Waardes - 12 Julie 2023

“The two most important days in your life are the day you are born and the day you find out why.”― Mark Twain —

Een van die pilare in Judaïsme is die sogenaamde Tikkun Olam (“repairing the world”) waar ons aktief opgeroep word tot die verbetering van die wêreld deur middel van vriendelikheid (kindness), geregtigheid, en sosiale verantwoordelikheid. Deur liefdadigheidswerk (tzedakah) te doen, geregtigheid na te streef, en om vir ander te sorg, dra by tot ʼn betekenisvolle lewe.

Die Oostenrykse Jood en holocaust survivor Viktor Frankl som dit mooi op as hy sê —

“The meaning of life is not found in things, but in the people we love and the impact we have on their lives.”

In die maand waar ek ʼn geboortedatum herdenk, is daar baie vrae in my gemoed oor die betekenis van die lewe in die algemeen en die betekenis van mý lewe spesifiek. Vrae oor wat is sinvol, wat is my taak en roeping, wat is my bydrae tot die samelewing waarin ek leef?

In my dagboek van 10 jaar gelede het ek ook ʼn aantal vrae neergeskryf en nou besoek ek daardie vrae weer om te sien hoe ek dit verwesenlik het en wat ek saamneem na die volgende dekade in my lewe:

  1. Watter impak wil ek op die wêreld maak, en hoe kan ek 'n bydrae maak tot iets groter as myself?
  2. Watter ervarings of oomblikke in my lewe was die betekenisvolste, of onvergeetlikste en wat het dit so belangrik gemaak?
  3. Watter uitdagings of terugslae het ek in die gesig gestaar, en hoe het dit my perspektief op wat werklik betekenisvol is, gevorm?
  4. Watter dinge gee ek werklik voor om en belê ek my tyd, energie, en liefde in?

Uiteraard het ʼn mens se verstaan en ervaar van die lewe enorm geskuif oor ʼn dekade.

Daar was ʼn verdieping in ʼn mens se intellektuele, emosionele, en spirituele groei. Daar was ook teleurstellings en terugslae. Daar was afskeid en hartseer, maar daar was ook geskenke van liefde en vernuwing.

Ons vra hierdie maand — WAT GEE BETEKENIS AAN JOU LEWE?

Laas week het gegaan oor Interpersoonlike Verhoudings en vandag gaan oor Waardes.

Waardes verwys na die rigtinggewende beginsels en oortuigings wat ʼn mens (of gemeenskap) as belangrik, wenslik en betekenisvol beskou. Waardes dien as ʼn gids vir ons optrede, keuses, en prioriteite in die lewe, en vorm die grondslag vir persoonlike en sosiale gedrag. Dit beïnvloed hoe ʼn mens dink, voel, handel, en keuses maak.

Van tyd tot tyd is dit nodig om introspeksie te doen en te bepaal wat vir jou die belangrikste is. Waar ek vandag in my lewe is, sal ek sê dat waardes soos integriteit, deernis, regverdigheid, kindness, en lojaliteit vir my van groot betekenis is.

ʼn Mens het baie oortuigings (beliefs) wat beïnvloed word deur die tyd, plek, en omstandighede waar jy op die oomblik in jou lewe is. Dit is belangrik om so nou en dan te reflekteer oor hierdie oortuigings oor die wêreld, mense, sosiale kringe, loopbaan, en die lewe en jou plek daarin.

  • Vra jouself af of jou oortuigings jou besluite en optrede op 'n manier beïnvloed wat in lyn is met wat jy as belangrik beskou.
  • Daarmee saam evalueer jy hoe jy jou lewe daagliks lei. Weerspieël jou optrede en keuses jou waardes en oortuigings?
  • Dink daaroor of jy die dinge prioritiseer wat werklik saak maak vir jou, en identifiseer die areas waar jy voel daar kan aanpassings gemaak word om meer konsekwent te leef.
  • Soos al dikwels gesê, is dit só belangrik om aandagtig en bewustelik te leef. Dit bring 'n mens na die NOU en HIER waar jy in jou lewe is en help om ons skuldgevoelens (gisters) en vrese (môres) in perspektief te sien. Dit help ook om 'n dieper begrip te ontwikkel agter ons keuses en hoe daardie besluite ons lewe beïnvloed. Dit is vir seker makliker om besluite te maak as jy weet wat jou waardes is.
  • Wees bereid om aanpassings te maak — die lewe gooi soms sy storms en opdrifsels oor ons pad, en daar is dae wat 'n mens oorweldig voel deur emosies van nie-goed-genoeg-nie. Soms voel dit of 'n mens in 'n doodloopstraat is en jy weet nie wat of hoe om daaruit te kom nie. Dan gaan 'n mens terug na die Bron van wat is die goed wat betekenis en sin gee aan die lewe.

Hierin speel my spiritualiteit (verhouding met God) ʼn enorme belangrike rol. Dit is die een konstante in my lewe. Dit is die fontein waaruit my leivore van liefde vloei. Dit is die ruspunt waar ek vrede en vreugde hengel. Daar vind ek geduld met myself en mense om my. Dit is die inspirasie vir ʼn lewe wat geken word deur kindness en om goed te doen aan ander. Dit gee my krag om getrou en sagmoedig te wees in elke aspek van my menswees. Bowenal, hou dit my nederig en waak dit oor my om met selfbeheersing keuses te maak wat my Hoër Doel dien.

Met hierdie Vrugte (waardes) kan ʼn mens veilig om die slaggate van die lewe reis. Dit hou jou getrou aan jou ware Self sodat ʼn mens nie besluite maak waarvan ʼn mens die implikasies en konsekwensies nie eers kan begin bereken nie. Dit maak jou hart oop om die Teenwoordigheid van God te ervaar en die seëninge (wat reeds daar is) te sien.

Dit lyk my genoeg vir vandag.

Soos altyd

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“Your beliefs become your thoughts,Your thoughts become your words,Your words become your actions,Your actions become your habits,Your habits become your values,Your values become your destiny.”― Gandhi 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights