Potgooi:
“True North is the voice of God calling you toward the life you were born to live.”
— Parker Palmer —
Wanneer ons sê “die lewe is ’n reis,” praat ons nie van ’n reguit pad of ’n spoorlyn met voorafbepaalde stasies wat op ʼn sekere tyd bereik moet word nie. ’n Reis, in sy diepste en mees betekenisvolle sin, is onvoorspelbaar, transformerend, heilig, en diep persoonlik.
ʼn Reis impliseer beweging, en nie bestemming nie. Dit is nooit staties nie al voel dit of jy stilstaan — “It’s about becoming, not arriving,” soos Scott Peck sê.
Die reis vat ons deur emosionele en spirituele valleie, oor berge, deur woestyne. Daar is seisoene van afsondering, hartseer, vreugde, en oorvloed.
Hierdie reis het nie ʼn one-size-fits-all padkaart nie. Dit kom nie met instruksies om elke hoek en draai nie, en alhoewel goed gebeur waaroor ons geen beheer het nie, gaan die reis bepaal word hoe jy daarop gaan reageer.
Hoe is dit dat ons vergeet die lewe is ʼn reis en nie ʼn pad vol móét-doene nie?
“You are not a human DOING; you are a human BEING.” — Wayne Dyer
Die roetine van elke dag se eindelose, herhalende siklus van opstaan, gaan werk, kom verantwoordelikhede na, gaan slaap, en doen dit môre weer, verdoof ons self-awareness.
“We get so busy making a living that we forget to make a life.” — Dolly Parton
Ons samelewing het ʼn kultuur geskep waar mense gemeet word aan hulle ‘sukses’ (wat eindelik net beteken hoeveel geld jy het), en nie innerlike groei of die emosionele en spirituele waarde wat toegevoeg word tot ander se lewe nie. So het ons ʼn duisend doelwitte, maar geen lewensdoel nie.
Elkeen van ons ly aan een of ander vorm van digitale verslawing — we’re constantly scrolling, watching, consuming — maar om die lewe te sien as ʼn reis, vereis tyd vir stilte om te vra wat werklik jou siel voed.
Daarbenewens het die meeste van ons een of ander vorm van ADHD waar ons ʼn duisend goed WIL doen, maar nie kan fokus op dit wat ons MOET doen nie.
Boonop wil ons van als in beheer wees. Ons weet nie hoe om onsekerheid te hanteer nie en bly eerder waar dit ‘veilig’ is selfs al is dit ten koste van onsself.
Die siel sê, “take the road less travelled by,” maar vrees sê, “bly net waar jy is!” Die siel sê, “wees oop vir groei en vernuwing,” maar vrees sug, “maak die deure en vensters toe want ek wil nie sien waarna die siel honger en dors nie.”
Ons vrees vir die onbekende maak dat ons oppervlakkig leef, en nie eers meer droom nie. Waarlik, die grootste tragedie in die lewe is nie dood nie, maar om ʼn lewe te leef sonder purpose.
Ons gee gou op as dinge nie uitwerk soos ons gehoop het nie want ons dink dat almal net EEN lewensdoel het. As daar teleurstellings en uitdagings kom, voel ons verlore en begin dan dink dat die lewe geen betekenis het nie.
As jy die lewe sien as ʼn reis van transformasie wat ons wys hoe om aanpasbaar en soepel te wees, dan leef ons met groter vervulling, en maak die reis sin.
Kom ons sluit ons maand se gesprek af om te kyk hoe die besef dat die lewe ʼn reis is, ons emosionele en spirituele lewe inhoud en betekenis gee:
Meer Geduld met Jouself
Lesse van Emosionele Pyn
Leef Oplettend en Bewustelik
‘Let Go’ waaraan ons so Swaar Dra
Groter Deernis met Ander
Eer elke Tree van Vordering
'n Deurleefde Spiritualiteit
Ons gaan Sondag kyk na die SEWE goed wat ons saamvat op ons lewensreis:
Jy is nie ʼn toeris in jou lewensverhaal nie. Jy is die reis — een tree, een siel-skuif op ʼn slag.
Met liefde.
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.