Potgooi:
“Honesty without compassion is cruelty; kindness without honesty is manipulation.”
― Unknown —Ons gesels hierdie maand oor ‘Die Kompas na jou Ware Noord’ — wat gaan oor die Spirituele GPS na ons kernwaardes, diepste aspirasies, en persoonlike vervulling.
Jordan Peterson verwys na ‘waardes’ as “carriers of meaning” en daarom is ons Kompas ʼn rigtingwyser na dit wat betekenisvol en waardevol is.
Dink vir ʼn oomblik en vra jouself: wat is jou kernwaardes; wat is regtig belangrik in jou lewe; en wat is jou doel (goal and purpose) in die lewe?
Kom ons staan vandag stil by net DRIE van hierdie kernwaardes en dan kyk ons na die ‘HOE’ dit in ons lewe manifesteer en inspireer.
Liefde is die naald van ons Kompas, en die fondasie van ons huis.
“What is sacred? Of what is the spirit made? What is worth living for and what is worth dying for? The answer to each is the same. Only love.”
— Johnny Depp
In elke tradisie, godsdiens, en kultuur is LIEFDE die essensie van die lewe. Hiersonder het ons niks. Daarsonder is ons niks.
Dit verryk ons emosionele, intellektuele, en spirituele lewe. Dit gee inhoud en betekenis aan ons bestaan, en is die gom wat ons aan mekaar verbind.
Toe daar vir Jesus gevra is wat die belangrikste gebod is, was sy antwoord eenvoudig:
“Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag’. Die tweede is dit, ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Geen ander gebod is belangriker as dié nie.”
— Markus 12:30-31
In ons binnekring begin dit deur bewustelik na mekaar te luister om te verstaan en nie om te reageer nie.
Ons liefde bring ʼn diep omgee vir mekaar, dit dra en verdra mekaar in al die uitdagings wat die lewe soms na ons slinger.
By die werk kweek dit empatie en begrip vir ʼn kollega se welsyn. Waar iemand by die werk deur ʼn moeilike tyd gaan, is dit LIEFDE wat ondersteun en iemand help om perspektief te vind vir groei en transformasie.
Waarlik, LIEFDE is die belangrikste ‘waarde’ wat ons besit.
Daar moet iets ernstig fout wees met jou persoonlikheid en karakter om deur die lewe te gaan sonder deernis en empatie.
“Compassion, the guiding star of humanity and the value that nourishes the soul. It is the empathy and kindness we extend to others, that demonstrate love and understanding.”
— Maya Angelou
Die sleutelwoord in hierdie aanhaling is “kindness” — wat meer as ‘vriendelikheid’ is, want kindness raak die hart van ons medemenslikheid en menswaardigheid.
Hoe dikwels in ʼn beradingsessie sal ek vir iemand of ʼn paartjie sê, “Be kind to yourself. For heaven’s sake, be kind to one another!”
Ek weet eerlikwaar nie of mense eers weet wat dit beteken nie wat nog te sê HOE ʼn mens dit doen.
Dit is nie abstrak nie, dis nie ingewikkeld nie. Dit is nie een of ander filosofiese idee of godsdienstige begrip nie.
Dit is eintlik baie eenvoudig en glad nie gekompliseerd nie, as ons net vir ʼn oomblik uit ons ego-denke stap. Net vir ʼn oomblik die Goue Reël (“Doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil hê.”) onthou en toepas.
As Christene is deernis en empatie die mure en vensters van ons huis —
Wees aktief betrokke om die seer en lyding van ander te verlig en om ʼn hand by te sit in hulle nood.
As liefde die fondasie, deernis en empatie die mure en vensters is, dan is nederigheid die dak waaronder ons leef.
Hoe lyk ʼn lewe van beskeidenheid en pretensieloosheid?
Nederigheid is só belangrike ‘waarde’ en ‘deug’ omdat dit gesonde verhoudinge kweek. Dit lei tot dankbaarheid en waardering in jou huwelik, familie, en by die werk.
“Maak dan my blydskap volkome deur eensgesind te wees – een in liefde, een van gees, een in denke; deur nie iets uit selfsug of ydelheid te doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself; deur elkeen nie net na sy eie belange om te sien nie, maar ook na dié van ander.”
— Filippense 2:2-4
Waar ons beskeie is, is daar plek vir groei. Dit gee moed waar ons soms weerloos voel. Dit weet hoe om te kan vergewe en te vra vir vergiffenis. Dit voorkom arrogansie en skynheiligheid. Dit versterk ons verhoudings en stel ons in staat om te leer van ander en uit situasies wat moeilik is.
Wanneer die waarheid in die spieël kyk, kyk integriteit terug. Wanneer geloof in die spieël kyk, kyk moed terug. Wanneer liefde in die spieël kyk, kyk deernis terug. Wanneer hoop in die spieël kyk, kyk vertroue terug. Wanneer nederigheid in die spieël kyk, kyk dankbaarheid terug.
Kom ons sit Sondag nóg twee by bogenoemde en dan gesels ons oor Karakter (wie jy is), Beginsels (wat vir ons belangrik is), en Waardes (hoe ons dit uitleef).
Mag dit ʼn mooi en geseënde week wees vir jou en almal vir wie jy lief is.
Soos altyd
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.