Tema-Argief

20/05/2012
20 Mei 2012

Hierdie week se liturgie: 20_mei_2012 As daar een aspek van menswees is wat die meeste verander, is dit verandering self. Die enigste dilemma is dat die mens nie kan byhou met al die verandering nie want hoe verander jy jouself? Dis maklik om wysvingerig verandering op te eis of wysneuserig verandering uit te wys maar […]

13/05/2012
13 Mei 2012

Hierdie week se liturgie: 13_mei_2012 Daar is op Sosiale Media blaaie van tyd tot tyd enorme debatte oor die bestaan van God. Die “God” van die Bybel wat moord en slawerny; vrees en straf beveel en as raamwerk gebruik word om felle kritiek uit te spreek asof ons steeds in ʼn Ou Testamentiese wêreld leef. […]

06/05/2012
6 Mei 2012

Hierdie week se liturgie: 6_mei_2012 En skielik is dit Mei. Ek lê gisteraand en soek iets in ʼn ou dagboek en kom af op dié aanhaling wat ek êrens afgeskryf het uit die Zohar (van die Kabbalah): “Follow the Light back to before before and after. Back to nothing and nowhere, and find me there […]

29/04/2012
29 April 2012

Hierdie week se liturgie: 29_april_2012 Vir die laaste maand het ons elke Sondag gesels oor wonderwerke. Ons het gekyk en gesien, geluister en gehoor, (h)erken en verken wat ons verstaan en beleef as wonderwerke sonder om dit te wil verklaar of te verduidelik. Een ding het telkemale uitgestaan en dit is die feit dat in […]

22/04/2012
22 April 2012

Hierdie week se liturgie: 22_april_2012 Soos wat ek sit en voorberei vir A Course in Miracles (ACIM) en deur ʼn magdom artikels lees en deur boeke blaai, besef ek hoe verlydelik is woorde. Ons lees dit, dink dit, praat dit en skryf dit om informasie bymekaar te maak en oor te dra en soos wat […]

15/04/2012
15 April 2012

Hierdie week se liturgie: 15_april_2012 Ons gesels hierdie maand oor ‘WONDERWERKE’ en hoe om dit elke dag in elke opsig van ons lewe te ervaar. Ons almal het van tyd tot tyd ʼn verwagting dat ʼn wonderwerk in ons lewe sal plaasvind, hetsy dit is met iets wat ons wil hê of vra om te […]

08/04/2012
8 April 2012

Hierdie week se liturgie: 8_april_2012 So op die vooraand van die Volmaan op Goeie Vrydag en met Paasfees op Sondag, is dit vir baie mense seker net nóg ʼn langnaweek. Vir die meeste Christene is dit die allerheiligste naweek. Wat Yom Kippur (dag van versoening) vir die Jode is, is Paasfees vir Christene. Dit is die fees van […]

01/04/2012
1 April 2012

Hierdie week se liturgie: 1_april_2012 Eintlik moet ek sê “goeienaand” want dis êrens voor middernag (as die lang arm op die korte lê en vandag word gister) as ek hier sit en skryf ... dis windstil en ʼn perfekte herfsaand. Dis sulke aande wat ek op die stoep staan en oor die stad kyk na […]

25/03/2012
25 Maart 2012

Hierdie week se liturgie: 25_maart_2012 Alhoewel Menseregtedag wêreldwyd op 10 Desember gevier word, is dit in Suid Afrika op 21 Maart as ʼn herinnering van die Sharpeville Menseslagting op 21 Maart 1960. Dit is ʼn dag wat in bloed geskryf staan dat ALMAL in hierdie land die reg het om menswaardig behandel te word. Dit […]

18/03/2012
18 Maart 2012

Hierdie week se liturgie: 18_maart_2012 Dit was voorwaar ʼn week wat die hele konsep van GEDULD tot die uiterste beproef (én verdroef) het. Vier dae sonder Internet; ure en ure aanhou vir Telkom; van die een persoon na die ander deurgesit te word met niemand wat weet wat die probleem is en wanneer dit opgelos […]

11/03/2012
11 Maart 2012

Hierdie week se liturgie: 11_maart_2012 Dagsê — Sondag sak derduisende fietsryers op Kaapstad toe. Met dissipline hard geoefen vir die Argus. Baie ure, sweet en moeite ingesit om kompeterend die resies te voltooi. Mens kan nie anders as om te wonder hoe die wêreld in die algemeen en ons land in besonder sou lyk as […]

04/03/2012
4 Maart 2012

Hierdie week se liturgie: 4_mrt_2012 Goeiemore op hierdie skrikkeldag —  Op die laaste dag van Februarie is ons in die ekstra dag van ʼn jaar met 366 dae. Dis ʼn bonus! Skrikkeljaar het altyd ʼn klomp verrassings wat saam met ʼn jaar kom wat ʼn ekstra dag het: daar is natuurlik die Olimpiese Spele en […]

26/02/2012
26 Februarie 2012

Hierdie week se liturgie: 26_feb_2012 So tussen die dae wat later lig word en saans wat vroeër skadu’s trek met ʼn koeligheid in die aandlug lê daar ʼn belofte van ʼn nuwe seisoen in die sirkelgang van lewe, sterf, wedergeboorte wat haar ewigdurende siklus loop. Vir die mens is dit net nóg ʼn seisoen wat […]

19/02/2012
19 Februarie 2012

Hierdie week se liturgie: 19_feb_2012 Daar is die laaste week so koel bries in die lug asof die natuur wil sê: ʼn nuwe seisoen is op pad. Elke dag word dit later lig en vroeër donker. Die lig hierdie tyd van die jaar is ook sagter en dit is asof skemer vir langer oor die […]

12/02/2012
12 Februarie 2012

Hierdie week se liturgie: 12_feb_2012 Goeiemore aan almal — Eerstens, baie dankie vir ʼn wonderlike byeenkoms laas Sondag! Met soveel mense wat gelyk asem was die atmosfeer aanvoelbaar ‘heilig’ omdat elkeen daar ʼn koelteboom was in die son ☼ Ons son. Daai ster wat een van biljoene sterre in die heelal is. Ons sug miskien […]

05/02/2012
5 Februarie 2012

Hierdie week se liturgie: 5_feb_2012 Goeiemore aan almal — Die mens is nou maar eenmaal ʼn eienaardige wese. Ons glo ons het ʼn ‘vrye wil’ maar weet nie wat ons wil nie en as ons weet wat, weet ons nie hoe nie, en selfs al weet ons hoe, doen ons nie wat ons sê nie. […]

29/01/2012
29 Januarie 2012

Hierdie week se liturgie: 29_jan_2012 Voorwaar ʼn GOEIE-dag aan elkeen — ... vandag is hierdie pa sommer in ʼn uitbundige bui want die Graad 8 seuns in die koshuis op Grey het hul fone gisteraand teruggekry en kon ons met mekaar praat. Dit is darem net só verligting om jou kind se stem te hoor en hoor […]

22/01/2012
22 Januarie 2012

Hierdie week se liturgie: 22_jan_2012 Dis ʼn bietjie vroeër as gewoonlik — ... maar ʼn goeiemiddag aan almal. Die rede vir die vroeë skrywe is omrede ek vanmiddag die langpad vat Bloemfontein toe om my seun af te sien waar hy begin met Hoërskool. Dis met trots maar ook ʼn swaar seer hart dat ons […]

15/01/2012
15 Januarie 2012

Hierdie week se liturgie: 15_jan_2012 Feitlik elke week word daar geblaai deur ‘quotes’ in boeke en internet opsoek na ʼn aanhaling of twee wat ʼn idee of konsep verwoord. Daagliks word lyne in artikels en boeke langs my bed onderstreep en gemerk met verskeie simbole, elkeen met hul eie betekenis ... byvoorbeeld, musieknote ♪♫ beteken: lees meer […]

08/01/2012
8 Januarie 2012

Hierdie week se liturgie: 8_jan_2012 Die nuwe jaar is hier – sommer so, só sommer só! ʼn Nuwe jaar propvol geleenthede en die potensiaal om nuwe spore op die strand te trap en groter sandkastele te bou. Dit te waag om ons eie spore te trap waar ons voorheen versigtig liefs in ander (bekende) spore […]

25/12/2011
25 Desember 2011

Hierdie week se liturgie: 25_des_2011 Die laaste Sondag van die jaar breek aan. Die laaste eerste dag van die week. Baie sug seker “Uiteindelik!” en ander roep uit “Heerlik!” – die jaar is verby en Kersfees lê haar geskenke onder ons boom. Vir die meeste mense is dit ʼn tyd van rus en vakansie hou […]

18/12/2011
18 Desember 2011

Hierdie week se liturgie: 18_des_2011 “Stippel-stippel reën, reën dit alweer” – Mens weet nie meer of dit ‘global warming’ of ‘global cooling’ is nie want die weer is vreemd vir dié tyd van die jaar. Nie dat ek kla oor die reën nie want om een of ander rede kry ek kreatief meer gedoen as […]

11/12/2011
11 Desember 2011

Hierdie week se liturgie: 11_des_2011 Bietjie later as gewoonlik omrede ek vir die week in Johannesburg was vir werk en waar ek gewoon het, was daar nie Internet toegang nie behalwe via my foon (raar maar waar ... ;-)) Siende dat Desember ʼn maand is van rus, vakansie, Kersfees en die jaar agter ons sit, […]

04/12/2011
4 Desember 2011

Hierdie week se liturgie: 4_des_2011 Ons stap van die 11de na die 12de maand. Oor ʼn paar weke van 2011 ... na 2012. Desember is ʼn maand van GEE! Ons neem verlof om vir onsself rus en aan ons Self berusting te gee. Ons gaan met vakansie saam met familie en vriende en gee tyd vir mekaar. […]

27/11/2011
27 November 2011

Hierdie week se liturgie: 27_nov_2011 Dit is haas onmoontlik om te glo daar is net VYF Sondae oor van dié jaar! Uitasem wonder ʼn mens waar die ander heen is want dit voel soos gister toe ons met ʼn diep asemteug die jaar bestorm het en was dit nie vir Sondae se asemskep nie, het ons seker […]

20/11/2011
20 November 2011

Hierdie week se liturgie: 20_nov_2011 Waar was jy Sondag 20 November 2005? Waar sal jy wees op Sondag 20 November 2022? Beide se antwoord is seer sekerlik “GÉÉN idee!” – dit was die vorige keer wat dié datum op ʼn Sondag was en eers weer sal wees. Een ding kan jy verseker weet: dit sal nooit weer […]

13/11/2011
13 November 2011

As daar één ding is wat ons almal wil hê, is dit meer ‘tyd’ ... en sê nou jou wens word vervul en jy kry ʼn ekstra uur per dag, wat sal jy daarmee doen of sal ons dit gebruik om te top en te wonder oor die ander goed wat ons wil hê? Eintlik […]

06/11/2011
6 November 2011

Hierdie week se liturgie: 6_nov_2011 Dis ʼn NUWE maand en reeds die tweede dag van die tweedelaaste maand van die jaar! Dis net ʼn kwessie van ‘tyd’ dan is die jaar verby en hoop ons om weer van voor te begin met ʼn handvol Nuwejaarsvoornemens. Interessant dat die top 4 voornemens wat mense het, is: (1) meer […]

30/10/2011
30 Oktober 2011

Hierdie week se liturgie: 30_okt_2011 Dit was inderdaad ʼn maand wat ʼn nuwe seisoen met oorvol, oorloop, oorgenoeg seëninge gebring het. Die goeie dae was toe ons onthou het dat alles verander en dat ons altyd ʼn keuse het hoe ons gaan reageer op dit wat gebeur. Die beter dae was toe ons nie vergeet het waar ons vandaan […]

1 11 12 13

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights