
... en hier is ons in April — met Herfs in die lig en in die lug is die jaar besig om te tiekiedraai om ons skoppelmaai. Dit is ook die maand waarin die Christendom die lyding en dood van Jesus herdenk, sodat ons saam met die kerk van alle eeue die ‘opstanding’ van Jesus kan vier.
Vir my, en miskien is dit net vir my, is Paasnaweek ...... well, kind of a big deal. Mag wees dat dit met ʼn 180° ander insig is as die uitsig waarmee ons grootgeword het, maar die hele idee van 'n 'dood en opstanding' (wat niks met my liggaam te doen het nie) en gegiet word binne die metamorfose van 'lewe en transformasie’ maak op soveel maniere in my lewe sin. Nie net alleen antwoord Paasnaweek die drie fundamentele vrae wat alle godsdienste vra nie: Who am I? What do I believe? How should I (re)act? — maar gee ook betekenis aan die drie dimensies van menswees soos alle godsdienste dit voorhou, naamlik: Belief, Behaviour, and Belonging.
Lydenstyd en Paasfees is wat Yom Kippur vir die Jode en Ramadan vir die Moslems is — dit is ʼn tyd van diep introspeksie; ʼn tyd vir stilte (inkeer) en restourasie (bekeer). Dit is die seisoen van rehabilitasie (vergiffenis) en reparasie (vernuwing). Vir beide Jode en Moslems is dit die Heiligste tyd op hul kalender en tog, vir die meeste Protestantse Christene is dit net ... wel, ʼn langnaweek in April. Sonder uitsondering die laaste paar weke vra ek vir almal wat oor my drumpel stap wat hul vir Paasnaweek doen en die antwoord is redelik algemeen: “Ons gaan so bietjie wegkom. Ons ken die storie van Jesus se dood, het dit al tot vervelens toe gehoor, weet in elk geval nie of dit als waar is nie ...”
Hier is wat waar is — Lydenstyd en Paasnaweek gaan ten diepste oor identiteit — wie en wat en hoe ons as mens funksioneer binne ons geloofsraamwerk; in hoe ʼn mate ons spiritualiteit ʼn invloed het op ons dag-tot-dag lewe; en het ʼn invloed op elke verhouding waarin ek staan. Antwoorde wat gevind word in die stilte en oordenking van dié seisoen. Identiteit gaan oor BELIEF — wat is jou gedagtes oor die beginsels, idees, waardes, dogmas van jou geloof ... meer belangrik nog, wat is jou gevoel en ervaring van dit wat jy sê jy glo? Identiteit het te doen met BEHAVIOUR — daar is sekere norme, moraliteit en etiek, waarbinne ons leef en waarop ons ‘geloof’ berus. Sekere rigtingwysers wat ons om die slaggate en loopgrawe van die lewe stuur. Die kompas vir ons reis, die wind (aksie) en seile (reaksie). Geloof is nie abstrak en serebraal nie, dis tasbaar en aanvoelbaar in al die fakulteite van ons menswees. Ten slotte gaan identiteit oor BELONGING — alles wat ons is, elke wens, droom, ideaal, aspirasie, ambisie, is gekoppel aan ons verlange na ‘konneksie’ ... ons wil behoort, ons wil van geweet wees, ons wil voel ons maak ʼn verskil.
Vir die volgende vier Sondae gaan ons na die “vervelens toe” verhaal kyk vanuit die vier Evangelies. Ons gaan begin met die Laaste Avondmaal en Tuin van Getsemane uit MATTEUS. Die Sondag daarna gaan ons kyk na Jesus se verskyning voor die Joodse Raad en Pilatus uit MARKUS. Paasnaweek gaan ons stilstaan by die Kruisiging en Opstanding van Jesus uit die Evangelie van LUKAS en dan die maand afsluit met Jesus se 'verskyning' aan die dissipels en sy laaste opdragte uit die Evangelie van JOHANNES.
Daar is ooreenkomste maar ook baie sterk verskille tussen die vier Evangelies. Kom reis saam met ons die maand van April as ons gaan kyk na hierdie gebeure deur die bril van ʼn progressiewe interpretasie wat nuut wil dink oor die lyding, sterwe, en opstanding van Jesus. Dit is my beskeie mening dat die sleutel van so interpretasie lê in die Evangelies self wat net ontsluit kan word as ons daarna kyk deur ʼn Joodse bril. Ek is absoluut daarvan oortuig dat die inhoud en betekenis van die tekste volkome relevant is vir die tyd waarin ons leef en dat dit ons bring na ʼn hele nuwe verstaan van ons eie dood en opstanding as ons dit emosioneel, intellektueel, en spiritueel verstaan.
Meer as ooit is dit nodig om ons kritiek en agterdog oor die gebeure van 2000 jaar gelede vir ʼn oomblik eenkant te sit, maar daarmee saam ook die georganiseerde kerk se 2000 jaar lange verklaring en verduideliking, sodat die hele gebeure van brood en wyn, verraad en verloën, onskuld en skuldig, lyding en sterwe, graf en opstanding ʼn baie persoonlike ervaring word. ʼn Ervaring, glo ek, wat ʼn verdieping in jou geestelike lewe sal bring — a new awareness in what and who Jesus as the Christ is and a new consciousness of the cross and why the resurrection is profoundly personal.
Wanneer ons die storie van Jesus se lyding lees, hoe dramaties en oorweldigend dit ook al is, is daar ʼn paar vrae wat ons eers vir onsself moet antwoord: as Jesus in Getsemane alleen gaan bid, wie is daar om hierdie intieme gebede neer te skryf? Waar kom die informasie vandaan, want daar was tog geen tyd vir Jesus om dit eers oor te dra voor hy in hegtenis geneem is nie? Wie is daar om die detail neer te skryf in sy gesprek voor die Joodse Raad of die persoonlike gesprekke tussen hom en Pilatus? Het Pilatus ʼn persverklaring uitgereik? Hoe weet ons wat Jesus gesê het vir die soldate wat hom gegesel het of vir die moordenaars aan die kruis? Niemand was daar om dit neer te skryf nie en tog word daar in die fynste detail vertel van elke ding wat hy gebid, gesê, en gedoen het. Waar kom al die detail vandaan en hoe is dit moontlik dat dit 40 jaar na Jesus se kruisiging (±70CE) die eerste keer papier vind en dit in ʼn taal (Grieks) wat nie een van die dissipels kon lees of skryf nie?
Teen dié agtergrond gaan ons die laaste paar dae van Jesus se lewe uitpak en word jy uitgenooi om die Via Dolorosa saam met ons te kom stap.
Wie weet, miskien is Paasfees 2019 die enkel grootste en belangrikste gebeurtenis in jou lewe.
Met liefde en waardering

Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.
Laai Sondag se liturgie hier af: 7 April 2019
.
“The very first Easter taught us this:
that life never ends and love never dies.”
― Kate McGahan ―
STAD: 8 April 2019 @ 19:30
KOLPING: 4 April 2019 @ 19:30
Ons lees hierdie jaar Rob Bell se boek:
"What We Talk About When We Talk About God"
[bring steeds jou ACIM boek saam]
