Potgooi:
“Obstacles don't have to stop you. If you run into a wall, don't turn around and give up. Figure out how to climb it, go through it, or work around it.”
— Michael Jordan —Ons laaste tema vir 2023 gaan oor die lesse wat hierdie jaar geleer is, en hoe dit die geskenke geword het wat ons saamvat vir volgende jaar. Ek wil jou uitnooi om êrens te gaan sit en jou eie lys te maak.
Ons wil tog terugkyk na dié jaar en weet dit was betekenisvol.
Dikwels hoor ek iemand vra, “How do I find the meaning of my life?” My antwoord is altyd, “We don’t FIND the meaning of life, we CREATE it.”
Die afgelope jaar was gevul met ervarings wat ʼn merkwaardige impak gemaak het op my menswees. Vir meer as ʼn dekade reeds is dit my opregte intensie om elke dag iets vir die eerste keer in my lewe doen.
Daarbenewens wil ek saans as ek my lig afsit, weet dat vandag was ʼn betekenisvolle dag. Elke oomblik van die dag wil ek bewustelik leef om die buitengewone in die gewonigheid van elke dag te vind, en dit te onthou.
“The purpose of life is not to be happy. It is to be useful, to be honourable, to be compassionate, to have it make some difference that you have lived and lived well.”
— Ralph Waldo Emerson
Soos ek terugdink oor die laaste jaar was daar ʼn paar ‘geskenke’ wat bygedra het om dié jaar betekenis te gee:
Dit is ongetwyfeld dat ons vriendskappe ʼn geweldige bydra maak om sin en betekenis te gee in ons lewe. Hierdie konneksies bring ondersteuning, liefde, en ʼn gevoel van behoort (sense of belonging).
Paulus skryf op ʼn plek, “Niemand van ons leef tog vir homself nie, en niemand sterf vir homself nie.” (Romeine 14:7)
Daar is NIKS in my lewe wat ek al bereik het op my eie nie. Daar was nog ALTYD iemand wat gehelp het — hetsy dit in morele ondersteuning, finansiële hulp, emosionele bystand, deure wat geopen, of op een of ander manier die regte persoon (a teacher) op die regte tyd was wat leiding gegee het.
Ons het mekaar nodig om deur tye van onsekerheid te kom. Dit is ons interafhanklikheid van mekaar wat van ʼn emosionele woestyn ʼn oase maak. Ons spiritualiteit (verhouding met God) kan net floreer binne die verhoudings wat ons met mekaar het (communion within a community).
Die laaste jaar het ek moeite gedoen om te belê in hegte vriendskappe waarin daar wedersydse waarde toegevoeg word.
Ons almal streef daarna om onsself te verbeter, want in ons intellektuele, emosionele, en spirituele groei word betekenis geskep.
In ons vermoë om te leer en goed beter te verstaan, vind daar ʼn verdieping plaas van ons menswees. Op die ou einde van die dag wil ons tog voel dat ons gedy as MENS. So gerieflik as wat materiële genoegens ook al mag wees, wil ons as MENS floreer aan dit wat ewigheidswaarde het.
Daarom doen ons moeite om te investeer in waardes soos deernis en integriteit, vriendelikheid en liefdevolle-goedheid.
Van die grootste geskenke die laaste jaar was om te voel dat ʼn mens tog op een of ander manier ander se lewe verryk. Daarom is dit ook gereeld ʼn vraag wat ek myself afvra, “Wat het ek vir iemand anders gedoen? Hoe het ek 'n verskil gemaak in iemand anders se lewe?”
Danksy Neo-Spektrum was daar enorme groei die laaste jaar. Dit is ʼn onuitspreeklike voorreg om elke Sondag in ons Sirkel te staan waar daar ruimte is vir andersdenkendes. Ons kan van mekaar verskil sonder dat iemand voel sy/haar ervaring en uitlewing van hul geloof staan onder verdenking, is ‘verkeerd’, of is nie ‘goed-genoeg’ nie. Solank ons waardes ooreenstem, is daar plek vir groei en vernuwing.
Enige nuwe ervaring of verandering kom met uitdagings. Dink aan die hoogtepunte van die laaste jaar wat gerusstelling, tevredenheid, of ʼn gevoel van voldoening gebring het — en as jy eerlik is met jouself sal jy erken dat voor elkeen van hierdie emosies was daar tye van terugslae, inspanning, en moeite gewees.
Ons het geleer uit ons foute, ons het aanpassings gemaak, ons het skouer aan die wiel gesit en tree vir tree deur elke beproewing gewerk.
“Challenges are what make life interesting. Overcoming them is what makes life meaningful.”
— Joshua Marine
In ʼn samelewing wat net weet van hysbakke, roltrappe, en afstandbeheer gee ons dikwels te gou op. Ons wil dit maklik hê, en dit moet nie te veel opoffering vra nie. Die goed wat werklik waarde het, vra toewyding en dissipline. Mens moet elke dag werk aan jou entoesiasme om dit vol te hou. Weer, en wéér te probeer. Hulp te vra, aan te pas, kompromie te maak, en bereid wees om ʼn druppel sweet of traan so nou en dan te stort.
DÍT is hoe ons betekenis skep.
Wat ook al ons verhoudings vertroebel, ons groei belemmer, en maak dat ons wil opgee as die lewe ons leivore verspoel en ʼn heining om ons drome span, is gewoon nie die moeite werd om saam te vat volgende jaar nie.
Kom ons gesels Sondag oor hierdie lesse wat 2023 ons geleer het en dan kyk ons waarom ʼn deurleefde verhouding met God die skatkis is waaruit hierdie geskenke manifesteer.
Soos altyd
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.