Ruim op wat onnodig is

Potgooi:

“The best way to find out what we really need is to get rid of what we don’t.”— Marie Kondo —

2024 — aan die begin van elke nuwe jaar neem ons gewoonlik besluite met die hoop dat dit ons lewens sal verbeter. Meestal is dit gefokus op ons gesondheid soos om oefening in te kry en/of gewig te verloor. Daar is ook die hoop dat dit goed sal gaan met ons besigheid en dat ons teen die einde van die jaar beter af sal wees as toe ons begin het.

Vir party is dit ʼn jaar met groot besluite: Miskien is dit die jaar waar jy die besluit gaan neem om te trou, of om ʼn kind te hê. Vir sommige is dit die jaar waarin daar ʼn keuse gemaak gaan word of jy langer in ʼn disfunksionele verhouding/huwelik wil wees en of dit tyd geword het om die werklikheid in die oë te kyk, en te LET GO.

Natuurlik is dit ons almal se wens dat dit goed sal gaan met ons geliefdes hierdie jaar. Dat dit ook ʼn jaar sal wees waar ons die seëninge van God sal SIEN en meer bewustelik sal leef sodat daar ʼn groter dankbaarheid sal wees vir wat ons het.

Ek het nog altyd aan die begin van die jaar vir myself ʼn MANTRA uitgedink wat ek dwarsdeur die jaar, elke dag kan herhaal sodat DÍT my gedagtes en emosies sal fokus. Hierdie jaar s'n sal nog gebore word, maar voorlopig wil ek begin met drie goed — SIMPLIFY… simplify! Simplify!

Daar is 'n ontsettende krag in die vermoë om dinge meer simplisties vir onsself te maak. Nie so obsessief en ernstig te wees oor alles nie. Minder oor-sensitief vir wat ander dink of sê. Net so bietjie groter perspektief oor die lewe in die algemeen en my lewe spesifiek — wat sal help om dinge in konteks te sien.

Om hierdie voorneme in werking te stel moet ons begin deur ʼn bietjie op te ruim (declutter).

Dit gaan verder as om net goed reg of weg te pak. Dit gaan oor meer as om net ʼn fisiese plek aan die kant te maak. Dit behels ook om ons gedagtes meer te vereenvoudig sodat ons al die opgehoopte emosies wat daaruit gebore is, kan opruim.

As ons eerlik is, het ons hopeloos te veel plek in ons koppe gevul met alles wat die laaste jaar gebeur het. Ons hou krampagtig vas aan negatiewe gedagtes, want ons glo as ons vir hom dink en weer dink en uit ʼn ander hoek bedink dan sal dit sin maak — en al wat dit doen, is om plek op te neem wat eerder gebruik kan word vir gedagtes wat ons voed en laat floreer.

Hierdie innerlike ‘rommel’ is eintlik maar net ʼn weerspieëling van die chaos in ons koppe wat lei tot nog meer verwarring, disorganisering, slaap- en besluiteloosheid, en ʼn totale onvermoë om rigting te vind in ons beplanning of om die vermoë te hê om te kan onderskei tussen wat is sinvol en wat is gewoon onsinnig.

Hoe baie het ek al in my verlede gesien hoe baie werk en energie dit vra om deur die chaos te ploeg, want jy moet die hele tyd die rommel van die een boks in jou kop skuif na ʼn ander kamer in jou kop.

Op die ou einde is ʼn mens te moeg om êrens te begin netjies maak sodat daar plek is vir groei, om te skep en te ontdek, wat nog te sê gemoedsrus of ʼn lewe van vervulling.

Gaan staan vir ʼn oomblik stil en wees eerlik met jouself om die warboel van gedagtes en kraaines van emosies so bietjie lig en lug te gee. Gooi uit wat onnodig is en (in hemelsnaam) laat los aan die goed wat jy nou vir jare lank in jou kop saamsleep van een jaar na die ander.

Dit het tyd geword om die spul negatiewe gedagtes te laat gaan om plek te maak vir ʼn jaar van dankbaarheid en waardering, optimisme en waar jy ʼn positiewe bydrae kan maak.

Die uitdrukking — whatever you resist persists — deur Carl Jung bly nou maar eenmaal waar. Hoe langer ons uitstel om die gemors tussen ons ore op te ruim, hoe meer kleintjies kry dit. Bowenal kos dit BAIE meer om die spul te laat ophoop as wat dit gaan vra om dit eenvoudig weg te gooi. Asseblief moet dit nie op iemand ander se stoep gaan los nie, want die laaste ding wat ons nodig het, is dat iemand ander nou ook JÓÚ apies in hul kop moet entertain.

“Out of clutter, find simplicity. From discord, find harmony. In the middle of difficulty lies opportunity.” ― Albert Einstein

Kom ons begin Sondag met ʼn gesprek oor HOE ons ons persoonlike lewe kan opruim deur ons gedagtes en hart weer ruimte te gee om asem te skep, en HOE om negatiewe patrone te identifiseer en nie toe te laat om plek op te neem in jou gedagtes en geestesdenke nie.

Dit is eintlik SÓ eenvoudig as ons net ophou om alles so damn ingewikkeld te maak vir onsself.

Sien uit om jou Sondag te sien.

Met liefde

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“There is no greatness where there is not simplicity, kindness, and truth.”― Leo Tolstoy 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights