Spirituele Volwassenheid III

Potgooi:

 

“Faith is to believe what you do not see; the reward of this faith is to see what you believe.”— Saint Augustine —

Ons sit ons gesprek voort oor SPIRITUELE VOLWASSENHEID.

Die eerste hoeksteen waaroor ons gesels het, was GENADE (GRACE and not mercy). Genade, in die Joodse konteks, beteken: the loving-kindness of God.

  • Genade is allesinsluitend en allesomvattend — vir almal, oral, altyd
  • Genade is verniet — sonder voorwaardes of verpligtinge
  • Genade is die oorloop, oorgenoeg van God se onvoorwaardelike liefde
  • Genade is vry van skuldgevoelens (oor gister) en vrees (vir môre)
  • Genade is die krag en invloed van God wat betekenis gee aan ons lewe

Laas week was die tweede hoeksteen naamlik: DANKBAARHEID (GRATITUDE more than thankful).

Die Griekse woord vir GRACE is charies en wanneer jy vir iemand in Griekse wil sê, “Dankie” dan sê jy “euchariesto” Die woord ‘genade’ lê gebed in die woord ‘dankbaarheid’.

  • Dankbaarheid is 'n erkenning (acknowledgement) van die mildelike seëninge wat die heel tyd daar is vir almal, oral, altyd
  • Dankbaarheid is 'n herkenning (recognition) van die goedheid wat ons omring
  • Dankbaarheid kweek en kultiveer nederigheid wat 'n direkte invloed het op ons geestelike lewe
  • Dankbaarheid ontsluit die krag van God
  • Dankbaarheid reflekteer die eerbied en respek wat ons het vir die Goddelike invloed op ons lewe

Daarom skryf die Rabbi in die Talmud —

“As iemand iets goed vir jou doen — 'n geskenk of blessing vir jou gee, en jy is nie dankbaar daarvoor nie, dan het jy dit van God gesteel.”

Dit bring ons by die derde hoeksteen van Spirituele Volwassenheid — GELOOF (faith more than beliefs).

Ons het baie oortuigings (beliefs) wat so wispelturig soos die weer is, maar baie min geloof (faith).

Geloof is diep gewortel in ons menslike ervaring, dit gaan verby godsdienstige grense, en lê veel dieper as teologiese definisies.

Trouens, dit is ʼn ope vraag of ʼn mens geloof in God kan hê sonder om aan ʼn tradisionele en georganiseerde kerk te behoort? Dit is my beskeie mening dat die antwoord daarop is: “JA, jy kan.”

As ʼn Christen is my geloof uiteraard van die saak gevleg en verweef in die leer en lewe van Jesus van Nasaret. Die inhoud en betekenis van sy lewe vorm die grondslag van my geloof.

Vir my het Jesus op ʼn unieke manier vir ons die ‘GESIG’ van God kom wys. Sy herinnering aan ons Goddelike potensiaal (Johannes 14:12). Sy oproep van ons eenheid met God (Johannes 17:21-23). Sy passionele boodskap dat geen wet of kerk tussen ons en God mag staan nie en dat die liefde die hoofslagaar van ons geloof is.

Daarbenewens weet ek ook dat geloof is intiem persoonlik. Nie twee mense se verstaan en ervaring van hul geloof is dieselfde nie. Daarvoor het ek diep respek.

Oor die jare het my geloof deur verskeie transformasies gegaan — wat goed is want ʼn mens móét van tyd tot tyd vir jouself vra, “Wat sê ek as ek sê ek glo in God? Wat beteken dit? Hoe het dit 'n invloed op die res van my lewe?”

Geloof is nie iets wat jy kry nie, dit is iets wat jy het. Dit is soos jou hartklop. Al wat dit vra is ʼn ontvanklikheid om dit toe te laat om deur jou te vloei sodat dit jou aksies en reaksies positief beïnvloed.

My geloof vra nie ‘bewyse’ nie, dit is nie iets wat ek met die brein kan uitpluis en op ʼn rytjie kan sit nie. Soos die liefde vir jou kind of jou beminde — dit is iets wat ek net wéét en in my murg en bloed ervaar.

“Faith is an oasis in the heart which will never be reached by the caravan of thinking.” — Khalil Gibran

Geloof is nie die oortuiging dat God sal doen wat ek wil hê nie. Geloof is die sekerheid dat God in sy liefdevolle-goedheid (genade) vir jou die insig, begrip, krag, en moed gee om met “liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, nederigheid, en selfbeheersing” (Galasiërs 5:22) spirituele volwassenheid sal bereik.

‘A Course in Miracles’ som dit mooi op as dit sê —

“God can only do FOR you what God can do THROUGH you.”

Kom ons kyk Sondag na drie bekende gedeeltes in die Bybel oor GELOOF en dan gee ons dit betekenis:

► “Want voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos 'n mosterdsaadjie, sal julle vir hierdie berg sê: ‘Gaan van hier na daar,’ en dit sal beweeg, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie.” (Matteus 17:20) — wat gaan oor die ‘berge’ in ons kop wat maak dat die son nie deur ons vensters skyn nie.

► “En wat julle ook al in gebed vra, sal julle ontvang as julle geloof het.” (Matteus 21:22) — dit gaan nie oor materiële goed wat so vlietend soos ʼn druppel op ʼn warm sinkplaat is nie, maar HOE ons met hart en siel omgaan met die wêreld waarin ons leef.

► “Jesus vra vir hom: “Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?” “Rabboeni,” sê die blinde man vir Hom, “dat ek kan sien.” Jesus sê toe vir hom: “Jy kan maar gaan. Jou geloof het jou gered.” (Markus 10:51-52) — wat gaan oor spirituele blindheid en geloof wat jou laat SIEN!

Soos altyd

Met liefde

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“You do not need to know precisely what is happening, or exactly where it is all going. What you need is to recognize the possibilities and challenges offered by the present moment, and to embrace them with courage, faith and hope.”― Thomas Merton 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights