Christelike Mistiek II - 9 Augustus 2023

“All the darkness of the worldcannot extinguish the light ofa single candle.”― St Francis of Assisi —

Ons sit ons reis voort oor die MISTIEK.

Wat is die Mistiek?(Lees tot aan die einde asseblief)

Die Mistiek gaan oor ʼn ervaring met God wat dieper lê as intellektuele begrip en dogmatiese oortuigings. Dit behels ʼn belewing van die Goddelike Teenwoordigheid in ALLES wat ons is, sien, en ervaar.

Die Mistiek staan in verwondering oor die Groot Misterie wat in al ons verhoudings manifesteer. Dit omvat die ganse mensdom, skepping, en die kosmos. Dit lê veel dieper as geloof-sisteme en dit verander en vernuwe ons gedagtes, aksies, en reaksies.

Hoe vreemd dat daar agterdogtig na die Mistiek gekyk word in sekere kringe binne die Christendom en selfs na verwys word as deel van die ‘okkulte’ met GÉÉN begrip of erkenning aan die ryk tradisie van die Christelike Mistiek se invloed op ons geloof nie.

As ʼn jong seun het ek reeds ʼn gevoel gehad dat wat ek hoor en leer van God is te veel in die kop. Soos Jan Spies se Cremora advertensie van ouds: “It’s not inside, it’s on top!”

Eers later in my lewe, toe my pad gekruis het met die Mystics in die Christen tradisie, sou ek die woordeskat kry om te kan verwoord wat ek nog altyd aan die binnekant gevoel het —

Om 'n direkte en intieme verhouding met God te hê, die interconnectedness te erken en die groter geheel in perspektief te sien, en om die inwonende krag van God in alles te ervaar. Dit maak van my 'n Mystic.

Enige serebrale retoriek oor God staan my nie aan nie. Elke geloofsbelydenis is net ʼn rigtingwyser en die oomblik as dit verhef word as die bestemming wat slaafs gevolg en nagepraat moet word, het dit vir my sy waarde verloor. Die oomblik as jy die Mistiek wil organiseer en met reëls wil bind, vernietig dit die wese daarvan.

Een van die persone wat die grootste invloed op my verstaan en ervaar van God, my teologie en bediening sou hê, is St Francis van Assisi.

Franciscus is gebore in 1182CE in ʼn welgestelde familie in ʼn klein Italiaanse dorpie genaamd Assisi. Sy toekoms sou wees om sy pa se besigheid oor te neem en om met oor- en invloed te leef. ʼn Reeks gebeure het sy lewe dramaties verander wat daartoe gelei het dat hy die wêreld van welvaart eenkant geskuif het vir ʼn lewe van radikale simplisiteit en toewyding aan God.

“Remember that when you leave this earth, you can take with you nothing that you have received — only what you have given.”— Francis of Assisi

As ʼn jong soldaat sou hy gevange geneem word in ʼn veldslag teen Perugia. Vir meer as ʼn jaar sou hy in ʼn donker nat tronk onder die grond sit voor die losprys betaal is. Daar het hy sy eerste visioen gehad dat hy geroep is om na die behoeftiges om te sien. ʼn Tyd later sou sy pad kruis met ʼn melaatse wat (soos in die tyd van die Bybel) verwerp en uit die dorpe verdryf is. Hierdie ervaring het ʼn geweldige invloed op die jong St. Francis gehad.

Wat aan hom vertel is van mense met hierdie siekte, die veroordeling dat dit ʼn ‘straf van God’ is, het in stukke gespat en gemaak dat hy sy geloof herevalueer. Van toe af sou hy homself voltyds toewy aan die versorging van melaatses waar hy tien teen een self melaatsheid opgedoen het wat gelei het tot sy vroeë dood op 44 jarige leeftyd.

Maar dit is St Francis se vermoë om God te sien in die natuur en alles om hom wat ʼn enorme invloed op my sou hê.

As hy vandag sou leef, sou die kerk seker ʼn bordjie om sy nek gehang het wat sê, ‘NEW AGE!’ — en sou ʼn kommissie van ondersoek seker ʼn klagstaat van panenteïsme teen hom ondersoek het.

“Panentheism is the belief that the divine is both transcendent (beyond or greater than the world) and immanent (present within the world). Panentheism acknowledges the presence of the divine in all things.”— Standford Encyclopaedia of Philosophy

St. Francis se mistisisme was geweef in sy liefde vir die natuur. Hy verwys gereeld in sy skrywes na elke element van die skepping as sy 'broers' en 'susters' met ʼn deurleefde ervaring van eenheid en interkonneksie met die natuurlike wêreld maar ook die ganse skepping.

Dink aan sy aangrypende gebed wat bekendstaan as ‘Canticle of the Sun’ —

“Be praised, my Lord, through all your creatures,especially through my lord Brother Sun,who brings the day; and you give light through him.And he is beautiful and radiant in all his splendour!Of you, Most High, he bears the likeness.Be praised, my Lord, through Sister Moon and the stars;in the heavens you have made them, precious and beautiful.”

Ek kan nie help om te dink hoe hy in verwondering sou gestaar en geskryf het as hy vandag moes geleef het met ons kennis oor die heelal — beide die makro- en mikrokosmos — asook ons verstaan van die biologie in die mens-, plant- en diereryk nie.

Ons gaan Sondag stilstaan by St. Francis se lewe en invloed, en die enorme skat van waarheid en wysheid wat ons van hierdie monnik kan leer. Glo my, as jou eie pad eers met St. Francis gekruis het, is NIKS ooit weer dieselfde nie.

“The measure of loveis to love without measure.”— St. Francis of Assisi —

Dít is die liefde van vandag se liefdegroete.

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“We have been called to heal wounds, to unite what has fallen apart,and to bring home those who have lost their way.” ― St. Francis of Assisi 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights