼn verhouding/huwelik is om geluk te vind. Om te dink dat jy dit sal ‘VIND’ beteken tog dat jy dink dat jy dit nie het nie ... In my beskeie opinie sou ons eers moet onthou dat liefde, aanvaarding, respek, lojaliteit en blessing begin om dit in/vir jouself te hê voor jy dit kan gee, skep en ervaar. Ons kan tog net gee wat ons het. Wanneer daardie spesiale persoon in jou lewe kom, herinner s/hy jou dat jy dit hét. ʼn Verhouding/huwelik is nie daar om jou te ‘fix’ nie want as dit so is, verwar ons liefde met needs & expectations en laasgenoemde is die grootste rede waarom verhoudings uitloop op konflik, blame-shifting, skuldgevoel en vrees. Ons sê spottergewys dat ons soek na ‘Mr/Mrs Right’ en ek het ook al ʼn ‘Miss Right’ ontmoet, ek het net nie geweet haar voornaam is ‘Always’ nie J

Elke verhouding is ʼn geleentheid om te ontdek en te groei. Elke verhouding skep (create) vreugde en liefde; toewyding (commitment) en vryheid. Natuurlik het ons almal ‘behoeftes en begeertes en verwagting’ maar ons kan dit nét van onsself vir onsself in ons verhouding met ons man of vrou hê. Die oomblik wat ons begin om dit op mekaar te projekteer, kom daar spanning want niemand kan dit volhou om iets/iemand te wees wat die ander persoon wil hê ons moet wees nie. Alle verhoudinge (maar in besonder die verhouding met jou beminde) is daar om te ontdek en te groei, te skep en te ervaar wie jy IS. As jy besef dat die doel van ʼn verhouding is om te skep, sal elkeen van ons verantwoordelikheid aanvaar om te weet: wat ons na ʼn verhouding bring, sal ons ervaar.
‘A Course in Miracles’ (ACIM) gee ʼn profound waarheid: wat jy ook al dink skort in jou verhouding is wat jý nie bereid is om te gee nie. Weereens — wanneer ons snap dat wat ons ‘wil hê’ word nie GEVIND nie maar GESKEP, sal ons wat ons ‘wil hê’ ervaar!

Die oomblik wanneer ons dít hoor, het ons ʼn duisend redes en verskoning wat begin met: “dis makliker gesê as gedoen ...” en “ja, maar ...” of “wat as ...” – soos Marianne Williamson sê: “the reason why children are happy is because they don’t have a file in the heads called: ‘all the things that could go wrong’” Die doel van 'n verhouding is om te besluit wat se gedeelte van jouself wil jy na vore sien kom, en nie wat se gedeelte van die ander kan jy vasvang en vashou nie! Verhoudings in die algemeen en die verhouding met jou man of vrou in besonder is om ʼn dieper aspek van jouself te ontdek en te ervaar. Jou grootste droom, jou hoogste ideale, en jou diepste hoop het nie te doen met jou Geliefde Ander nie maar met jou Geliefde SELF! As jy jouself liefhet, as jy jouself aanvaar, vir jouself respek het, en jouself vertrou sal jy daarvan oorloop na die persoon die naaste aan jou omdat jy dit hét! Wat ʼn vreugde en vryheid! Kom ons sit die gesprek voort eerskomende Sondag --

IF IT ISN’T LOVE THEN IT IS A CRY FOR LOVE
     i.     Jakkalsies in die wingerd: die splinter wat dink hy is ʼn boom; die klein goedjies wat deur ons tuin ploeg
     ii.   Bytjies en blommetjies: seksualiteit (celebration of love) en intimiteit (communication without needs & expectations)
     iii.  Volstruise of arende: van kop in die sand (ontkenning) na die wieke van die wind (erkenning) 

As ons bereid is om ons victim/villain mentaliteit te verander sal ons in ʼn vennootskap gaan wat sê: ‘help me feel the-best-I-am when I’m with you!’
ʼn Twee-en-half ure movie laat jou droom oor wat jy wil hê — ʼn uur Sondag sal jou herinner wat jy reeds het om ʼn verskil te maak aan elke verhouding in jou lewe.

ACIM: Donderdag 1 November. Jy is steeds meer as welkom om in te skakel want ons lees en bespreek spesifieke gedeeltes uit die boek. 

Besoek ons  FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.

Gedagte vir die Week:
We are so both and oneful, night cannot be so sky, sky cannot be so sunful, I am through you so I.” (E.E. Cummings)

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights