Potgooi:
Every morning brings new potential, but only if you are awake. Rise and shine, for you won't see the light until you are aware of it.”
— Vera Nazarian —Ons sluit vandag ons maand se tema af oor wat dit beteken — om skoon te maak, op te ruim, uit te sorteer, en ontslae te raak van alles wat nie jou siel voed nie.
Dit begin met wat ons DINK. Ons gedagtes bepaal ons realiteit. Wat jy dink, gáán jy ervaar!
Om te lewe, om te deel, om om-te-gee, om te geloof, om te hoop, om te liefde, om te bid, is NIE gekompliseerd nie. Dit is nie naastenby so ingewikkeld as wat ons dit maak nie.
Die vraag is net: WIL JY?
Solank jy sug met die verskoning, “Dit is nie maklik nie!” gaan dit presies wees hoe jy dit ervaar — maar as jy sê, “Dit is moontlik!” dan word dít ons realiteit.
Dit beteken daar is ALTYD die moontlikheid van groei, die potensiaal om iets te leer, die skeppingsvermoë om iets nuut te ervaar, en die vooruitsig om die beste weergawe van jouself te wees.
Na alles wat gesê is, gaan ons Sondag stilstaan by die VYF STAPPE hoe ons die rommel in ons koppe, die warboel emosies, en die chaos in ons fisiese ruimte kan opruim sodat ons kop, hart, en siel weer in balans kan kom en daar harmonie is tussen ons gedagtes, ons emosies, en verhouding met dit wat ons ervaar as God.
1. WAKE UP
Elke oggend as ek wakker word dan is my eerste gedagte — “I come from asleep to awake!” en dan probeer ek daardie gedagtes onthou deur die loop van die dag.
Daar gaan goed gebeur wat ek nie voorsien het nie; ek gaan ook weer ʼn klein bietjie verander as die dag vantevore; en daar gaan beslis ʼn mind-shift of twee wees. Waar ek eens aan die slaap was, is ek nou wakker. Leef ek meer aandagtig en bewustelik.“The moment you wake up, right away, you can smile. That's a smile of enlightenment. You are aware that a new day is beginning, that life is offering you twenty-four brand-new hours to live.” — Thich Nhat Hanh
2. STAND UP
Dis een ding om wakker te word, maar dan moet jy opstaan. As jy bewus word van alles om jou, en die geleenthede besef wat voor jou lê om die dag sinvol aan te pak en betekenisvol af te sluit, dan doen ons iets daaromtrent.
Ons wil tog ʼn positiewe bydra maak tot die dag. Ons wil voel dat ons waarde toevoeg tot ander se lewe. Ons wil ʼn stem gee aan hulle wat nie vir hulself kan praat nie. Ons wil die arm wees om iemand se skouers.
We want to BECOME kindness, grace, compassion and understanding.
“Word wakker, jy wat slaap, en staan op uit die dood en die Christus sal oor jou skyn.” — Efesiërs 5:14
3. GROW UP
Spirituele volwassenheid behels ‘transcending ego-centric actions and reactions’ sodat ʼn groter wêreldbeskouing en meer deernisvolle mensbeskouing gekweek kan word.
Wat beteken dit?
Daar is niks ‘FOUT’ met die manier wat ons grootgeword het nie, maar daar is soveel goed wat ons moet ontleer:
4. CLEAN UP
Hieroor het ons reeds BAIE gesê… en waaroor dit op die ou einde gaan, is ʼn reiniging van ons innerlike self. Om vergiffenis toe te laat om te laat gaan waaraan jy só swaar dra.
Om te laat los aan elke wrok, verwyt, woede, en spyt. Laat staan die hoop dat gister sal môre anders uitspeel. Dis verby! Laat dit gaan.
Volwassenheid beteken dat ons verantwoordelikheid vat vir elke emosie wat ons ervaar. Hou op kla, hou op ander blameer, en begin om die verandering te wees waarna jy verlang.
“To live is the rarest thing in the world. Most people exist, that is all.” — Oscar Wilde
5. SHOW UP
Die laaste stap is om volledig teenwoordig te wees sonder ons ‘bagasie’ wat ons saamsleep.
Jy kan nie die toekoms voorspel nie maar jy kan dit skep. Dit begin in jou huis, dit loop oor na jou straat (mense die naaste aan jou), dit sypel deur na jou werk, dit loop oor na vriende en familie, waar selfs vreemdelinge kan drink van jou oorloop.
“Showing up is not just about being present physically; it's about being present with your heart and mind, ready to make a positive impact.” — Brendon Burchard
Om op te ruim en ontslae te raak, goed te verminder en te vereenvoudig, vra nie hoe slim of begaafd, hoe aantreklik of welgesteld jy is nie — al wat dit vra, is ‘SHOW UP’ en maak ʼn verskil.Kom sluit Sondag by ons aan vir ʼn uur as ons die maand saamvat en dan prakties kyk hoe ons kan Wake Up, Stand Up, Grow Up, Clean Up, Show Up — nie net emosioneel nie maar veral spiritueel want ons siel hunker en smag daarna.
Hoop om jou daar te sien.Met liefde
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.