“My faith demands that I do
whatever I can, wherever I am,
whenever I can, for as long as I can
with whatever I have
to try to make a difference.”
― President Jimmy Carter
♦ Laat my begin deur uit die diepte van my hart vir elkeen van julle ʼn Gesonde en Geseënde 2021 toe te wens —
Ek blaai terug na ʼn jaar gelede en waar ons 2020 begin het met: “Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn 'n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring.” (Jesaja 43:18-19)
Ek lees die vraag wat aan die begin van 2020 gevra is: hoe gaan ons dié jaar beweeg — from ‘consumption’ to ‘compassion’; from ‘bitter’ to ‘better’; from a ‘worrier’ to a ‘warrior’, from ‘striving’ to ‘thriving’? terwyl die ewige waarheid ons herinner: our lives are shaped by the actions that we take.
Min het ons geweet hoe 2020 gaan ontvou … en hier staan ons aan die begin van 2021 — !!
Wat het ons in 2020 geleer wat ons kan saamvat vir ons Nuwe Jaar?
Ons het geleer dat ons meer vindingryk is as wat ons besef. Ons het weereens besef dat moeilike tye openbaar die waarheid van wie ons werklik is … ons het besef wat is ‘essensieel’ en kon nader aan onsself staan met ʼn diepere verstaan wie ek is, waar ek vandaan kom, en waarheen ek op pad is.
Ons was verplig om stadiger te beweeg, meer bewustelik en aandagtig te lewe. Die waarde van ‘stiltetyd’ is weer herontdek en hoe meer ons hierdie eie-tyd gebruik en ontgin het, hoe duideliker kon ons weer die Stem aan die binnekant hoor.
Ons hanteringsmeganismes (coping mechanisms) kon nie langer afhang van eksterne ervarings nie en moes ons diep delf om te besef dat happiness kom van buite en joy kom van binne. Ons het opnuut besef dat elke liewe emosie (reaksie) lê volledig in mý hande. Niemand kan my laat voel soos ek voel nie en ek moet verantwoordelikheid aanvaar vir elke emosie (reaksie) wat ek ervaar.
Ons MVPs (most valuable people) in die samelewing is hulle in die gesondheidsorg (versorgers, verpleegkundiges, dokters, en hulle in die geestesgesondheid sfeer) … en daarby het ons besef wat die waarde en betekenis van onderwysers is toe ons self moes uitspring en help met home-schooling. Ons opvoedkundiges is waarlik die engele van ons kinders.
DÍT is die lesse van die jaar wat verby is. DÍT is die broodjies wat ek pak vir ons reis vorentoe.
Hopelik kan ons binnekort weer begin met ons Dienste en Gespreksgroepe. Intussen is dit my vriendelike maar dringende versoek dat ons steeds uiters versigtig sal wees en nie hierdie Kroonpespandemie ligtelik sal opneem nie. Bly tuis, hou afstand, was jou hande, en in hemelsnaam, dra jou masker!
Die laaste woord behoort aan Edith Lovejoy Pierce —
“We will open the book. Its pages are blank. We are going to put words on them ourselves. The book is called Opportunity and its first chapter is New Year's Day.”
Met liefde en mooiste wense Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.

'n Paar belangrike skakels om te besoek: Ons Somerfees en foto's, ons Sirkelflitse en Jaarprogram vir 2021, asook ons YouTube video's met nuwe Episode 40
“For last year's words belong to last year's language
And next year's words await another voice.
And to make an end is to make a beginning.”
― T.S. Eliot, Four Quartets ―
Ons Sondae eredienste is voorlopig opgeskort
volgens reëls en regulasies van Vlak 3
Ons hou julle op hoogte
wanneer ons weer hervat
