INTROSPEKSIE – Van Spyt na Insig III

17/06/2026

Potgooi:

 

“If not now, when? If not here, where? If not me, who?"
— 
Joodse Gesegde 

Ons sit ons gesprek voort oor: Spyt bring Insig. Vandag staan ons stil by die boek ‘The Top Five Regrets of the Dying’ geskryf deur Bronnie Ware.

Vir meer as ʼn dekade het sy as Palliatiewe Versorger by mense gesit in die laaste weke van hul lewe. Langs hospitaalbeddens en in Hospice kamers het sy hulle wat sterwend is se hande vasgehou.

Wat sy oor en oor, van oud of jonk, en verskillende agtergronde gehoor het, was dieselfde spyt en naberou. Om jou eie sterflikheid in die oë te kyk, bring ʼn diep besef wat regtig saak maak en alles wat onbelangrik is, verdamp. Voorgee verdwyn, status word irrelevant, en die stories wat ons onsself vertel van wat nodig is om te oorleef, verdwyn soos mis voor die son.

Wat bly oor? Nie spreadsheets of trofees of nog ʼn foto op FB nie maar nakend eerlik, amper heilige vrae:

  • Het ek tot op die bodem van my menswees liefgehad?
  • Het ek eerlik met myself en ander geleef?
  • Het ek met vervulling my lewensdoel bereik?
  • Het ek bewustelik en oplettend geleef of was ek te besig met my móét-doene?

My eie ervaring van meer as 30 jaar se doodsbegeleiding stem presies ooreen met haar bevindings. Niemand — niemand, het nog ooit gesê dat hul wens hulle het meer geld of 'n groter huis gehad, of was meer suksesvol nie. Wat ek wel gesien het, was verdriet oor ʼn onvervulde lewe. Berou dat nooit gesê is waarna hul regtig verlang het, en nie meer teenwoordig was vir hul kinders en man/vrou nie.

Dit alleen is genoeg rede om ons SPYT met meer respek te behandel. Om op te hou om onsself te kruisig tussen skuldgevoel oor gister en vrees oor môre. Om te sien dat SPYT nie ʼn teken van swakheid is nie, maar ʼn teken dat ons nog voel, bereid is om te leer, en besef wat regtig belangrik is. Dit beteken jy het ʼn geleentheid om nou dat jy dit weet, dit wel te doen — terwyl daar nog tyd is.

Hier is die gevolgtrekking waartoe Bronnie Ware kom in haar, ‘Five Great Regrets’ —

1. “I wish I’d had the courage to live a life true to myself, not the life others expected of me.”

Volgens haar is dit die grootste en mees algemene spyt wat sy waargeneem het. Dit sê NIE: “Ek wens ek het harder gewerk,” of “Ek wens mense het my meer aanvaar,” nie. Dit sê: “Ek wens ek het my eie lewe geleef.”

Dit gaan oor hoe ons onsself verloor langs die pad. Dit is nie een oggend, skielik, wat ons ons siel verloën nie. Dit lê in daardie duisend en een oomblikke waar ons uitstel. Ons word wat ‘ander verwag’; ons word ons verantwoordelikhede en verpligtinge… en op 50 weet ons nie eers meer wie ons is nie.

2. “I wish I hadn’t worked so hard.”

Let wel, dit sê nie dat hul spyt is oor hul werk nie. Hulle is nie spyt oor die diens, bydrae, inisiatief en kreatiwiteit wat hul gelewer het nie. Waaroor hul spyt is, is die wanbalans — die stadige, onsigbare oplos van jou lewe in jou werk.

Ons samelewing is obsessief oor ambisie en prestasie — we have become human doings en het vergeet, we are human beings. Ons BESIG onsself in die maalstroom van altyd soek na MEER uit vrees ons gaan uitmis.

Maak geen fout nie — werk is belangrik, om te voorsien is belangrik, maar om ʼn betekenisvolle lewe te hê, is belangriker.

3. “I wish I’d had the courage to express my feelings.”

Hoeveel mense leef in hul koppe? We overthink everything — jaag spoke op wat daar nie is nie en gaan haal bobbejane agter die berg oor goed wat nooit manifesteer nie?

Die somtotaal van ons emosies kan opgesom word met: Mad. Glad. Sad. Ons het nie ʼn idee wat of hoe ons voel nie. Van kleinsaf gehoor dat ʼn mens nie praat oor jou emosies nie en daarom het ons nooit geleer om te sê:

  • Ek was verkeerd, vergewe my.
  • As jy dít doen, maak dit my regtig seer.
  • Ek is lief vir jou, moenie vergeet om te onthou nie.

Hoe baie het ek dit al gehoor: “As ek net gesê het hoe ek VOEL…”

4. “I wish I had stayed in touch with my friends.”

In ons malle gejaag, is vriendskappe die eerste ding wat in die slag bly. Dit is nie ons intensie nie, maar tussen werk, kinders, finansiële verpligtinge, en take in om die huis, is vriendskappe nie ʼn prioriteit nie. Ons dink: “Ek sal volgende week bel,” of daai goedkoop belofte: “Ons moet bymekaar uitkom.”

Vriendskappe is nie ʼn as-ek-tyd-het nie, dit is voedsel vir die siel. Bronnie Ware het gesien dat mense onthou tyd met vriende meer as promosies, etes met geliefdes om ʼn tafel van genoeglikheid meer as prestasies.

5. “I wish I had let myself be happier.”

Ons dink, om gelukkig te wees hang af van omstandighede. Ons wag dat dit met ons gebeur — as ek suksesvol is, as ek afgetree het, op daardie droom vakansie gaan, my kinders uit die huis is, DÁN sal ek gelukkig wees.

In jou laaste dae sal jy besef dat VREUGDE het nie jou permissie nodig gehad nie. Die vervoering en verwondering oor die buitengewone in die gewonigheid van elke dag was meer as genoeg om met dankbaarheid net… wel, HAPPY te wees.

“Many did not realise until the end that happiness is a choice.” — Bronnie Ware

Miskien beteken dit in ander woorde: om meer TEVREDE te kon wees sodat ʼn diep vreugde van binne kon oorloop. Nie omdat als perfek is nie, maar omdat ons teenwoordig is, en wat waarde toevoeg in ons rugsak pak vir ons lewensreis.

In die wysheid van jou laaste asem, sal die enigste vraag wees: Het ek werklik geleef? Het ek liefgehad? Het ek opgelet hoe mooi die wêreld regtig is?

Miskien lê die antwoord nie in ʼn ‘eendag’ nie — dalk begin dit vandag met ʼn sagte, maar duidelike: Jy is nog hier. Jy hét nog asem. Jy kán nog kies. Leef terwyl jy lewe.

“If not now, when?
If not here, where?
If not me, who?"

Soos altyd.

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“Relationships nourish the soul more than achievements.”
―  Bronnie Ware 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2026
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights