Bekende Gebede - St. Franciscus van Assisi

Sondagdiens

9 Februarie 2020

St. Francis

Hierdie week se liturgie: 9 Februarie 2020

Here, maak my ’n instrument van U vrede.
Waar daar haat is, laat my liefde bring.
Waar daar ’n wond is, heling;
Waar daar twyfel is, geloof;
Waar daar wanhoop is, hoop.
Waar daar duisternis is, lig;
Waar daar droefheid is, vreugde.
O, Heilige Meester, gee dat ek,
In plaas daarvan om vertroosting te soek,
ander sal vertroos;
Om begrip te hê, as om begryp te word;
Om liefde te gee, as om bemin te word.
Want deur te gee, ontvang ons;
Deur te vergewe, word ons vergewe;
en deur te sterwe, word ons gebore tot ʼn Ewige Lewe.

— Die Gebed van St. Franciscus van Assisi —

Dit was laatmiddag toe ek in die dorpie stilhou. Dit was snikkend warm en ek het verdwaal toe ek die verkeerde pad uit Perugia gevat en Assisi heeltemal mis gery het. Dit is heuwelagtig en vir ʼn stomme Suid-Afrikaan, jare voor enige iets soos GPS, was dit ʼn uitdaging genoeg om regs te hou as verkeer van vooraf kom op paaie wat so nou is dat dit voel net twee wiele en ʼn toeter pas.

Die plan was om een aand in Assisi te spandeer, maar die piazzas en straatjies onder boë van klip het my nog ʼn dag, nóg ʼn nag tussen die klipmure gevange gehou. Die Basilica di San Francesco d’Assisi is alles, en meer, wat jy verwag van ʼn plek tot Eer van God en ter nagedagtenis van ʼn monnik wat ʼn onvoorstelbare invloed op die Katolieke Kerk sou hê. By die Sacro Convento, die graf van St Francis, was die teenwoordigheid van God aanvoelbaar naby. Tussen die mure (nog klip), die opening in die stene wat lyk soos ʼn enorme pilaar waarop die dak (ook van klip) rus, sou die bevestiging van my eie roeping weer op my hart gelê word.

Giovanni, die seun van Pietro di Bernardone, is gebore laat 1181 of vroeg 1182. Sy pa was ʼn handelaar in fyn weefstof, sy, en ander hoë gehalte materiale. Sy ma was ʼn Franse dame van adel afkoms. Beide sy pa en ma, het uit welgestelde families gekom. Sy pa was in Frankryk toe hy gebore is in Assisi en met sy pa se terugkeer sou hy sy seun se naam verander na, Francesco (mn: Frenchman).

In die boek, The Lives of Saints van Omar Englebert, merk hy die volgende op, “Indulged by his parents, Francis lived the high-spirited life typical of a wealthy young man. As a youth, Francesco became a devotee of troubadours and was fascinated with all things Transalpine. He was handsome, witty, gallant, and delighted in fine clothes. He spent money lavishly on bright clothing, rich friends, and love of pleasures.”

Sy pa wou hê dat hy in die familiebesigheid sou gaan, maar Francesco was op soek na avontuur. Hy het homself gesien as ʼn Ridder (knights were the action figures of the day) en het gedroom dat hy sy roem sou verwerf op die slagveld. Tydens ʼn veldslag teen Perugia is hy gevange geneem en terwyl al die ander krygsgevangenes tereggestel is, is hy saam met ʼn paar ander wat geblyk het uit ryk familie kom, gebruik om ʼn losprys te eis. Vir meer as ʼn jaar was hy in ʼn klam tronk onder die grond voor die losprys betaal is en waar hy vermoedelik siekte sou opdoen wat sou lei tot ʼn lewenslange stryd teen infeksies wat ook sy vroeë dood sou kos.

Dit was tydens sy tyd in die tronk dat Francesco sy eerste visioen sou hê oor God. Hy het ʼn oorweldigende gevoel gehad dat hy geroep is deur God om na behoeftiges om te sien ... maar nie net hulle wat arm was nie, maar ook na diere en na die natuur. Ná sy vrylating het hy die welvaart van sy familie afgesweer en homself toegewy aan ʼn lewe as monnik in die kerk. Op ʼn dag het hy ʼn stuk lap waarmee die bedelaars hulself geklee het aangetrek en ʼn tou om sy middel geknoop ... onwetende dat dit die drag van die Franciscus Orde sou word tot vandag toe.

Hy sterf op 3 Oktober 1226 terwyl hy Psalm 142 gesing het. Hy was 44 jaar oud. Ná sy dood is hy as ‘saint’ verklaar en is tot vandag toe steeds die ‘patron saint’ van diere en die natuur, wat jaarliks op die dag na sy afsterwe gevier word. Sy lewe word inderdaad onthou vir sy werk onder armes. Hy het sy lewe afgelê vir hulle wat minderbevoorreg is — op ʼn plek skryf hy: “Remember that when you leave this earth, you can take with you nothing that you have received — only what you have given.”

Op 13 Maart 2013 het Kardinaal Jorge Mario Bergoglio die naam Francis gekies as die naam wat hy as pous sou gebruik. Dit is die eerste keer sedert die begin van die Katolieke Kerk dat ʼn pous dié naam sou kies. Hy vertel dat toe die stemming in die Konklaaf hom aanwys as pous het een van die ander Kardinale in sy oor gefluister, “Don’t forget the poor” en net daar het hy besluit op die naam, Francis.

St Francis van Assisi sou vir ons ʼn skat van inspirasie nalaat. Sy betekenis en invloed is vandag nog vir miljoene Christene ʼn bron van bemoediging. Woorde soos — “We have been called to heal wounds, to unite what has fallen apart, and to bring home those who have lost their way.” Wie ken nie die besieling van sy mantra nie — “All the darkness in the world cannot extinguish the light of a single candle.”

Kom deel Sondag in ons gesprek oor — DIE KRAG VAN GEBED — as ons gesels oor die begrip en bedoeling van Francesco se bekende gebed. Ons kyk na vrae soos, hoe moet ons bid; waarvoor bid ons; waarom voel dit dat God ons gebede hoor maar nie verhoor nie; hoe bid ʼn mens vir siekte en gesondheid, voorspoed en teenspoed; het gebed nog ʼn plek in ons geloofslewe of het ons te slim vir onsself geword ?

Hoop om jou met vriende en familie by ons te verwelkom.

Met liefde

.

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“Start by doing what's necessary;
then do what's possible;
and suddenly you are doing
the impossible.”

― St. Francis of Assisi 

.

A COURSE IN MIRACLES

Ons lees hierdie jaar die wonderlike boek
'Rising Strong' van Brené Brown
Stad: Maandag 10 Februarie @ 19h30
Kolping: Donderdag 6 Februarie @ 19h30

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights