Nog nooit in die geskiedenis van die mensdom het ons soveel kennis, soveel geleerdheid oor die kompleksiteit van die lewe in die algemeen en ons lewe spesifiek gehad nie. Ons leef in ʼn era met enorme insig en wysheid danksy die wetenskap en tegnologiese vooruitgang en tog (of sal ons sê, ‘steeds’) is ons só bang vir alles! Ons vrees vir die toekoms, ons planeet en atoomoorlog; ons vrees vir ekonomiese ineenstorting, siekte, konflik, en die dood. Aan die eenkant het ons meer vryheid as ooit in die geskiedenis maar aan die anderkant is ons in groter slawerny as van te vore. Slawe van uitbuiting en korporatiewe gierigheid. Gevange in ʼn politieke sisteme (of is dit 'korrektheid’) waar ʼn mens waaragtig nie meer weet wat jy mag dink, voel of sê nie.
Byvoorbeeld: ons neem géén aanstoot dat sowat 3,000,000 kinders in 2019 sal sterf van honger nie maar ons neem aanstoot oor ʼn Valentine Plakkaat in Woolworths. Die gesprekke op sosiale media gaan nie oor die etiek van menswaardigheid, sosiale geregtigheid rondom sosio-ekonomiese ongelykheid of ons individuele bydrae om ons planeet beter agter te los vir ons kinders nie maar dit gaan oor 'n Guilette-advertensie.
Dit voel of ons in ʼn hoek gemanipuleer word deur alles wat affronteer, ons hiper-sensitiwiteit wat ten alle koste ʼn monument moet kry, en die paradoks van ʼn wêreld wat alles en almal wat ʼn megafoon voor die mond het in ag moet neem terwyl die groter (véél groter) issues nie meer in ons emosionele en spirituele begroting pas nie. Ja, ons is kenners van kennis oor die verstand ... maar van die hart, die hart se verstaanswêreld los ons vir kardioloë. Wanneer die lewe soms wreed en seer is, soek ons ʼn pil of terapie. Wanneer ons soms tip onder emosionele pyn moet die brein, en die brein alleen, ons uit die moeras lig en vir ons voete gee om oor dryfsand te loop.
But ...
“Once we have come to the deep inner knowledge — a knowledge more of the heart than of the mind — that we are born out of love and will die into love, that every part of our being is deeply rooted in love, and that this love is our true Father and Mother, then all forms of evil, illness, and death lose their final power over us and become painful but hopeful reminders of our true divine childhood.” — Henri Nouwen, ‘Our Greatest Gift’
Ons spirituele lewe maak (en hou) ons bewus daarvan dat ons woon in ʼn huis van liefde en nie ʼn huis van vrees wat gemuf agter slot en grendel, agter spinnerakke van woede, angs, en geweld staan nie. In die huis van liefde word gesê, ‘Here the presence of God resides as a reminder: God abides in us.” Dit is dan ook ons tema vir die maand — ABIDE IN ME -- en het reeds gesels oor (i) ons ware IDENTITEIT, (ii) die geskenk van BEHOORT (belonging), en (iii) eerskomende Sondag gaan ons gesels oor LEIDING IN LYDING.
Is daar krag in magteloosheid? Is daar wysheid (insig) en waarheid (uitsig) in wonde? Wat is daar te leer uit emosionele pyn en hoe gaan ons daarmee om?
Natuurlik sal dit wonderlik wees om te gesels oor die spiritualiteit van ekstase en voorspoed, van sukses en weelde maar dis helaas nie waar (wanneer) mense vrae het oor GOD BLY IN MY EN EK IN GOD nie. Ons reserveer daardie verhouding vir wanneer ons niks beters, niks anders het om te doen nie. Dis ʼn fakulteit van menswees as al ons ander strukture en sisteme wegval en ons gestroop van alles vra na die sin van lewe ... en na lyding kyk as sinneloos. Dan moet God help; dán moet God naby wees; dan moet God sin maak — anders kan ons nie glo nie, het ons geen hoop nie, is liefde weg!
Jy sal dit interessant of dalk belangrik vind om te weet dat KRAG deur MAG hou nooit nie — kyk na elke empire deur die geskiedenis van die mensdom. Kyk na die magspel in politiek, besigheid, en selfs in huwelike ... dit breek, baie gouer as later. Ons mensdom is geneig om na ‘mag’ te gryp as ons bang en onseker is — ons wil in beheer wees! Die drang, die obsessie om alles/almal onder ons kontrole te hou maak van ons marionette wat getou word deur alles wat ons minag. Met ander woorde: what we want to control, controls us.
Hier is die waar van Waarheid en die wys van Wysheid — deur die geskiedenis is dit die manne en vroue wat hul krag in magteloosheid gevind het wat ʼn verskil gemaak het in die rigting van die mensdom en die geskiedenis herskryf het. Ek dink aan Emily Hobhouse (vir haar rol in die Boere-Oorlog) en Charlotte Maxeke (wat in 1918 die eerste organisasie gestig het vir vroueregte in ons land). Dink aan mense soos Albert Luthuli, Nelson Mandela, Desmond Tutu. Dink aan die jong Malala Yousafzai van Pakistan en die wenner van die 2018 Nobelprys vir Vrede, Denis Mukwege.
Almal manne en vroue wat leiding geneem het in lyding. Manne en vroue wat die krag van magteloosheid verstaan en nie wegskram van toewyding, opoffering, en diens nie. Dit was die essensie van Jesus se lewe en is my beskeie gevoel die taak waartoe ons geroep is. Waar ons ook al werk, wie ook al ons pad kruis, hoe ek met my geliefdes omgaan, staan in die Lig van verLIGting ... i.e. leiding in lyding.
Dit het my baie pyn en hartseer gevat om te besef wat die krag van weerloosheid is ... the power of vulnerability means we don’t take our hurts to our head but to our heart.
Ons gesels Sondag oor — (a) bevriend jou emosionele pyn, (b) leef jou littekens, (c) en neem die leiding in lyding
Kom deel in ons gesprek oor hoe om sinvol om te gaan met die seer in en om ons en wat se verskil ons kan maak in die wêreld waarin ons leef.
Soos altyd
Soli Deo Gloria
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.
Laai hierdie week se liturgie hier af: 17_Februarie_2019
.
GEDAGTE VIR DIE WEEK
"My grace is all you need.
My power works best in weakness.
So now I am glad to boast
about my powerlessness,
so that the power of Christ
can work through me.”
― 2 Corinthians 12:9 (paraphrased) ―
.
A COURSE IN MIRACLES
STAD: 25 Februarie 2019 @ 19h30
KOLPING: 21 Februarie 2019 @ 19h30
Ons lees hierdie jaar Rob Bell se boek:
"What We Talk About When We Talk About God"
[bring steeds jou ACIM boek saam]