LITURGIE: 5_augustus_2018
ʼn Nuwe maand ... waar is die jaar so haastig heen op pad? Hoeveel nuwejaarsvoornemens kan ons aftik of hou net tot die skottelgoed van Oujaarsaand afgewas is? Hier is ons, vyf maande voor dié jaar omblaai en miskien wel tyd om vir ʼn oomblik stil te staan en te vra waar ons is; het ons gegroei; waar het ons verander; wat se verskil en bydrae het ons gemaak; hoe reis ons van hier af?
Op ʼn emosionele, en intellektuele vlak is dit miskien maklik om ʼn paar goed uit te wys as stroomversnellers die afgelope sewe maande maar hoe het ons spiritueel gegroei en wat was die oomblikke waar hemel en aarde aan mekaar geraak het in die wisselvloei tussen jou en God? Nog meer belangrik, hoe het hierdie verhouding ons gebring tot nuwe insigte wat ons interpersoonlike verhoudings (werk, huis, vriende, familie) verbeter en verdiep het? Sien jy die Divine Appointments and Interventions op die landkaart van die laaste sewe maande?
Ons gaan dié maand gesels oor — GOD MOVES IN MYSTERIOUS WAYS -- en om saam te val met Vrouedag gaan ons Sondag gesels oor 3 vroue wat ʼn kardinale rol gespeel het in die voortbestaan van die Israeliete. Wanneer ʼn mens deur die Ou Testament blaai en begin om die vroue te onderstreep, besef ʼn mens gou hoe NIKS wat ons vandag ken as die Bybel tot stand sou kom as dit nie was vir die rol en plek van menigte vroue nie — en ek bedoel nie die realiteit dat elke man uit ʼn vrou gebore is nie maar eerder die fundamentele aandeel wat vroue gehad het in die oorlewing en identiteit van die Joodse volk. Nog meer ironies is die feit dat weinig van hierdie vroue van Joodse herkoms was. Die naelstring van die Israeliete is gevleg in feitlik elke volk, kultuur, stam, en tradisie waarmee die Israeliete in aanraking gekom het.
In die raamwerk van die Bybel was ʼn vrou ʼn broeikas met geen aandeel in die geboorteproses nie ... women were incubators and not pro-creators ... daarom het mans geglo dat hulle en hulle alleen dra die gene van die geslagte voor en na hulle. Verder was dit mans wat die stories van mans oorvertel het aan mans wat binne die patriargale sisteme min erkenning aan vroue gegee het. Tot ʼn mens begin oplees oor wie hierdie vroue was wat geboorte gegee het aan die kinders van Israel. Gou sal jy besef dat in meer as een opsig was dit die vroue wat sou bepaal wat die klank, kleur en konteks sou wees van die Joodse identiteit. Die mans sou dit vorm gee, maar die vroue sou die inhoud kleur. Die mans sou die musiek skryf, maar dit was vroue wat die spreekwoordelike instrumente was waardeur die melodieë sou resoneer.
Die stamvaders, Abraham, Isak en Jakob was almal getroud met familielede (so much for the prohibition of incest) en al drie se vroue se spore loop terug na die landstreek waar Abraham vandaan gekom het naamlik Ur, in die hart van die destydse Sumeriese Koninkryk. Abraham se twee concubines was Hagar, ʼn Egiptiese slavin by wie hy ʼn kind gehad het en Ketura, ʼn Midianitiese meisie by wie hy ses kinders gehad het. Maar dis Jakob se seun Josef se vrou wat die eerste op ons lys is vir Sondag se gesprek naamlik ASENAT. Sy was die dogter van Potipherah, ʼn priester van Heliopolis. Asenat (beteken: ‘gift from Ra’) was blou-bloed Egiptiese aristokrasie en word deur die Farao aan Josef (sy Egiptiese naam was Zaphenath-Paneah) gegee as vrou. Josef sou homself onderskei as ʼn intelligente man wat drome kon interpreteer. Danksy Josef se vrou sou hy bevorder word tot tweede in bevel onder die Farao en saam sou Josef en Asenat regeer vir 48 jaar as Viziers of Egypt. Hul twee seuns, Manasse en Ephraim is dan ook stamvaders van die Israeliete.
Die tweede vrou wat ons gaan bespreek is die Moabitiese meisie met die naam RUT. Ons almal ken haar storie, of doen ons? Haar skoonma Naomi verloor haar man en twee seuns in ʼn kort bestek van tyd. Sy besluit om terug te gaan na haar mense in Israel en vra haar twee skoondogters, Rut en Orpa, om na hul families terug te gaan. Rut sê dat sy gaan waar Naomi ook al gaan en Orpa gaan terug na Moab. So ontmoet Rut (beteken: Companion) ʼn familielid van Naomi met die naam Boas en na ʼn aand van verleiding trou Rut met Boas en die seuntjie wat gebore word se naam is Obed wat die oupagrootjie was van Dawid wie se bloedlyn loop deur ʼn Moabitiese vrou wat die simbool van vrugbaarheid en matriarg van Bethlehem (huis van brood) was.
Die derde vrou is ESTER (beteken: Ster) en die enigste boek in die Bybel waar die woord ‘God’ nie eenkeer voorkom nie. Sy is ʼn weeskind wat van haar ouers geskei is by die grens (klink dit bekend?) in die Persiese Koninkryk van koning Ahasveros. Vir die eerste keer in die geskiedenis lees ons van ʼn ‘skoonheidskompetisie’ toe die koning soek na ʼn nuwe koningin nadat hy sy geliefde Vasti verban en nie sy eie wet kon herroep het nie. Ester was lieflik en word gekies vir die koning se harem waar sy vir ʼn jaar lank voorberei is om voor die koning te verskyn. Hy is opslag verlief op haar en word sy die koningin van Persië. Sy plaas haar eie lewe in gevaar om eers ʼn plan om die koning te vermoor en toe ʼn beplande moord op die Jode te ontmasker. Ester word in die anale van die Joodse geskiedenis onthou as die Redder van die Volk, die Moeder van Bevryding.
Wat het Asenat (gift), Rut (companion), en Ester (star) ingemeen? God does extraordinary things through ordinary people. In die Misterie van God is alles in perfekte balans. In elke aspek van ons lewe, op verskillende maniere breek die Liefde van God deur en ervaar ons God se teenwoordigheid as generous, considerate, selfless, benevolent, inspiring, understanding, loving, accepting, kind, and compassionate. Ongeag ons verlede, ons agtergrond, ons foute en wonde is jy ʼn GESKENK, ʼn REISGENOOT, ʼn STER … die vraag is: will you allow God to move you beyond the ordinary?
GROOT ASSEBLIEF versprei die kennisgewing vir 4 Augustus aan al jou vriende en familie:
SPIRITUALITEIT KONFERENSIE 2018: Bespreek so gou as moontlik by Lourita — registrasies.neospektrum@gmail.com of 071.579.45.39 vir ons jaarlikse Spiritualiteit Konferensie saam met Dr Jurie van der Heever (Evolusie en die Bybel); Dr Piet Naudé (Evolusie en Besigheidsetiek); en Dr Willie Koen (Evolusie en die Geneeskunde). Bring vriende en familie saam op 4 Augustus van 9am-1pm by SANLAM HOOFKANTOOR se ouditorium teen slegs R200 pp.
GEDAGTE VIR DIE WEEK“The way you discover your gifts
is really by serving not by searching.”
― Martin Luther King ―
A COURSE IN MIRACLES
— Kolping: 2 Augustus @ 19h30 --
— Stad: 6 Augustus @ 19h30 --
[Lees asseblief elke dag 'n stukkie uit ACIM]
