Kompas na Ware Noord IV

Potgooi:

“Remain true to your values. If you don’t stand for something, you’ll fall for anything.”― Frank Sonnenberg —

Hiermee sluit ons ons maand se tema af oor — ‘Die Kompas na jou Ware Noord’ wat gaan oor die rigtingwysers in ons lewe na dit wat betekenisvol en waardevol is. Dit verwys na ʼn lewenspad wat belyn is met ons diepste oortuigings en beginsels.

Wat ʼn vlugplan is vir ʼn vlieënier, is WAARDES vir ons persoonlik groei. Daarsonder vlieg ons blind met geen idee wat of waar ons bestemming is nie.

Jou karakter sê WIE jy is. Ons waardes sê WAT belangrik is. Ons beginsels sê HOE ons dit uitleef.Vra weer jouself: wat is regtig belangrik in jou lewe; wat is jou doel (goal and purpose) in die lewe; wat is jou spirituele GPS; hoe konsekwent is dit met dit wat jy sê jy glo, voel, doen, en deel?

Miskien is jy onbewus daarvan, of besef dit nie eers nie maar ons ‘waardes’ is die fundamentele beginsels en oortuigings wat ons gedagtes, optrede, en besluitneming bepaal in elke verhouding waarin ons staan (i.e. met jouself, jou medemens, die natuur, struktuur, kultuur, en God).As materiële sukses vir jou meer belangrik is as eerlikheid en verantwoordelikheid, sal jou lewe gevul wees met goeters wat duur en buitensporig is maar daar sal geen vertroue en verdraagsaamheid wees nie. Jou geluk (happiness) sal die hele tyd afhang van eksterne goed terwyl jou vreugde (joy) leegloop van binne.

ʼn Nuwe huis, werk, vakansie, besigheid, kar, of vrou gaan jou vir ʼn rukkie gelukkig maak maar dan gaan soek ons dit weer in ʼn ander huis, werk, vakansie, besigheid, kar, of vrou.Dis soos ʼn verslaafde aan alkohol of cocaine wat glo nog ʼn dop of nog ʼn lyn sal hom/haar die moed gee om deur die moeras van ʼn ongelukkige en onvervulde lewe te kom.

Maar, stel jou voor jy verander die waarde van rand en sent met die waarde van LIEFDE:

  1. Persoonlike Lewe
 Emosionele Welstand: liefde voed emosionele stabiliteit wat 'n gevoel van sekuriteit en selfvertroue in ons lewe bring. Self-Ontwikkeling: dit moedig persoonlike groei aan deur empatie, geduld, en begrip te bevorder.

 Uithouvermoë: liefde is die fondasie en hoeksteen wat ons staande hou in moeilike tye en skep hanteringsmeganismes in tye van nood.

  1. Huwelik en Verhoudings
 Versterk Konneksie: liefde vorm die grondslag van sterk, volhoubare verhoudings wat vertroue en intimiteit bevorder. Verbeter Kommunikasie: dit moedig oop en eerlike gesprekke aan, wat dieper konneksie vergemaklik en konflikte met meer deernis oplos.

 Toewyding en Ondersteuning: liefde kweek 'n deurleefde omgee wat 'n soliede vennootskap skep.

  1. Familie en Vriende
 Eenheid en Harmonie: liefde is die ritme van 'n gemaklike dans wat eensgesindheid, waardering, en dankbaarheid kultiveer. Empatie en Begrip: dit versterk die band om met medelye mekaar beter te verstaan en minder te veroordeel.

 Gevoel van Behoort: liefde lei tot gedeelde ervarings wat herinneringe (souvenirs) skep wat ons in die hart se spens bêre vir dae wat minder maklik is.

  1. Besigheid en Leierskap
► Positiewe Werksomgewing: liefde lei tot 'n werkskultuur wat samewerking en produktiwiteit verhoog.► Bemagtig en Floreer: dit ontsluit mense se kreatiwiteit wat gedy in die innoverende idees wat na die tafel gebring word.

► Kliënt-Gefokus: liefde verfyn ons bystand en hulpvaardigheid aan kliënte wat ons interaksie en diens verbeter.Ons kan enige van die WAARDES wat ons die laaste maand behandel het, vat en dit sal netjies pas in dit wat hierbo genoem is, want LIEFDE is die waarde wat inhoud en betekenis gee aan ons integriteit, deernis, moed, nederigheid, regverdigheid, verantwoordelikheid, geloof en vertroue.

Wat het ons so agterdogtig gemaak teenoor LIEFDE? Hoe is dit dat ons LIEFDE nie vertrou nie net omdat een of ander verhouding in die verlede ons seergemaak het?

“Everyone says love hurts, but that is not true. Loneliness hurts. Rejection hurts. Losing someone hurts. Envy hurts. Everyone gets these things confused with love but in reality, love is the only thing in this world that covers up all pain and makes someone feel wonderful again. Love is the only thing in this world that does not hurt.” — Liam Neeson

Ons sluit Sondag ons gesprek af oor WAARDES & BEGINSELS en dan kyk ons na die invloed van liefde op die waardes van —

  • GETROUHEID (teenoor onsself, ander, en God),
  • EERLIKHEID (truth = authenticity),
  • STANDVASTIGHEID (volharding en deursettingsvermoë)
  • BEREIDWILLIGHEID(die wil om dinge anders en beter te doen).

My pa se sterwenswoorde was gewees: “Maak elke dag merkwaardig en wees altyd bereidwillig!” Dit sê alles van die waardes waarvoor hy geleef het en waarna ek streef.

Kom sluit Sondag by ons aan vir hierdie lewensbelangrike gesprek.

Soos altyd

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“Higher values propel and elevate us into purpose, fulfilment, meaning. Lower values denote us towards anxiety, sadness, suffering.”― Jay Shetty 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights