Paasfees is meer as 'n langnaweek V

Potgooi:

 

“God's presence is not something to be grasped or understood, but to be felt and experienced in the depths of our being.”
— Ram Dass —

So kom ons by ons laaste gesprek oor hierdie maand se tema — Paasfees is meer as 'n Langnaweek.

Ons het gesels oor die KRUIS as ʼn simbool van LEWE; oor die GRAF as die plek waar die “koringkorrel sterf” sodat dit ʼn groot oes kan bring; en laas week oor die OPSTANDING wat gepaardgaan met ʼn geestelike ontwaking (awakening), herlewing, en wedergeboorte.

Die laaste moment van Paasfees gaan oor die VERSKYNING van Jesus in hulle wat bewus word van die teenwoordigheid van God.

Alhoewel Paulus nooit self enige melding maak van sy ‘Damaskus-Ervaring’ nie en dit slegs Lukas is wat daaroor skryf in Handelinge, sê Paulus wel aan die gemeente in Galasiërs dat “God het sy seun IN my geopenbaar.”

Die Evangelies is ook nie eenstemmig oor Jesus se ‘verskyning’ na sy dood nie —

  • Markus eindig by 16:8 wat sê dat die vroue weggehardloop het van die graf en vir niemand gesê het nie want hulle was baie bang. Verse 9-20 is 'n baie latere byvoeging wat nie deur die skrywer van die Evangelie geskryf is nie.
  • Matteus sê dat die engel wat die klip voor die graf wegrol, sê dat Jesus aan sy dissipels in Galilea sal verskyn wat 4 of 5 dae te voet is van Jerusalem, en dan gebeur dit wel so.
  • Lukas vertel dat Jesus aan twee mans naby Jerusalem verskyn wat hom nie herken nie.
  • Johannes sê dat Jesus eers aan Maria by die graf verskyn (wat hom ook nie herken nie) en dan aan sy dissipels in Jerusalem.

Dieselfde geld vir die ‘Hemelvaart’ van Jesus —

  • Paulus, Markus, of Matteus maak geen melding van 'n Hemelvaart nie;
  • Johannes Evangelie sê wel dat Jesus nog 'n tydjie ná sy ‘opstanding’ hier was, maar sê niks van 'n Hemelvaart nie;
  • net Lukas praat daarvan in sy boek Handelinge wat geskryf is sowat 70 jaar ná die dood van Jesus.

Waarvan die Nuwe Testament-skrywers praat as hulle na die ‘verskyning’ van Jesus verwys, is die Griekse woord, ‘phanarôo’ wat beteken: om tot besef en verstaan te bring. Dit kom van die woord, ‘phaino’ wat beteken: to bring into the light, to become evident, to cause to shine, to manifest.

Jesus se ‘verskyning’ is met ander woorde: sight became insight. Sig word insig.

Kom ons kyk vandag na die vele maniere waarop die Goddelike homself aan ons openbaar, hoe dit elke aspek van ons lewe deurdring, en hoe ons die teenwoordigheid van God ervaar in die mees ordinêre oomblikke van elke dag.

In ons huise, te midde van die gewoel van die daaglikse lewe, manifesteer God se teenwoordigheid in die warmte van ʼn gedeelde maaltyd, in die hartlikheid van geliefdes, en in die stil oomblikke van besinning en herdenking.

Dit is in die omhelsing van jou beminde, die vertroostende woorde van ʼn ouer of vriend, en in die onskuldige glimlag van ʼn kind, dat ons die onvoorwaardelike liefde van God sien, proe, hoor, ruik, en voel.

Die Christus word sigbaar, manifesteer in elke gebaar van vriendelikheid (kindness), vergiffenis, en ʼn onwrikbare ondersteuning aan elkeen wat ons pad kruis. Dit is die luisterende oor van ʼn vriend(in), die teregwysing van ʼn vertroueling, en die wyse raad van ʼn mentor, dat ons die teenwoordigheid van God herken wat ons lewensreis verlig.

Selfs in die oënskynlike alledaagse roetines van ons werkslewe, deurdring God se lig ons optrede by die werk wat als sin en betekenis gee. Dit is die integriteit van ons werk, die deernis wat ons aan ʼn kollega betoon, en ons ‘commitment to excellence’ dat ons die Goddelike in onsself en ander eer.

HOE raak ons bewus van hierdie manifestasies wat in ʼn duisend stemme, op ʼn duisende plekke, deur ʼn duisend verkillende maniere aan ons geopenbaar word?

Dit is tog deur die oë van geloof, die hart van compassion, en ʼn gesindheid van nederigheid dat ons onsself oopmaak vir die skoonheid van God se IN en BY en MET ons wees.

Die ‘Contemplative Prayer’ waarmee ons Sondag begin het, verwoord dit mooi —

“May every breath we take be a prayer, every step we take be a sacred dance, and every word we speak be a hymn of praise to you, O Source of Life.”

Is jy bewus hiervan? Kan jy so nou en dan in die harwar van elke dag ʼn pouse maak om dit vir ʼn oomblik te onthou? Leef jy aandagtig om dit nie ongesiens verby te laat gaan nie? Of sal dit 'n kwessie wees dat Jesus reg voor jou sal staan maar jy dit sal mis want jy is op jou foon of te gejaagd na jou volgende vergadering?

Vir die dissipels wat die ‘opstanding’ van Jesus ervaar het as ʼn persoonlike herlewing en wedergeboorte was sy ‘verskyning’ ʼn manifestasie van God se teenwoordigheid.

Kom ons kyk Sondag na twee handevol maniere hoe ons die verskyning van Christus in ons elke-dag-roetine kan ervaar; hoe ons meer bewustelik kan leef van God se teenwoordigheid; en hoe ons in elke opsig die slotwoorde wat elke week op die liturgie staan, kan word: Be the Awareness of the Presence of God.

► Wanneer jy dans, voel die ritme van God. As jy in die natuur is, sien die kleure van God. As jy hartseer is, kyk na binne want dit is waar jy God sal vind. In jou stil oomblikke, luister mooi, want dit is waar God fluister. Elke keer wat liefde in en deur jou spoel, daar is God. As jy kinders hoor lag of jou beminde in jou arms vat, voel hoe God jou omarm en jou noem, “My geliefde kind, in wie ek 'n welbehae het!”

Moet dit nooit vergeet nie!

Met liefde

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“In every moment, the presence of God surrounds us like the air we breathe.”
― Wayne Dyer 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights