Paasfees is meer as 'n langnaweek II

Potgooi:

 

“Carry the cross patiently, and with perfect surrender; and in the end it shall carry you.”— Thomas a Kempis —

Dit is die maand van Paasfees. Dit is vier weke van introspeksie om weer vir onsself te vra: wat glo ek; en wat sê ek as ek sê ek glo in God; en hoe maak dit enigsins 'n verskil in my lewe?

Ons het laas week ʼn kort oorsig gegee oor die drie momente van Paasfees naamlik — die kruis, die graf, en die opstanding.

Dit was nog altyd vir my verstommend hoe Christene ʼn fiksasie het met lyding asof ons glo, the greater the suffering the greater the reward.

Daarbenewens het ons ʼn verwronge teologie geskep rondom die oortuiging dat God wil hê ons moet ‘suffer’ vir Hom want net in ons lyding kan ons wys dat ons gehoorsaam is en hoe sterk ons geloof is.

Daarom sê ek dit ook dikwels hoe ons onsself elke dag kruisig tussen die twee diewe van skuldgevoel (verwyte en spyt oor gister), en vrese (bekommernis en angstigheid oor môre).

Dit roof ons van alle vreugde en vrede, dit verstomp ons empatie en omgee vir mekaar, en maak dat ons liefde kom met voorwaardes en verpligtinge.

Ons het dieselfde gedoen met Jesus van Nasaret waar ons elke Sondag die woorde prewel:

“Gebore uit die maagd Maria; wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het.”— Apostoliese Geloofsbelydenis

NIKS oor sy lewe en leer, sy voorbeeld en invloed, sy inspirasie en opdrag om mekaar onvoorwaardelik lief te hê nie?

Richard Rohr verwoord dit mooi as hy sê —

“We worship Jesus instead of following him on his same path. We made Jesus into a mere religion instead of a journey toward union with God and everything else. This shift made us into a religion of “belonging and believing” instead of a religion of transformation.”

Vandag gaan ons stilstaan by die simbool en betekenis van die Kruis, byname die opdrag: “Neem jou kruis op en volg my.” (Markus 8:34)

Hoe dikwels in die Evangelies hoor ons Jesus sê, “Volg my!” Vreemd genoeg sê hy nie eenkeer — bestudeer die Torah, volg al die rites en tradisies, en maak seker dat JULLE weet wat en wie is vir God aanvaarbaar en wie nie.

Nee, hy sê, “Neem JÝ jou kruis op en volg my!”

As hy dit sê, sê hy NIE jy moet swaarkry en worstel, ly en ellende verduur net om te wys hoe goed en getrou jou geloof is nie. Wat hy wel sê, is dat wanneer jy in tye van onsekerheid, emosionele pyn, en teleurstelling is, sal daardie ‘kruis’ ʼn simbool van oorgawe, toewyding, moed, en transformasie wees.

In ons familie en vriendekring word die “opneem van jou kruis” die fondasie waarop ons die uitdagings en vreugdes van toewyding omarm. Dit word die brug tussen ego-denke (waar alles gaan oor mý geluk, mý wil, mý behoeftes) en siel-denke (vergiffenis, versoening, en liefde).

In ons intieme verhoudings word die “opneem van jou kruis” die platform van wedersydse respek, oop kommunikasie, en ʼn gedeelde commitment om met sorg en deernis mekaar se kruis te help dra.

By die werk word die “opneem van jou kruis” die vermoë om uitdagings en vennootskappe met integriteit te bestuur. Die vertikale balk (verhouding met God) en horisontale balk (verhouding met ons ewemens) ontmoet mekaar op ʼn plek van begrip hê vir ons verskille en waar liefde deur die korporatiewe magspel breek sodat ons ook daar ʼn refleksie van God se liefde kan wees.

Ons MÓÉT ons Christenskap laat deursypel na ons gesinne, ons huwelike, ons werksmilieu, en sosiale kringe — anders beteken die feit dat jy jouself ʼn Christen noem net mooi niks.

“Neem jou kruis op en volg my” is nie ʼn las nie, dit is nie ten koste van jou menswaardigheid en emosionele of spirituele welsyn nie maar ʼn belyning met die diep geestelike waardes wat ons bely as die leivore na ons geloof, hoop, en liefde.

Ek volg met vrymoedigheid hierdie Rabbi se voorbeeld. Nee dit is nie moeilik nie en ek weier om te sê dat dit nie maklik is nie… want ek weet dit is moontlik. Al wat dit vra, is dat ek dit WIL — want waar daar ʼn wil is, is daar ʼn weg.

Hierdie Jesus van Nasaret is ʼn vergestalting van die Christus (Messias/Gesalfde) wat kom wys het hoe lyk ʼn mens wat totaal gevul is deur God. Hy is ʼn refleksie van wat dit beteken om as ‘beeld en gelykenis van God’ (Gen 1:26) geskape te wees en wie se lewe ʼn getuienis is van God se teenwoordigheid.

Sy opdrag is eenvoudig: voed hul wat honger is, klee die naaktes, vergewe skuldiges, verwelkom vreemdelinge, sorg vir siekes, bewys medelye aan almal (ja, selfs jou vyande), en doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil hê — want hierin lê die liefde, vrede, vreugde, genade en erbarming van God.

Hierdie liefde wen altyd. Hierdie liefde is genoeg. Daarsonder is ek niks. Hiersonder het ek niks.

Kom ons verken Sondag ʼn handvol riglyne hoe ons ons kruis kan opneem sodat die woorde van 1 Johannes 4:12 elke aspek van ons lewe kan verlig (relief) en verlig (illuminate) —

“Niemand het God nog ooit gesien nie, maar as ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons sy doel volkome bereik.”

Soos altyd

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“Your cross is your gift, and it is part of your calling to carry it with courage, grace, and humility.”― Pope Francis 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights