Isolasie en Transformasie IX

14/06/2020

14 Junie 2020

Een ding wat opvallend is in hierdie buitengewone tyd waarin ons leef, is om bewus te wees van hoeveel mense ons voor dagsê. Oral waar jy kom, agter maskers, is daar ʼn “Good morning” en, “Stay safe”. Ons groet mekaar op sypaadjies, in hysbakke, in winkels, en op ʼn promenade met wedersydse vriendelikheid.

There is a genuine kindness in the air. Iets wat ons êrens in ons gejaagdheid verloor het, en toe alles tot stilstand kom en ons nie ons vriende en familie kon sien nie, het ons dit weer in ʼn vreemdeling gevind. Dit is iets om voor dankbaar te wees. Mag ons dit nie verloor nie.

Ons is deur só baie die laaste 100 dae. Eers die skok en toe die ontkenning, gevolg deur blame-shifting en woede. Almal was dit eens dat die President se aankondiging oor die reëls en regulasies ten opsigte van inperking die regte besluit was. Toe die ongemak van net by die huis sit, en op jou hoede wees as jy moet gaan inkopies doen eers begin insak het, het die kriewelrigheid begin en kort daarna het die enamel begin afdop. Vroeër jare kon jy net op jou eie puinhoop jou opinie en kritiek pak maar deesdae doen mense dit op sosiale media waar almal die hoogte en diepte, die geur en kleur van jou mishoop kan ruik, sien, en hoor.

Dit is nie net die blatante rassisme en seksisme wat onder mense se duime oorborrel nie, maar die onkunde (ignorance) dat ons nie eers weet dat ons nie weet dat ʼn op- of aanmerking is rassisties nie. Waar jy met liefde iemand daarop wys, word daai hele mishoop op jou stoep afgelaai met ʼn lorrie van woede en (ont)lastering. Oornag verander die onkundige kundiges oor die coronavirus in kundige onkundiges oor rassisme wat wêreldwyd die laaste week gesug het, “I can’t breathe!”

Op iemand se Facebook lees ek toe dié waarheid:

As my vrou na my kom en in droefheid vra, “Is jy lief vir my?”, en ek antwoord, “Ek is lief vir almal” is dit waar, maar ook hard en gevoelloos. As ʼn vriend na my kom en ontsteld sê, “My pa is oorlede”, en ek antwoord, “Almal se ouers sterf” is dit waar, maar ook pynlik wreed. As ʼn kollega na my kom en sê, “Ek het my werk verloor”, en ek antwoord, “Baie mense verloor hulle werk”, is dit waar, maar harteloos. So, wanneer iemand sê, “Black lives matter”, en ons reaksie is, “All lives matter”, is it also truthful. But it’s also hurtful and cruel in the moment.

“Attitude is a choice. Happiness is a choice. Optimism is a choice. Kindness is a choice. Giving is a choice. Respect is a choice. Whatever choice you make makes you. Choose wisely.” — skryf Roy T. Bennett in sy boek, The Light in the Heart.

Dit gaan nie vandag oor die implikasies en konsekwensies van rassisme waarvan die meeste blankes (myself ingesluit) géén benul het nie, maar wel oor die KEUSE wat ons maak vir liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid (kindness), goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, en selfbeheersing.

Baie van ons fisiese ‘keuses’ is die laaste 100 dae ingeperk. Baie dinge wat ons vanselfsprekend aanvaar het, het verdamp agter ʼn masker van onsekerheid en beswaar. Maar ons het, soos al ʼn duisend keer gesê, die krag en mag om te BESLUIT hoe ons gaan reageer ... en hoe ons reageer, het drie belangrike komponente: eerstens, BE KIND; tweedens, BE KIND; en derdens, BE KIND.

“Treat everyone with politeness and kindness, not because they are nice, but because you are.” — skryf Roy Bennett verder en sluit dan af met, “A random act of kindness, no matter how small, can make a tremendous impact on someone else's life.”

♥ Daar is ʼn GROOT verskil tussen empatie en simpatie. ASSEBLIEF kyk na hierdie drie minute van Brené Brown wat dit die heel beste verduidelik — https://www.youtube.com/watch?v=1Evwgu369Jw

Kom ons vra dat ons met ons intensies, gedagtes, aksies-en-reaksie, in elke oomblik sal kies vir KINDNESS. Môre vra ons weer! Kom ons wees onvoorwaardelik in ons gee en omgee vir mense om ons ... not because of who they are and what they do in return, but because of who you are.

Die somtotaal van ons insig (waarheid) en uitsig (wysheid) word gereflekteer in ons KINDNESS.

Maak dit vandag jou in- en uitasem, jou luister en hoor, jou kyk en sien, jou voel en bedoel.

Met liefde

YouTube-video's: Onthou ons weeklikse video's op YouTube ... daar is reeds 18 Episodes met woorde van hoop en bemoediging. Deel dit met vriende en familie: https://www.youtube.com/channel/UCBbZGoIlY3NhpEvxNDexGtw

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“Kindness is a language
which the deaf can hear
and the blind can see.”

― Mark Twain 

 

Neo-Spektrum Byeenkomste

Alle Neo-Spektrum byeenkomste
is opgeskort tot tyd en wyl
dit veilig is vir almal se gesondheid

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2026
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights