10 November 2013

Hierdie week se liturgie: 10_november_2013

Al ooit opgemerk dat Rolls Roys het geen advertensies nie? Die rede is, hul weet dat die ‘kwaliteit’ van hul produk bring kliënte. Hulle hoef nie te adverteer nie. As ʼn mens weet wat jou waarde is, hoef jy nie mense te smeek om van jou te hou en jou te aanvaar nie. Lewe, gaan nie oor die verpakking of die papier of ʼn strikkie om dit nie maar oor die geskenk self. Ja, lewe is ʼn geskenk! Die beste geskenke wat mens ontvang, kan nie toegedraai word nie. Dit is ook die rede waarom ek min (indien ooit) geskenke toedraai.
As ‘om te gee’ jou geskenk is, en dit is verseker, dan is dit iemand anders se geskenk om te leer wat dit is om te ontvang, with a gracious heart. Dit het my jare der jare gevat om te leer om te ontvang. Om te kan ontvang is ook ʼn geskenk en soms is dit al wat mense het om te gee ... die vermoë om te ontvang. Miskien is dit wat die woord omgee beteken ... om (van jouself) te gee! In die ganse heelal is Lewe van so aard dat dit gee en nog meer gee net om weer te gee. Dis net ons as mens wat opgee omdat elke hindernis gesien word as dryfsand en elke teleurstelling maak dat ons ingee. Een van my gunsteling skrywers is Haruki Murakami wat êrens gesê het — “And once the storm is over, you won’t remember how you made it through, how you managed to survive. You won’t even be sure, whether the storm is really over. But one thing is certain. When you come out of the storm, you won’t be the same person who walked in. That’s what this storm’s all about.”
Ons gesels hierdie maand oor die tema: THE GIFT OF LIFE ― in herinnering aan die woorde van Jesus uit Johannes 10:10 “Ek het gekom sodat julle lewe kan hê, en dit in oorvloed!” Ons sal dit besef as ons begin deur vir onsself lief te wees en onsself met aanvaarding, respek, waardigheid en seën behandel – maar – ʼn lewe in oorvloed kom eintlik eers in vervulling deur die liefde wat ons gee en wat ons van ander ontvang. Te veel jaag ons agter mense aan om vir ons lief te wees terwyl mense wat regtig vir ons omgee en vir ons lief is eenkant geskuif word en moet staan en toekyk hoe ons op die straathoeke bedel vir liefde (lewe). Om te lewe is om lief te hê; om lief te hê is om te groei; om te groei is om te verander; om te verander is om te weet jy lewe. Dit is hierdie waarheid wat ʼn mens vrymaak.
Ons het laas Sondag stilgestaan by sewe lewensbeginsels en baie mense in die kring het hul eie lewenswysheid gedeel. Dit was wonderlik en bevrydend om van mekaar te leer en te onthou dat ons nie alleen is in ons soeke na sinvolheid en betekenis nie. ʼn Mens moet kan sê waarin h/sy glo en waarom dit relevant is in ʼn mens se lewe. Kom ons doen dit eerskomende Sondag weer en dan gesels ons oor die volgende sewe lewenslesse:
     (i) Happiness is not for sale in a store. It is a choice. It is something happening through you
     (ii) Success is a matter of opinion. Gratitude is your mission and not your job.
     (iii) Growth & contribution is the meaning of life. It is not WHAT you give but HOW you share it.
     (iv) Jealousy and envy are wasted emotions – let go of your control.
     (v) Awareness is the most precious gift of freedom. ‘Hype’ robs you of your freedom.
     (vi) We are often scared for no reason – listen to your faith and not your fears.
     (vii) Fall in love with LOVE. Whatever sadness or regret, never give up on love. Never!
Maak vandag ʼn lys van alles waarin jy glo en beskou as THE GIFT OF LIFE en dan bring jy dit Sondag saam ... hier is ʼn paar uit my spens:
Ek glo in engele en in vere ღ Ek glo in kruise en teddiebere ღ Ek glo in hardop lag en in trane ღ Ek glo in weerlig en volmane ღ Ek glo in vergiffenis en in soene ღ Ek glo in wonderwerke en seisoene ღ Ek glo in wolke en in drome ღ Ek glo in golwe en in skulpe ღ Ek glo in pantoffels en pajamas ღ Ek glo in penne en dagboeke ღ Ek glo in dagbreek en sonsondergange ღ Ek glo in kondensmelk en in mieliepap ღ Ek glo in uitsig (wysheid) en in insig (waarheid) ღ Ek glo in sprokies en in Pooh & Baloo ღ Ek glo in asseblief en in dankie ღ Ek glo in handvashou en in lepellê ღ Ek glo in possibilities en potensiaal ღ Ek glo in woorde en in my taal ღ Ek glo in kerse en in verse ღ Ek glo in ritmes en in refreine ღ Ek glo in vriende en familie ღ Ek glo in God (Liefde) ...
*´¨)
¸.•´¸.•*´¨) ¸.•*¨)
(¸.•´ (¸.•`*  ღ ... en 'n God wat in my glo.
HOOP OM ALMAL SONDAG 10h00 TE SIEN!
 ACIM leeswerk -- Geen ACIM hierdie week ;-)) — volgende week weer!
Besoek ons  FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.

Gedagte vir die Week:
“What you are is God's gift to you, what you become is your gift to God.” ― Hans Urs von Balthasar

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights