INTROSPEKSIE – Van Vrees na Vrede III

Potgooi:

 

“Our spiritual journeys are not about leaving the world behind. They are about finding God in the middle of it — in the dishes, the traffic, the late-night worry.”
— Barbara Brown Taylor —

Sondagaand het ʼn groot boom omgeval by die huis net buite die kraal van ons kompleks — ʼn groot gat dwarsdeur die muur, net ʼn entjie van my voordeur af.

Toe ek na die bome in my tuin kyk, wat dapper en sterk staan, het ek net weer besef: as jy buigsaam is in die wind dan bly jy staan, maar as jy hardvogtig teen die wind wil baklei, gaan jy breek en ʼn klomp goed daarmee saam.

Dit bring ons by ons derde aflewering oor — Van VREES na VREDE.

Ons leef in ʼn wêreld van oorloë, ekonomiese onstabiliteit, politieke korrupsie, angs oor die klimaat, informasie bombardering, en emosionele uitbranding. Ons is digitaal meer as ooit met mekaar verbind, maar aan die binnekant voel ons leeg, oorweldig, emosioneel verrinneweer, meer eensaam as ooit vantevore, en totaal en al disconnected van onsself, ander om ons, en met God.

Ons het ʼn atmosfeer geskep waar ons permanent in vrees is en toelaat dat vrees (nie geloof nie) vir ons besluit hoe ons gaan reageer op dinge wat met ons gebeur.

Dan lees ek weer die woorde van Jesaja 43:1-2 

“Moenie vrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by naam geroep, jy behoort aan My. Wanneer jy deur die water gaan, sal Ek met jou wees; en deur die strome sal hulle jou nie wegspoel nie; wanneer jy deur die vuur loop, sal jy nie verbrand word nie, en die vlamme sal jou nie verteer nie.”

Die profeet sê nie, “As jy letterlik in vlamme staan, sal niks fisies gebeur nie. As jy in 'n stroom beland, sal jy nie verdrink nie.” Wat hy sê, het ʼn baie dieper waarheid.

Ons gaan soms deur ervarings wat ʼn verwoestende invloed op ons lewe het: dood, siekte, verraad, verlies — maar hierdie ervarings, belowe die profeet, sal nooit die laaste woord oor jou lewe hê nie.

Let op dat die teks nie sê, “As…” ons deur pyn en lyding gaan nie maar “Wanneer…” — dan sal ons God se teenwoordigheid in, en om, en by ons ervaar.

Almal van ons gaan van tyd tot tyd deur vuur en stormwaters. Goeie mense verdrink. Toegewyde mense sterf in vuur. Liefdevolle ouers verloor ʼn kind. Mense met die beste en mooiste intensies se huwelike misluk.

Die Water

In die antieke wêreld was water ʼn simbool van emosionele vloede van angs en twyfel aan die eenkant, maar aan die anderkant die bron van seëninge wat ons dors les en vrugbaarheid vir die grond bring.

Hoe baie het ons al verdrink in ons emosies? Ons hou skaars kop bo water in tye van verdriet, spanning by die werk, of intense hartseer as verhoudings breek.

Slapelose nagte met geen eetlus, loop ons soos ʼn zombie deur die huis — deurweek met gedagtes van teleurstelling, verwerping, en vrees.

Die Spirituele psigoterapie leer ons dat genesing begin wanneer ons ophou om teen die water te baklei, en leer om saam met die water te beweeg. Emosies word ondraaglik as ons dink: “Hierdie vrese gaan nooit verander nie!”

Dan moet ʼn mens stil gaan staan. Eerlik wees met jouself deur te vra: het hierdie vrese enige iets te doen met die werklikheid?

“Fear is always about what we think might happen, not what is happening.” — Chuck Spezzano

Ons word meegesleur deur vrees omdat dit voel ons verloor beheer en ons wil tog só graag van alles en almal in beheer wees. Water vloei… en dit móét vloei anders word dit brak.

Dan hoor ons weer die stem: “Ek sal met jou wees,” en God doen dit met die arms van iemand om jou skouers; ʼn sagte woord op presies die regte oomblik; ʼn Liefde wat fluister: jy hoef nie alleen sterk te wees, of dit alleen te dra nie.

Die Vuur

Vuur het ook ʼn dubbel simboliek: aan die eenkant verteer, verbrand, verwoes dit maar aan die anderkant louter, suiwer, en reinig dit. Dit kan vernietig maar ook gebruik word om kos te maak, hitte te verskaf, en te beskerm teen gevaar.

In ons lewe kom vuur in daai oomblikke van onvoorstelbare hartseer, konflik, verpletterde drome, of wanneer die ego met woede en vrees reageer.

Vuur is nie ʼn straf nie, maak nie saak hoe ook al jy jou kinders bang wil praat met die hel nie. Vuur is om verantwoordelikheid te vat vir ons vrees én ons vrede.

Hoe dikwels loop ons deur die vuur van illusies wat brand in die idee van wie ons móét wees, hoe die lewe móét lyk, en hoe ander mense móét optree.

Vrees laat ons vergeet wie ons werklik is. Ons begin glo ons is ons trauma, ons mislukkings, en verwar ons maskers met identiteit. Ons vergeet: ons is soveel meer as wat met ons gebeur.

Dan hoor ons, “Ek het jou op jou naam geroep.”

In die Joodse denke beteken ʼn naam meer as ʼn etiket. Dit beteken: “Ek ken jou wese. Ek sien jou diepste menswees.” Daarom vra ons hulle vir wie ons lief is, “Laat my naam veilig wees in jou mond.”

God beskerm ons nie VÁN pyn nie maar DÉÚR pyn. God vat nie die storms weg nie, maar beskerm my sodat my hart en siel nie vernietig word deur storms nie.

Hierdie beskerming is meer as dikwels: wysheid en compassion, uithouvermoë en onverklaarbare dapperheid, weiering om bitter te raak en die vermoë om op te staan en weer te begin.

Die vraag is nie: HOE vermy ek storms en vuur nie? Die vraag is: HOE beweeg ek hierdeur sonder om my waarde en betekenis te verloor as méns?

Dit lyk na iets wat die moeite werd is om Sondag in diepte te verken.

Soos altyd

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“Grace is the power that turns your deepest wounds into your greatest wisdom.”
― Oprah Winfrey 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2026
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights