“And now here is my secret, a very simple secret: It is only with the heart that one can see rightly; what is essential is invisible to the eye.”
— The Little Prince —
Potgooi:
Laas week het ek die voorreg gehad om deur die Tuinroete te reis. Seker een van die mooiste gedeeltes in ons land.
Om elke draai is ʼn mens oorweldig deur die natuurskoon: die woude teen die berghange, landerye in die valleie, en lang strande met riviere wat in die see uitmond.
So estetiese uitsig bring vir seker ʼn nuwe spirituele insig van waar ons vandaan kom, waarheen ons op pad is, en om te weet hoe ons daar gaan kom.
Stel jou dit voor: Jy staan aan die rand van 'n uitgestrekte landskap, met onbeperkte moontlikhede wat voor jou uitgestrek lê. Dis jou visie. Dit gaan nie oor fisiese sig nie, maar oor insig. Dit gaan daaroor om verby die gewone, anderkant die alledaagse, verder as die ordinêre te sien.
Kom ons gesels die volgende twee weke oor: VISIE — om met die oë van die HART te sien.
1. Intellektuele Visie
Dit is die vermoë om krities te dink, om situasies analities te bekyk vanuit verskeie perspektiewe, en om kreatief te soek na oplossings.
Intellectual Visionaries is die pioniers van vooruitgang, en die argitekte van verandering.
Dit is hulle wat die status quo uitdaag en konvensionele wysheid bevraagteken, en die grense van menslike kennis skuif.
“Vision is the art of seeing what is invisible to others.”
— Jonathan Swift
In ons persoonlike lewe bemagtig intellektuele visie ons om ingeligte besluite te neem met ʼn vermoë om te kan onderskei tussen wat sinvol en wat onsin is, en om voortdurende groei en self-verbetering na te streef.
By die werk stel dit ons in staat om deur komplekse uitdagings te navigeer, aan te pas by veranderende omstandighede en ʼn kultuur van innovasie en kreatiwiteit te kultiveer.
In ons persoonlike verhoudings bevorder dit kommunikasie, wedersydse respek, en ʼn hegte konneksie wat ons in staat stel om diep, betekenisvolle verhoudings te kweek wat gebaseer is op begrip en authenticity.
2. Emosionele Visie
Dit is die vermoë om met deernis op te tree, en ander se gevoelens te verstaan sonder om met selfgeregtigheid en veroordeling daarop te reageer.
Emotional Visionaries are the compassionate souls — wat verby die maskers sien wat ons dra, en met medemenslikheid herkenning gee aan almal wat hulle ontmoet.
Dit is hulle wat met ʼn sagte oor kan luister, en met ʼn gerusstellende hand op die skouer vir iemand die veiligheid bied om sy of haar weerloosheid te deel.
Emosionele Visie stel jou in staat om betekenisvolle verhoudings te bou wat nie met ʼn agenda kom wat net daaroor gaan om jóú sin te kry nie, maar om saam ʼn gemeenskaplike doel te bereik.
By die werk bevorder dit samewerking, spanwerk, en ʼn kultuur van inklusiwiteit waar elke stem gehoor, en elke inset waardeer word.
In ons huwelik en persoonlike verhoudings vorm dit die fondasie van vertroue en intimiteit, wat ons in staat stel om konflik met liefde en tegemoetkoming te hanteer. Om mekaar se suksesse te vier en die teleurstellings saam te trotseer, hand aan hand.
3. Spirituele Visie
Dit is die vermoë om verby die materiële wêreld te sien, en om te connect met iets groter as onsself. Dit is om bewus te wees van die Liefde wat in en deur ons vloei maar nie VAN ons is nie.
Dit stel ons in staat om betekenis en doel in ons lewe te vind. Dit kultiveer innerlike vrede, dankbaarheid, en vreugde.
In Paulo Coelho se boek Manual of the Warrior of Light verwys hy na, “the guardians of wisdom and truth, and the keepers of faith.” Hulle wat kies vir “the road less travelled by” (Robert Frost), en weet hoe om te luister na die fluistering van die siel ... DÍT is Spirituele Visie.
In ons persoonlike lewe lei dit na ʼn reis van self-ontdekking — om te weet wie jy is, waartoe jy in staat is, en waarheen om te draai vir hulp.
By die werk inspireer dit ons om te lei met integriteit, en te dien met nederigheid. Die skep ʼn werksmilieu wat gegrond is in die waardes van compassion, menswaardigheid, en lojaliteit.
In ons huwelik en persoonlike verhoudings verdiep dit ons band met ons geliefdes, en is nie begrens deur die ego wat net kan gee as daar iets in is vir my nie.
Spirituele Visie hou Intellektuele en Emosionele Visie in balans en harmonie. Dit laat ons sien met ons harte — om die inherente skoonheid en potensiaal van elke moment, elke persoon, elke ervaring te omarm. Dit vat ons na ʼn plek van groei en transformasie.
Sonder hierdie Goddelike Visie raak ons afgestomp vir mekaar. Sluip daar wantroue in teenoor mekaar. Raak ons agterdogtig teenoor alles en almal en beland ons in ʼn spiraal van negatiewe gedagtes. Ons verloor ons selfwaarde, selfvertroue, en selfrespek.
Ons sien dit in die gebrek aan common sense waar die meeste mense net kan napraat sonder om vir hulself te dink. Ons sien dit in ons gebrek aan empatie, waar ons eerder reageer as om te probeer verstaan.
Hoe maak jy van jou besigheid ʼn sukses sonder ʼn etiese verantwoordelikheid teenoor jou werknemers en kliënte? Hoe maak jy jou huwelik werk sonder oop gesprekke en intimiteit? Hoe hoor jy die Stem van God sonder die dissipline en toewyding van stiltetyd?
Dit is tog net moontlik waar ons ʼn intellektuele, emosionele, en spirituele visie deel.
Kom ons kyk Sondag na ʼn handvol maniere hoe ons weer ons VISIE kan herstel en hoe ʼn mens dit inkorporeer in jou persoonlike lewe by die werk, in ons gesinne, en in ons spiritualiteit.
Soos altyd
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.