Kersfees — Die Woord het Vlees geword

Potgooi:

 

God stepped into our mud to teach us how to walk on water.”
— Nadia Bolz-Weber 

Elke Desember, soos ons nader kom aan Kersfees, hoor ons die bekende vers wat sê, “Die Woord het Vlees geword” (Joh 1:14) wat eggo deur kerke, huise, liedere, en preke. Miskien het ons dit al só baie gehoor dat ons vergeet het wat dit beteken.

Hierdie enkele sin, wat 2000 jaar terug geskryf is, is nie net waar van Jesus nie maar in elkeen van ons se lewe.

‘Die Woord het Vlees geword’ gebeur elke dag deur die ganse kosmos in die geboorte van nog ʼn ster, en eerste asemteug van ʼn kind, in elke liefdevolle gebaar waar ons liefde kies bo vrees, vrede bo konflik, vergiffenis bo bitterheid en woede.

Die Woord het Vlees geword — omdat God nie net in die hart, siel, en gedagtes leef nie, maar juis sigbaar word in ons lywe se sien, proe, hoor, ruik, en voel.

Teoloë noem dit ‘inkarnasie.’ Sielkundiges noem dit ‘integrasie.’ Christen mystics noem dit die ‘integrasie’ (embodiment) van God.

Kersfees is die seisoen waar ons in die geboorte van Jesus ons eie geboorte in God vier. Ons word genoem, kinders van God in wie Hy ‘n welbehae het — ons is nou vlees wat Woord geword het.

In Richard Rohr se wonderlike boek, ‘The Universal Christ’ kom hy tot die gevolgtrekking dat Christus is nie net Jesus van Nasaret nie maar ʼn kosmiese realiteit wat alles deurweek in binnedring, en dan haal hy vir Paulus aan in Kolossense 3:11 — “Christus is die alles en in almal.”

Niks in die skepping is buite die teenwoordigheid van God nie. Die ganse heelal is ‘heilig’ — en hierin het Jesus, die Christus, die manifestasie geword van wat dit beteken om uit God gebore te wees en te leef as volledig mens: in liggaam, siel, verhoudings, weerloosheid, lyding, vreugde, en liefde!

Onthou ek weer John Shelby Spong se opmerking, as hy praat oor die ‘Woord wat vlees geword het’ as hy sê, “Live fully, love wastefully, and be all you can be.”

Hy verduidelik dit deur te sê —

“God is the Source of Life, the Source of Love, and the Source of Being, and the right response is to live fully. Life itself is sacred, and we worship God by embracing life, not by escaping or denying it.
Because God is the Source of Love, the right response is to love wastefully — that is, with abundance, generosity, and unconditionally.
Because God is the Source of Being, we are called to be all that we can be — to live with integrity, authenticity, and fulness of humanity, embracing our gifts, limitations, uniqueness, and diversity as sacred.”

Nou is die vraag: Hoe het God vlees geword in jou lewe hierdie jaar?

Dit vra nie een of ander teologiese antwoord, of dogmatiese verklaring nie — ek bedoel dit prakties, toepaslik in elke aspek van jou lewe elke dag.

Nêrens in die ou geskrifte lees ek van enige tradisie waar God ʼn idee geword het, of ʼn godsdiens nie — NEE, God het vlees geword! In die lag, hartseer, broosheid, vrese, en opstaan vir wat reg is, sien en hoor ons God in die boodskap en aksies van Jesus.

Dink jy regtig dat God dit minder is in jou? Glo jy dat God nie weet wat jou emosionele landskap inhoud en betekenis gee nie?

So, as ek vra wat het hierdie jaar waarde toegevoeg tot jou lewe; waar het God sigbaar geword in jou gedagtes, woorde, aksies en reaksies, dan wil ek hê jy moet mooi dink voor jy antwoord…

Wat het jou sagter, meer oplettend gemaak? Wat het jou sterker gemaak met meer uithou- en deursettingsvermoë?

Hier is ʼn paar aspekte van my lewe waar ek gegroei het hierdie jaar, miskien bring dit vir jou ʼn insig en verstaan waar 2025 vir JÓÚ ʼn bron van lewe, ʼn bron van liefde, en ʼn bron van bestaan geword het:

1. My woord vir dié jaar was, ABUNDANCE en meer as ooit was ek intens bewus van die oorvloed in my lewe. Dit het my fokus geskuif van wat ek mis of na verlang na ‘n deurleefde dankbaarheid — vir wat ek het en wie ek is as mens. Hoe meer waardering ek gehad het, hoe meer het God vlees geword in my.

2. Om emosioneel teenwoordig te wees, selfs in dae toe my energie uitgeput was en dit gevoel het ek het niks om te gee nie, het ek opgestaan en besluit om met sagtheid te reageer, met deernis raad te gee, met empatie te luister tot ek verstaan.

3. Daarmee saam het ek myself toegelaat om my gevoelens te voel sonder om dit weg te steek of te ontken. Om te kan sê wat ek voel en te weet dit is veilig by die een met wie ek dit deel.

4. Oor en oor het ek gekies vir eerlikheid as om voor te gee. Hierdie jaar was weereens ‘n les dat om soms weerloos te wees, is belangriker as om perfek te wil wees. Sonder skroom kan ek erken: die hoogtepunt van die jaar was om myself te wees.

5. Natuurlik het hierdie jaar sy teleurstellings en terugslae gehad maar dit was keer op keer ‘n geleentheid om myself te vra wat regtig belangrik is, wat regtig waarde toevoeg en om getrou en betroubaar te wees.

6. So baie het hierdie jaar gebeur waar liefde die vervulling was van my lewensdoel. Dit het my staande gehou toe als om my gewankel het. Dit het vergiffenis moontlik gemaak en om te kan sê, “Ek is jammer” makliker. So het die Woord wat vlees geword het, my bewus gemaak van God se teenwoordigheid. Altyd. Oral.

7. Ook hierdie jaar het sy seisoene gehad van herfs toe ek moes leer om te laat gaan aan die blare wat nie meer gedy en groei nie. Daar was koue nagte in die winter van self-refleksie en om te kan rus sonder om skuldig te voel. Daar was die lente van nuwe lewe waar ons temas vir die jaar ‘n geestelike verdieping tot gevolg gehad het wat ek vir niks ruil nie.

Dit is Somer 2025 — vertel my hoeveel keer het jy gedans en uitbundig gelag hierdie jaar; hoeveel keer het jy iets vir die eerste keer gedoen en waar het jy opgestaan, gekneus tot op die been toe, en steeds gedoen wat jy móét doen?

Dit is Kersfees — die seisoen waar die hemel die aarde op die voorkop soen.

Met liefde — altyd

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“You may not have felt courageous this year.
But you kept going.
You may not have felt wise.
But you made better decisions than before.
You may not have felt strong.
But you held yourself together when life was shaking.
You may not have felt successful.
But you learned what success means to your soul,
and not to society.
You may not have felt healed.
But you stopped bleeding the way you used to.
Your becoming is not measured in leaps.
It’s measured in shifts.”

― Rob Bell 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2026
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights