Christelike Mistiek III - 16 Augustus 2023

“What does the spiritual journey matter other than it transforms our lives? Nowhere is this more obvious than in our personal relationships.”― Donna Goddard —

Ons gesels hierdie maand oor die betekenis en invloed van die Christelike Mistiek op ons intellektuele, emosionele, en spirituele lewe.

ʼn Kort definisie van die Mistiek: 'n direkte en intieme verhouding met God wat die ‘interconnectedness’ erken om die groter geheel in perspektief te sien; en om die inwonende krag van God se teenwoordigheid te ervaar in elke verhouding waarin ons staan.

Met ander woorde — dit behels 'n belewing van die Goddelike Teenwoordigheid in ALLES wat ons is en ervaar.

Ons het reeds gesels oor die Mistiek se invloed op die verhouding met onsself, en laas week oor ons verhouding met die natuur, en vandag gaan oor die Mistiek se invloed op die verhouding met ons ewemens.

So paar weke terug het ons dié aanhaling van Esther Perel onderstreep:

“The quality of our relationships determines the quality of our lives.”

Alhoewel die Christelike Mistiek fokus op ons verhouding met God het dit ʼn direkte invloed op ons verhouding met ons medemens. Dit sluit in die verhouding tussen man en vrou, ouer en kind, kind teenoor ouer, tussen vriende en familielede, maar ook ons verhouding met ʼn vreemdeling wat ons pad kruis.

In my eie lewe het die ervaring van hierdie persoonlike verhouding met die Groot Misterie ʼn direkte invloed op my interpersoonlike verhoudings. Die rituele van gebed, meditasie, en refleksie speel ʼn groot rol hoe ek hierdie verhoudings uitleef.

  1. Compassion and Love

Hoe groter en dieper ek die barmhartigheid (compassion) en liefde van God ervaar, hoe groter en dieper lê my empatie en liefde vir my medemens.

  1. Reverence and Humility

As daar met eerbied en nederigheid gekniel word, is daar meer respek en beskeidenheid teenoor hulle wat in my lewe is.

  1. Unity and Connection

Waar die eenheid en konneksie met God ervaar word, kom daar 'n bewustelikheid van ons eenheid en verbinding met mekaar.

  1. Grace and Tenderness

Om in verwondering te staan vir die liefdevolle-goedheid (grace) en teerheid van God, loop oor na ons ewemens in elke gebaar van kindness, tenderness, and understanding.

  1. Vulnerability and Openness

In my weerloosheid (vulnerability) teenoor God, het ek geleer om meer eerlik te wees met my beperkinge en swakheid en om saggies te wees met ander se weerloosheid.

  1. Presence and Expression

Hoe meer sigbaar die Goddelike Teenwoordigheid is in my lewe, hoe meer bewus raak ek om God se refleksie in ander se lewe te sien.

  1. Forgiveness and Transformation

Elke keer waar 'n dieper konneksie met God heling en transformasie in elke aspek van my menswees bring, hoe makliker word dit om vergiffenis en rekonsiliasie teenoor ander te openbaar.

Vir my persoonlik het die Mistiek ʼn reis geword wat die fondasie van my geloof, hoop, en liefde geword het. Dit is, en bly, ʼn Kompas wat wys waar is my Ware Noord.

Die lees en bestudering van mistici het vir my die woordeskat gegee om my verhouding met God beter te verwoord. Hoe meer my lippe daardie taal gedrink het, hoe meer het my hart daarvan oorgeloop.

Eers toe ek besef dat daar nie ʼn Hindu of Moslem, Jood of Christen manier van liefde is nie; dat daar nie ʼn Katolieke of Baptiste, Presbiteriaanse of Ortodokse manier van genade (grace) is nie; en nog minder ʼn wit of swart, gay of straight manier van compassion and kindness nie, kon ek my hart oopmaak sodat dié LIEFDE in en deur my kan vloei.

“If you have never let God love you in the deep and subtle way that God does, you will never know how to love another human in the deepest ways of which you are capable.”— Richard Rohr

Kom ons kyk Sondag na ʼn handvol maniere hoe ons intieme ervaring met God elke ander verhouding in ons lewe deurdrenk en hoe dit ons help wanneer ons gelukkig en tevrede is, maar ook as daar konflik en hartseer is.

Hoop om jou in ons Sirkel te sien.

Soos altyd

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“Lord, help me to live this day, quietly, easily. To lean upon Thy great strength, trustfully, restfully. To wait for the unfolding of Thy will, patiently, serenely. To meet others, peacefully, joyously. To face tomorrow, confidently, courageously.”  ― St. Francis of Assisi 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights