Potgooi:
“God speaks in the silence of the heart. Listening is the beginning of prayer.”
— Mother Teresa —Vandag gaan oor die vierde, en laaste hoeksteen van Spirituele Volwassenheid naamlik: GEBED.
Die eerste hoeksteen waaroor ons gesels het, was GENADE (grace). Genade is allesinsluitend en allesomvattend — vir almal, oral, altyd. Genade is verniet — sonder voorwaardes of verpligtinge.
Die tweede hoeksteen is: DANKBAARHEID (gratitude). Dankbaarheid ontsluit die krag van God. Dankbaarheid is ʼn herkenning van die liefdevolle-goedheid (grace) waarvan ons hierbo praat. Dankbaarheid is ʼn erkenning van die mildelike seëninge wat die heel tyd daar is vir almal, oral, altyd.
Die derde hoeksteen is: GELOOF (faith and not beliefs). Geloof maak jou minder plat! Dit is ʼn dieper verstaan van ons oortuigings, doel, en verantwoordelikheid. Dit is die hoofslagaar na die Vrug van die Gees (liefde, vreugde, vrede…) en die fontein van compassion, kindness, en spirituele waardes.
— Wat ons bring by, GEBED.
Gebed het die Aspoestertjie van ons geestelike lewe geword. Ongelief en onbemind het dit haar waarde verloor in ons voortvarende beterwete, waar ons gewoon te serebraal geraak het om enigsins nog die knie te buig in gebed.
Gebed dra nie die kroon van die Wetenskap, die pêrels van die Filosofie, die halssnoer van die Ekonomie, of die ontwerpers rok van Godsdienstigheid nie. Sy is ʼn nederige diensmaagd wat op haar knieë staan — ontvanklik en oop om die liefde van God toe te laat om deur ons te vloei.
“Through prayer, love is received, and through miracles, love is expressed.”
— A Course in Miracles
Die “wonderwerke” waarvan ‘A Course in Miracles’ praat, is elke oomblik waar ons liefde kies bo vrees. Die wonderwerke van Jesus gaan nie soseer oor dowes wat hoor, blindes wat sien, of kreupeles wat loop nie, maar oor ʼn ‘vreemdeling’ wat stop by ʼn vreemdeling en sê, “Ek kies om jou lief te hê.” Daardie liefde genees. Daardie liefde maak ons heel.
Gebed fokus ons gedagtes en intensies. Gebed belyn ons met Spirituele Waardes soos opregtheid (authenticity), integriteit, vergiffenis, medelye, en verdraagsaamheid.
Gebed bring God van DAAR na hier; van iets wat van BUITE moet gebeur na God wat iets van binne doen; van wat ons wil HÊ na wat ons gaan word.
Dikwels sal iemand vir my vra: “Hoe moet ons bid? Kan 'n mens vir God goed vra soos werk, veiligheid, huwelik, en gesondheid? Hoekom antwoord God net sekere gebede?”
Daar is nie ʼn regte of verkeerde manier van bid nie, daarom is my verstaan en ervaar van gebed baie persoonlik en jy mag dit totaal anders sien, en dis okay.
In die aangrypende film, ‘Shadowlands’ wat gaan oor die lewe van C.S. Lewis en sy vrou Joy wat terminaal siek is, is daar ʼn toneel waar een van sy agnostiese kollegas by Oxford Universiteit vir hom sê, “Hoekom bid jy nie vir jou God om Joy gesond te maak nie?” waarop Lewis hom antwoord:
“I don’t pray to God to cure my wife. I pray because I can't help myself. I pray because I'm helpless. I pray because the need flows out of me all the time, waking and sleeping. It doesn't change God; it changes me.”
Dit is ook hoe ek gebed verstaan. Ek glo in gebed want dit is soos om jou lamp in te prop by die muur sodat daardie elektrisiteit kan vloei en dit lig maak sodat ek kan sien waar ek is en wat ek doen.
Gebed is nie ʼn lys van goed wat ek wil hê God moet vir my doen nie. Daarom vra ek al jare lank nie meer vir God WAT ek, of Hy, moet doen nie maar enkel en alleen “Wys my HOE moet ek op hierdie emosionele pyn reageer, HOE moet ek vir 'n werk aansoek doen, wys my HOE om met hierdie siekte om te gaan.”
Hierdie gebede word ALTYD beantwoord as ek bereid is om mooi te luister want die antwoorde kom in gesprekke met vriende of familie, in die lirieke van ʼn lied, in ʼn toneel uit ʼn film, ʼn artikel wat gelees word, of ʼn video op YouTube.
Die enkel grootste rede waarom mense sukkel met GEBED is omdat ons glad nie meer weet hoe om stil te raak nie. Ons is gewoon te besig, te gejaagd, te veel in ons koppe om enigsins stil genoeg te raak om die Stem van die Siel, en die Taal van die Hart nog te hoor.
Jy hoef nie vir niemand wat in nood is te sê om te bid nie want dan roep en soebat, pleit en vra ons baie mooi sonder om enigsins te dink wat dit eintlik is wat ons vra — wat nog te sê, “Wys ons HOE!”
Laat my dink aan die twee mans wat deur ʼn bul gejaag word, toe die een skree “Kan jy bid?” en sy vriend antwoord, “Die enigste gebed wat ek ken is: “Thank you Lord, for what we are about to receive!”
Kom ons staan Sondag stil by ʼn paar aspekte van gebed en dan gesels ons oor:
Hoop om Sondag in ons Sirkel te sien.
Ons is ook weer Sondagaand 6pm by Welgemeend Huis op Jan van Riebeeck Hoërskool se gronde.Soos altyd
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.