9 Maart 2014

Hierdie week se liturgie: 9_maart_2014

Ons gesels hierdie maand oor HAPPINESS (die gevoel van gelukkig, vreugde, blydskap) want dit is iets wat elke mens, ongeag ons kultuur, geloof, agtergrond, of milieu ingemeen het — we want to be happy! Niemand sal dit ontken dat die gevoel van happy het alles te doen met die manier waarop liefde in ons lewe manifesteer of ervaar word en dat die sleutel wat dit ontsluit, lê in ‘dankbaarheid’ (gratitude). Ons het laas week dié gedeelte van Marianne Williamson gekwoteer: “Happiness is the choice I make today. It does not rest on my circumstances, but on my frame of mind. I surrender to God any emotional habits that lead me down the path of unhappiness, and pray for guidance in shifting my thoughts. In cultivating the habits of happiness, I attract the people and situations that match its frequency. I smile more often, give praise more often, give thanks more often, and am glad more often. For such is my choice today.”
‘A Course in Miracles’ (ACIM) begin met dié sin: Miracles occur naturally as expressions of love. The real miracle is the love that inspires them. In this sense everything that comes from love is a miracle. Hoe gereeld sien/ervaar ons die miracles om ons? Hoe gereeld (h)erken ons die liefde om ons en wat gedeel word en wat ons toelaat om deur ons te vloei? Do I embrace the goodness that’s in my life? Hoeveel van ons staan nog stil en dink vir ʼn oomblik daaroor dat elke dag is spesiaal/kosbaar; elke hartklop dra die ritme van God; en elke geleentheid wat oor my pad kom, is ʼn fondasie om ʼn altaar van miracles (happiness) te bou? Dit vra ʼn bewuswording (awareness) dat elke oomblik van die dag het die potensiaal om happiness te ervaar, en dít is ʼn keuse wat ons maak. Die Upanishads sê so mooi --
         Lead me from dreaming to waking.
         Lead me from opacity to clarity.
         Lead me from the complicated to the simple.
         Lead me from the obscure to the obvious.
         Lead me from intention to attention.
         Lead me from what I'm told I am to what I see I am.
         Lead me from confrontation to wide openness.
         Lead me to the place I never left, where there is peace, and peace
Wat is die verband tussen self-aanvaarding en happiness of gaan dit eerder oor aanvaarding ... ons aanvaar nie die moontlikhede en potensiaal in ons lewe nie want ons is so besig om te kyk na alles wat ons nie het nie dat ons mis wat ons het. Ons is so obsessief oor wat ons wil hê dat ons mis wie ons IS — en dan wonder ons hoekom is ons so ongelukkig. If you are not the creator of your reality, someone else will.
Ons happiness hang nie af van ander mense nie! Dit hang nie eers af van omstandighede nie al sou dit ʼn invloed hê op ons emosies (reaksies). Ons happiness het te doen met daai veilige plek aan die binnekant waar ons alle negatiwiteit verruil vir gedagtes van dankbaarheid en vrede. ACIM sê so mooi, “see the world through the eyes of the Source” en op ʼn ander sê dit, “to heal is to make happy, the light that belongs to you is the light of joy”
Dit is nou maar eenmaal so dat ons net regtig happiness ervaar waar ons dit deel. Soos liefde, vreugde, vrede en al die ander positiewe gevoelens waarna ons verlang. Die gelukkigste tye van my lewe was waar ek betrokke was om iets vir iemand anders te doen, veel meer as die goed wat ek vir myself doen. Miskien is hierdie idee van ‘self’ ons grootste hindernis ... ons praat van self-respek en self-aanvaarding; self-waarde en self-liefde. Hoekom drop ons nie die idee van ‘self’ nie en begin net met respek, aanvaarding, waarde, en liefde? Om net te fokus op my eie behoeftes en begeertes teel onvergenoegdheid en ontevredenheid en vrees. Baie mense probeer en misluk om happiness in hulself te vind ... is dit nie groot en deels omrede ons nie weet wie is ons ‘ware’ Self nie? Jy kan nie jou Self vind deur na jouself te staar nie Ons kan nie gelukkig wees alvorens ons nie wens dat ALMAL gelukkig is nie!
Kom ons herinner mekaar eerskomende Sondag: wat ook al vandag gebeur, ek weet dit is deel van my reis. As ek happy is, sal ek dit nie vanselfsprekend aanvaar nie. As ek hartseer is, sal ek onthou dat ook dít sal verander. As daar konflik is, sal ek bid vir vrede. As daar vrees is, sal ek liefde toelaat om deur my te vloei. Ek glo met my hele hart dat niks is toeval nie en dat alles (makro- en mikrokosmos) is deel van ʼn Goddelike Curriculum en ek het geen wens om myself daarvan te distansieer nie. Ek maak my hart oop vir die volheid van daardie ervaring en fokus my intensies om die blessings te ontvang in wat se vorm of manier dit ook al na my wil kom. Elke oomblik is ʼn geskenk ... kom ons onthou om dit aan te gee vir iemand anders.
Filippense 4:4,7 “Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus”

Die Kolping ACIM groep Donderdag 6 Maart 7pm — ons lees verder Chapter 1, Section 1 “The Meaning of Miracles” en Maandagaand 17 Maart 19h30 in die STAD

Besoek ons  FACEBOOKhttp://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.

Gedagte vir die Week:
“I see the sparkle of light that surrounds all things and the yearning for love that exists in everyone. I see the innocence beyond all guilt and the love beyond all fear. And thus I am reborn into the truth of who I am” ― Marianne Williamson

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights