Neo-Spektrum is ‘n onafhanklike spirituele gemeenskap wat ons Christelike tradisie op ‘n moderne en gesofistikeerde manier eer en bestudeer. As mense wat leef in die 21ste eeu wil ons ʼn Godsbeskouing verken wat sonder vorm, dimensie of definisie is. Ons verhouding met God moet relevant en betekenisvol wees vir die tyd waarin ons leef, en ons ervaring daarvan moet sinvol, dinamies, toepaslik en soepel wees.
NEO – ʼn Nuwe Ekumeniese Oopgesprek wat nuut, herlewend en veranderend wil dink en funksioneer.
Spektrum – ʼn sirkel waarvan die middelpunt oral en die omtrek allesinsluitend is.
NEO-SPEKTRUM FUNKSIONEER OP DIE BEGINSELS VAN ʼN WYSHEIDSIRKEL:
Neo-Spektrum se hoofdoelwitte is spirituele leiding en berading, asook die deel van die Christelike waardes van onvoorwaardelike liefde, vergifnis, empatie en barmhartigheid (compassion). Gemeenskapsdiens en hulp aan minderbevoorregtes in ons omgewing is ‘n onontbeerlike aspek hiervan – om hierdie belangrike rol te vervul, is Neo-Spektrum as niewinsgewende organisasie (NPO) asook as openbare weldaadsorganisasie (PBO) geregistreer.
Neo-Spektrum het ten doel om spirituele groei en ontwikkeling te stimuleer – veral in ons hedendaagse tye wanneer mense soekend is na ‘n nuwe en betekenisvolle verhouding met God. Ons wil mensliewendheid herstel in ‘n verbrokkelde wereld. Ons wil ook ons medemenslikheid toon deur die omstandighede van mense in sosiaal- en ekonomies benadeelde gemeenskappe te verbeter.
Neo-Spektrum bied onder meer die volgende aan:
Vir aanwysings na Kolping Kapel, klik hier.
As geregistreerde nie-winsgewende organisasie (NPO) en openbare weldaadsorganisasie (PBO), is hulpverlening aan benadeelde gemeenskappe vir Neo-Spektrum ‘n topprioriteit. Ons wil egter nie slegs finansiële bydraes lewer nie – om volhoubaarheid te verseker, wil ons aktief betrokke raak. Neo-Spektrum sluit dus vennootskappe met ander hoog-aangeskrewe nie-winsgewende organisasies om sodanige bystand te verleen. Ons lede raak ook dikwels self as vrywilligers betrokke om ons inisiatiewe te ondersteun.
Klik hier vir meer inligting oor ons gemeenskapsprojekte
Klik hier vir meer inligting oor kwartaallikse gebeure
Annelize vd Linde (Voorsitter)
Liza-Mari du Plessis (Sekretaris)
Edward Smuts (Tesourier)
Terblanche Jordaan (ex-officio)
Treska Botha
Nico Botha
Johan Muller
Theuns Moolman
Annelize vd Linde
Edward Smuts
Terblanche Jordaan