Wysheid en Waarheid wat betekenis gee IV

Potgooi 3:

Podcast 3:

“Kabbalah is all about change. It isn't about being proud of our good qualities: the wisdom is about transforming our darkness into light.”― Yehuda Berg —

Vir twee maande gesels ons reeds oor die Mistiek. Ons het begin met Christen Mistici soos Meister Eckhart, Theresa van Avila, Francis van Assisi, Thomas Merton, en Thomas Keating. Hierdie maand gaan oor mense buite ons tradisie en het gesels oor Rumi en Kahlil Gibran, en laas Sondag oor Paramahansa Yogananda. Elkeen van hierdie name het my sóveel geleer om beter Christen te wees.

Die Mistiek gaan in sy wese daaroor dat ons 'n direkte en persoonlike ervaring met God het, en die Goddelike Teenwoordigheid sien en erken in elke verhouding waarin ons staan, insluitende ons verhouding met die natuur en kosmos. Dit open die vensters om die groter geheel in perspektief te sien, en om die inwonende krag van God in alles te ervaar.

Ons sluit hierdie fassinerende tema af met ʼn gesprek oor die Joodse Mistiek wat bekendstaan as die Kabbalah.

Die woord kom van die Hebreeuse woord ‘kabbal’ wat beteken: “om te ontvang” en het sy ontstaan in Spanje in die 12de eeu. Aanvanklik was dit ʼn orale tradisie en beskou as “geheime kennis” wat net toeganklik was vir ʼn uitgekose paar. Oor tyd sou dit tekste vind soos die Zohar en die Sefer Yetzirah.

Die DRIE pilare van die Kabbalah is die volgende:

  1. Ein Sof —

Die oneindige en onkenbare Goddelike bron waaruit alles voortspruit. Hierdie konsep is soortgelyk aan die Christelike idee van God se transendensie, wat God se onpeilbare natuur beklemtoon.

  1. Sephirot —

Dit is die 10 eienskappe waardeur God in die wêreld sigbaar is en verteenwoordig sekere aspekte van die Goddelike werklikheid, insluitende wysheid, begrip, en liefdevolle goedhartigheid.

  1. The Tree of Life —

Die Sephirot word uitgebeeld as 'n liggaam (soos 'n boom) waar elke liggaamsdeel die onderlinge verband van die Goddelike eienskappe illustreer.

Rabbi Lawrence Kushner is een van die Kabbalah skrywers wat ʼn diep invloed op my spiritualiteit gehad het. Sy eerste boek wat ek gelees het, was “The Book of Words: Talking Spiritual Life, Living Spiritual Talk” (1993) wat gaan oor die belangrikheid van woorde en taal soos die Zohar dit leer.

“Words are singularly the most powerful force available to humanity. We can choose to use this force constructively with words of encouragement, or destructively using words of despair. Words have energy and power with the ability to help, to heal, to hinder, to hurt, to harm, to humiliate and to humble.” — Yehuda Berg

Sy boek “God Was In This place and I, I Did Not Know” (2010) gaan oor die vraag hoe ʼn mens jouself vind in spiritualiteit en hoe dit groter betekenis aan jou lewe gee.

Hy wys daarop hoe die Sephirot ons lei om dit te sien en te verstaan hoe elke aksie ʼn sekere effek het. Die interkonneksie tussen alles maak dat elke aspek van ons menswees geweef is in die tapisserie van ʼn ander mens en ook met die kosmos en natuur.

In die Zohar is dit nogal oplettend hoeveel keer vermaan word teen die gevaar van om so oorweldig te word deur ons omstandighede, of ʼn lewe wat so gejaag raak dat daar geen tyd meer is om stil te word nie (ons noem dit Stiltetyd).

As die ‘konneksie’ met God verloor word, word elke besluit wat ons neem gedoen uit VREES en nie liefde nie. Ons reageer op die uitdagings van die lewe met TWYFEL (self-doubt) en nie meer met hoop en optimisme nie.

Die Kabbalah lê ook klem op die foute en teleurstellings waardeur ons as mens gaan en hoe ʼn mens weer jou pad vind waar jy verdwaal en verlore voel. In die Judaïsme is ‘sonde’ nie iets wat ons aan God doen nie maar aan ons medemens. Ons DOEN sonde en IS nie sondig nie.

“Kyk op, kyk na die hemel,kyk na die wolke hoog bokant jou:as jy sondig, wat doen dit aan God,as jy baie keer oortree,hoe raak dit Hom,as jy sonder sonde is,wat baat dit Hom,wat kry Hy van jou?Jou sonde raak jou medemensen jou onskuld raak jou medemens.”— Job 35:5-8 —

Die ‘Sephirot’ begin bo met die Keter (die Kroon) as die hoof van die liggaam en eindig onder met die Malchut (Koninkryk van God). Dit staan bekend as die Shekhinah (Teenwoordigheid van God) wat ons as Christene ken as die “Heilige Gees”.

‘Die Aanklaer’ (ha-satan) wat ons herken as die EGO is verantwoordelik vir al ons emosionele pyn, en waar ons reageer vanuit die EGO word ons self-destruktief en sleur alles met ons mee.

GELOOF en VERTROUE is iets waaraan ons elke dag werk. Wanneer ons “deur 'n dal van doodskaduwee gaan” (Psalm 23) is dit ook die pad na die LIG. Dit bring ons nader aan God deur ons omstandighede te gebruik om ons te verander en te vernuwe.

Kom ons vat Sondag die TIEN punte van die Sephirot wat korrespondeer met die tien liggaamsdele en dan plaas ons dit in konteks van ons intellektuele, emosionele, en spirituele lewe.

Waar jy ook al gaan, gaan jou lyf saam. Daarom is dit onmoontlik om ooit weer dieselfde aan jou liggaam te dink behalwe om dit te sien as ʼn refleksie van die Goddelike.

Waar jy gaan, gaan God saam.

Soos altyd

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“Why should anyone care about the Kabbalah? Because it challenges our understanding of God, and dares us to transform ourselves. It shatters childish theological images, and discovers a God called Infinity.”― Daniel Matt 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights