1 Junie 2014

Hierdie week se liturgie: 1_junie_2014

ʼn Nuwe maand kom lê in ons skoot en dis geen geheim hoe lief ek is vir winter nie ... die knus aantrek; reën teen die vensters en die groenste groen van die Kaap; bredies en rooiwyn; die sagte lig en elke oggend se laat sonsopkoms.
So lees ek vroegoggend weer Father Thomas Keating raak, “We are kept from the experience of Spirit because our inner world is cluttered with past traumas ... As we begin to clear away this clutter, the energy of divine light and love begins to flow through our beings,” en toe maak ek ʼn lysie vir myself oor al die ‘emotional clutter’ wat ek saamdra — die stories van gisters wat ek oor en oor vir myself vertel sowel as die ego agendas wat my pootjie en rem — en toe laat ek dit gaan voor ʼn ruit wat uitkyk oor die stad wat vandag self toegetrek lê onder ʼn reënkombers en sluit my oë in ʼn gebed om myself vry te maak van al die beperkinge en my hart toe te laat – to dream of leaping grace!
Nou onlangs vra ek by ʼn groep, “what are the patterns that are holding you back?” Die een antwoord, “the amount of time spend on getting attention instead of love”, ʼn ander een sê “all the boundaries of my fears”, maar toe iemand sê, “my expectations of rejection” was dit asof almal in een koor sê, “Amen!” — soms het ʼn mens nodig om hierdie pynlike vrae vir jouself te vra want die antwoorde maak ons vry. Miskien is dit waarna Jesus verwys as hy sê, “Julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.” (Joh 8:32)
Dit voel gevaarlik om met (teveel) vrae die status quo uit te daag maar soms wonder ek wat is die ergste, die vrees vir verwerping of die verwerping self? Dit geld nie net vir binne intieme verhoudings nie maar ook in ons werksmilieu asook familie en sosiale kringe, maar byname ook in ons verhouding met God. Hoeveel keer word ons gekonfronteer met gedagtes van dat as ons iets verkeerd doen, gaan God ons verwerp? Dit lei daartoe dat ons altyd twyfel in onsself, ons selfvertroue verloor om besluite te neem, en uit ons drome klim nog voor dit kans gekry het om wortel te skiet en vrug te dra. Ons gee eerder op en stap weg want as ons voel God (ver)hoor nie ons gebede nie dan beteken dit God gee nie om nie; as ons trane en hartseer nie onmiddellik verdwyn wanneer ons daarvoor vra nie dan beteken dit God bestaan nie.
Ons doen dieselfde met mekaar. As iemand nie doen wat ons wil hê nie, dink ons hulle gee nie om nie ... (verwerp); as iemand nie antwoord nie, wonder ons wat het ons verkeerd gedoen ... (verwerp); as iemand my oorslaan, wonder ons hoekom is ons nie goed genoeg nie ... (verwerp).
Almal wil “die energie van Goddelike lig en liefde voel wat deur ons vloei,” solank dit maklik is ... solank dit geleë is ... solank dit kom op die manier en wanneer ek dit wil hê ... maar ons wil niks opoffer nie, dit moet tog net nie iets van ons vra nie. Soos al dikwels gesê moet ons seker die enigste generasie wees wat spiritualiteit wil beoefen met brie kaas in die een hand en ʼn glas chardonnay in die ander hand.
Chuck Spezzano skryf in sy boek “If it hurts it isn’t love” – “Your thoughts are the starting point of you actions. If you think negative or limiting thoughts, you will make choices that lead to a more limited life. If you think expansive thoughts of faith and trust, you’ll find a richer, more expansive life follows. Make room in your life and create space for something new by releasing old thought patterns, habits, and ideas you’ve been holding on to for too long. Release and bless that which no longer serves you.”
Nou is die vraag: Wat sal jy graag in jou lewe wil verander en hoe gaan jy dit doen? Nee, om net daaroor te bid gaan nie iets verander nie — maar as jy bid om te vra, “Wys my hoe?” sal jy verbaas wees in hoeveel stemme op hoeveel plekke kom die antwoorde. Natuurlik gaan verandering soms gepaard met eina en seer. Om iets te ontleer is nie maklik nie. Om gedragspatrone te verander gebeur nie oornag nie. Wat dit egter die moeite werd maak is waarna John Milton verwys as hy sê, “he who reigns within himself and rules his passions, desires, and fears is more than a king.” Nee, ek het dit nog nooit op my eie reggekry nie ... maar die Krag wat deur en in my vloei, en nie van my is nie, maak daardie koningskap moontlik ...
Een van die korste gelykenisse in die Bybel word vertel in Markus 4:30-32 waar Jesus sê, “Hoe sal ons die koninkryk van God voorstel, of met watter gelykenis sal ons dit uitbeeld? Dit is soos ’n mosterdsaadjie. Wanneer dit in die land geplant word, is dit die kleinste van al die soorte saad daar in die land. Maar as dit eenmaal geplant is, kom dit op en word dit groter as al die tuinplante. Dit kry sulke groot takke dat die voëls in sy skaduwee kom nes maak.” Waar die siel saad saai, is daar altyd lewe!
Ons gaan in Junie gesels oor “DIVINE APPOINTMENTS” — en die verskillende maniere verken waar ons die refleksies van God in ons lewe sien en ervaar en dit dan bundel in die vyf Sondae van Junie.
Doen jouself ʼn guns en gaan maak vir jouself 10 ‘blessings’ bymekaar ... stap in jou tuin of om die blok en tel 5 klippies en 5 blare op en gaan sit dit êrens in jou huis waar jy dit kan sien. Vir elke klippie vra jy jouself, “Wat wil ek verander in my lewe?” en vir elke blaar vra jy jouself, “Hoe gaan ek dit doen?” Spandeer elke dag 5 minute om hieroor te dink en dan met ʼn gebed (opregte intensie) te vra dat God vir jou sal wys HOE. Daan staan ons op en maak ons spirituele oë en ore oop want in elke druppel reën, elke woord van ʼn lied, elke smaak van kos, elke asem van ʼn soen sal die antwoorde kom. Wees oplettend vir al die fasette van wysheid. Laat jou hart praat, luister na jou intuïsie en onthou, wanneer God fluister, maak dit nie altyd sin in die brein nie, maar dit sál resoneer met jou hart.
Mag jou dag oorloop van seëninge en dankbaarheid. Maak elke oomblik ʼn herinnering, “I will be the awareness of the presence of God!” en dan vul ons Sondag ons Kapel met die knus warmte van ons teenwoordigheid.

- Ons eet elke eerste Sondag van die maand saam na die diens. Vir R100 kry jy ʼn heerlike maaltyd en nagereg maar dit is nie lonend vir Kolping om personeel in te kry en die voorbereiding te doen vir minder as 20 mense nie. Bring jou vriende en familie Sondag saam en kom sit saam met ons aan ʼn lang tafel met lekker kos en wyn. Laat my asseblief weet op die laatste Saterdagoggend teen 10h00 sodat ek vroegtydig vir Kolping die getalle kan gee.

>>>> ACIM 29 Mei 2014 om 19h00 by Kolping: Chapter 18, Section VI Beyond the Body

Besoek ons FACEBOOK: http://www.facebook.com/pages/Neo-Spektrum/278715195501651 vir meer inligting.

Gedagte vir die Week:
“All changes, even the most longed for, have their melancholy; for what we leave behind is part of ourselves; we must die to one life before we can enter another” — Anatole France

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights