PAASFEES — Om LEWE te kies II

Potgooi:

 

“Nothing ever goes away until it has taught us what we need to know.”
— Pema Chödrön —

Paasfees is verby, maar die invloed daarvan nog lank nie.

Dit is nou amptelik Herfs, wat sy eie bekoring het. As ons oop is daarvoor, het hierdie seisoen ʼn rykdom van lesse.

Om te laat los, is nie verlies nie — dit is wysheid.

Bome laat gaan aan hul blare sonder om daaraan vas te klou asof dit vir ons wil sê dat nie alles in die lewe is bedoel om saam te dra nie, en dit vra wysheid om die verskil te ken.

Emosioneel, is dit ʼn teken van volwassenheid — die vermoë om die rolle wat ons speel, die maskers wat ons dra, die verwagtinge wat nie langer jou siel voed nie, te laat gaan.

Spiritueel, is dit ʼn tyd vir dankbaarheid vir die oorvloed wat die Somer ons gegee het. Dit is ook die seisoen van oorgawe — want amazing goed gebeur as ons ophou keer.

“Autumn shows us how beautiful it is to let things go.”
— William Bryant

Verandering moet omarm word.

Herfs kleur die blare in goud, rooi, en amber. Transformasie hoef nie altyd gebore te word uit chaos nie en kan grasieus ons bring na ʼn plek van vernuwing.

Hoe dikwels moet ons eers in ʼn krisis wees voor enige iets verander. Herfs gee ʼn ander perspektief: vernuwing en herlewing kom met ʼn Heilige insig dat om plek te maak vir iets nuuts, is nuttig en waardevol.

“Autumn carries more gold in its pocket than all the other seasons.” — Jim Bishop

Langsaamheid is 'n noodsaaklikheid.

Herfs plaas vertroue in ʼn stadiger ritme wat minder gejaagd is. Oral om ons is dit stiller. Diere berei hulself voor vir die winter, en plante fokus op hul krag en nie hul vrugte nie.

Konstant besig-wees is onnatuurlik. Emosionele uitbranding is omdat ons nie hierdie seisoen se ritme erkenning gee nie. Spiritueel, is dit die seisoen om ons konneksie met onsself, met mekaar, en met God te verdiep want ons het mekaar nodig in die Winter se koue en storms.

“Be quiet. Be still. It creates space of who you are becoming.” — Ram Dass

Vertrou die proses wat jy nie kan beheer nie.

Die ganse plante- en diereryk forseer nie Herfs om Lente te wees nie. Dit weet dat Winter net so belangrik is as Somer — trouens, as daar nie ʼn Herfs is nie, sal alles mettertyd uitsterf en die mens saam vat.

Beheer is nie die probleem nie, ons behoefte om te wil beheer is wel.

Die onbewuste drang om van als en almal in beheer te wees, stam van ʼn diep VREES wat die mens in hom dra — vrees vir mislukking, teleurstelling, verwerping.

Waar hierdie negatiewe emosies uit ons verlede ʼn wond gemaak het, wil ons als beheer in ʼn poging om daai wond weg te steek of te ontken. Wat die EGO doen, is om dit dan op ander te projekteer.

“The ego wants to run the show. The soul is invited to witness and participate.” — Eckhart Tolle

Daar is iets eerliks aan eindes.

Vir die eerste keer in my lewe sien ek deur die venster van my studeerkamer hoe groot bome honderde warrelende blare op my grasperk strooi. Elke jaar, dieselfde tyd, sonder uitsondering, maak Somer plek vir Herfs.

Ek sit en dink aan hoeveel Herfsseisoene my lewe al in my skoot kom lê het. Daar was einde van skool en toe my laaste gradeplegtigheid, waar ek geweet het die somer van studies is onherroeplik verby.

Daar was Herfs gewees in meer as ʼn handvol verhoudings wat afgeloop was en ek geparste blare in ʼn dagboek plak sodat ek sal onthou om nie te vergeet nie.

Ek weet ook van tye waar my siel gevoel het soos ʼn blaar wat sy boom verloor het — kaalgestroop en weerloos, met geen idee of ek die winter sal oorleef nie.

Maar ek het, want oor en oor op ʼn duisend plekke in ʼn duisend stemme het ek die refrein van Psalm 126:6 gehoor:

“Al loop hy en huil terwyl hy die saaisak dra, hy kom juigend terug terwyl hy sy gerwe dra.”

Herfs is die seisoen om die oes in te bring.

Die boer kan nie die saad forseer om te groei nie. Hy kan nie die reën beheer nie, en ook nie die proses manipuleer vir die oes om ryp te word nie. Hy kan voorbereiding doen, plant, versorg, vertrou, en dan ontvang.

Herfs is die seisoen waar ons spiritueel kyk na wat in die Lente geplant is en nou die oes inhoud en betekenis gee. Watter patrone het jou gevorm, watter verhoudings het vrug gedra en watter nie?

Dit vra ʼn stukkie eerlikheid aan ons kant. Om die waarheid van myself vir myself te kan sê. Om te weet wat het gewerk en wat nie, wat het gegroei en wat nie — want sonder dit is niks geleer nie, net ʼn herhaling van dieselfde foute.

Elke boer kan daarvan getuig, dat daar ʼn stukkie nederigheid is wanneer hulle oes. Hulle weet dat hulle nie die lewenskrag is wat vrugte dra nie. Hulle het geplant sonder enige waarborg dat die oes in oorvloed sal wees nie. Nou staan hulle met nederigheid en dankbaarheid op hul landerye en pluk ryp vrugte van hul boord. Met eerbied word erken: Paasfees is die begin van oestyd.

Dit is Herfs, die seisoen wat vra om jou hande oop te maak. Oop om te laat los wat nie vrug dra nie en oop om als wat mooi en goed is te ontvang.

Doen dit met liefde.

Soos altyd.

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“What we call the beginning is often the end. And to make an end is to make a beginning.”
― T.S. Eliot 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2026
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights