Hierdie week se liturgie: 23 Februarie 2020
Welcome, welcome, welcome.
I welcome everything that comes to me today
because I know it's for my healing.
I welcome all thoughts, feelings, emotions, persons,
situations, and conditions.
I let go of my desire for power and control.
I let go of my desire for affection, esteem,
approval and pleasure.
I let go of my desire for survival and security.
I let go of my desire to change any situation,
condition, person or myself.
I open to the love and presence of God and
God's action within. Amen.
— Fr. Thomas Keating —
Al vir ʼn maand lank gesels ons oor — DIE KRAG VAN GEBED. Ons het in detail gekyk na die Gebed van Jesus in die taal (Aramees) wat Jesus gepraat het en elke woord soos ʼn vrug geskil om die volle betekenis daarvan te voel, ruik, proe, en versadig te word. Daarna het ons die verhaal van Franciscus van Assisi verken en sy roerende gebed, “Maak my ʼn instrument van U vrede” vir onsself toegeëien sodat dit ons sal inspireer tot ʼn sinvolle lewe as mens, en as Christen. Laas Sondag het ons Reinhold Niebuhr se aangrypende gebed behandel, “Grant me the serenity to accept the things I cannot change, and the courage to change the things I can ...”
Eerskomende Sondag sluit ons die tema af en gaan gesels oor: die doel van gebed is nie om God se guns te wen sodat ons ons sin kry, of ʼn lys van behoeftes en verwagtinge nie; die inhoud en betekenis van gebed is minder praat en meer luister; om die WAT-ons-wil-hê te verander na HOE-om-elke-situasie-te-hanteer.
God het nie ons gebede nodig om groter en meer spesiaal te voel nie. Gebed verander MY, dit kry MY in lyn met ʼn Goddelike perspektief, en bring insig om te verstaan HOE ek harmonie kan vind in my aksies en reaksies. Vir my is gebed: the discipline of mindfulness in order to live a meaningful life.
Vir miljoene Christene is die doel van gebed om die WIL van God te vra en dit dan te (probeer) doen. Dit is ʼn denkfout om te dink dat die WIL van God werk soos die wil van die mens ... bv: ek wil dat dit reën; ek wil dat jy gesond word; ek wil ʼn ander werk, ʼn ander huis, ʼn ander huwelik; ek wil finansieel oorleef; en ek wil dat Zuma tronk toe en Bafana wêreldbeker toe. Maar dit is nie hoe die WIL VAN GOD werk nie. Kom ons kyk Sondag na die betekenis van die WIL VAN GOD in die Ou en Nuwe Testament —
רצון האל — [Hebr: ratzoon ha’êl] — desire, intent, goodwill, favour, benevolence
θέλημα του Θεού — [Gr: thélema tou Theou] — intent, desire, pleasure, splendour, delight
Dit is duidelik dat die WIL van God in die Bybel geheel en al in die kader van HOE eerder as die wat lê ... en dit in die Bybelse tyd wat totaal oorheers is deur ʼn stryd om oorlewing, waar oorlog en konflik, siekte en ellende elke dag aan jou deur geklop het. Die vraag is met ander woorde nie WAT is die wil van God nie, maar HOE leef ek die teenwoordigheid van God.
Vandag is miskien nie meer ʼn daaglikse stryd om oorlewing nie, maar dit is baie beslis ʼn stryd om TYD. Ons is SÓ besig dat daar geen tyd is vir die dissipline of toewyding vir gebed nie. Ek noem dit — the dis-ease of busyness.
Die ‘siekte’ is ʼn ‘ongemak’ (dis-ease) met stilte en nét stilte ... sonder skerms, hetsy dit foon, rekenaar, of TV is. Hoekom doen ons dit aan onsself? Waarom moet die foon selfs saam badkamer toe en hoekom word ons oorweldig deur beurtkrag wat ons WiFi en Charger opeis? Waarom is ons so ongemaklik met stiltes en droog ons gesprekke op as daar geen afleiding is nie? Vir hoeveel is business net busyness?
In die meeste Moslem-gemeenskappe is die vraag, “How are you doing” in Arabies, “Kayf haal-ik?” Of in Persies is dit, “Haal-e shomaa chetoreh?” wat beteken, “How is your ‘haal’?” Wat is die ‘haal’ waarna verwys word? Dit vra na die gemoedstoestand van jou ‘HART’ ... letterlik: “How is your heart doing at this breath?”
As jy dit in Afrikaans vir iemand moet vra, sal hulle nie ʼn idee hê waarvan jy praat nie. Ons sal wel verstaan as iemand vra: hoe gaan dit met jou tyd; met jou lyf; met die apies in jou kop? Van hart verstaan ons niks. Van siel weet ons nog minder, want ons het vergeet — we are human BEINGS, and not human DOINGS!
Gebed fokus ons gedagtes / intensies op ons wese (beingness) ... op die ritme van ons asem (breath of God) ... gebed bring ʼn harmonie tussen gedagte, gevoel, en geestesdenke (mindfulness) ... gebed sinchroniseer mý wil (moets en moenie, aksies en reaksies) met die ‘WIL’ (intent, desire, please, splendour, benevolence, goodwill, delight) van God.
JA, gebed vra dissipline. JA, gebed vra toewyding. JA, gebed vra die stilte van gedagtes sodat ons weer kan luister na die ritme van ons asem en ons hart. Soos laas week gesê — gebed is die hoogste vorm van KONNEKSIE wat vra: kan ons nog ons hand op iemand se arm sit, my arm om iemand se skouers, en hom/haar in die oë kyk ...? Dit is wat God met ons doen in ons gebede!
When all is said and done, let this be our final prayer:
U vra vir my hande, of U dit kan gebruik vir U doel ...
... ek gee dit, maar trek dit weer terug
want die werk was te swaar.
U vra vir my mond, om my uit te spreek teen die onreg ...
... ek fluister vir U my antwoord
dat ek tog net nie beskuldig wil word nie.
U vra vir my oë, om die pyn van armoede raak te sien ...
... ek sluit my oë, want ek wil dit nie sien nie.
U vra vir my lewe, dat U deur my wil werk ...
... ek gee vir U net 'n stukkie
sodat ek nie te betrokke sal raak nie.
Here, vergewe ons, ons berekende pogings om U te dien:
Alleen soos dit ons pas —
alleen op plekke waar dit veilig is,
alleen met hulle wie dit maklik is.
Vader vergewe ons, vernuwe ons
en stuur ons as bruikbare instrumente
sodat ons die betekenis van die kruis ernstig sal opneem.
AMEN
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.
.
“To be a Christian without prayer
is no more possible
than to be alive without breathing.”
― Martin Luther ―
.
Ons lees hierdie jaar die wonderlike boek
'Rising Strong' van Brené Brown
Stad: Maandag 24 Februarie @ 19h30
Kolping: Donderdag 27 Februarie @ 19h30