Onvoorwaardelike Liefde - 31 Mei 2023

“The only way love can last a lifetime is if it's unconditional. The truth is this: love is not determined by the one being loved but rather by the one choosing to love.”― Stephen Kendrick —

Gister sit ʼn pa op my bank en kom vra spirituele leiding hoe hy moet dink, voel, en reageer teenoor sy seun wat gay is.

“Waarvoor is jy bang?” vra ek vir hom. Na hy ʼn rukkie gedink het, sê hy, “Dat my kind gaan seerkry.”

“Waarom dink jy hy gaan seerkry?” vra ek. “Vir mense se oordeel en verwerping…” antwoord hy.

Tot my skok hoor ek hoe hierdie pa vertel dat hy na sy dominee gegaan het met dieselfde vrae en hoe daar met ʼn string Bybelversies vir hom vertel is hoe “sondig” sy kind is en hoe God dit “nooit sal goedkeur nie” en daarom, sonder dat dit gesê is, reguit hel toe gaan.

Ek vra hom of hy lief is vir sy kind? “Absoluut!” antwoord hy. Gaan jý jou kind veroordeel en verwerp? “NOOIT nie!” sê hy en raak bewoë.

“Sal God enige iets minder as dit doen?” vra ek en staan op om vir hom ʼn glas water en tissues te gaan haal.

Ons sit vir ʼn oomblik bymekaar in stilte. Ons hoef nie te praat nie. Hy weet dat ek weet dat hy weet wat onvoorwaardelike liefde beteken.

“Nothing you become will disappoint me; I have no preconception that I'd like to see you be or do. I have no desire to foresee you, only to discover you. You can't disappoint me.”― Mary Haskell

Hoe totaal liefdeloos is dit om met ʼn string Bybelversies vir ʼn pa te wil vertel wat God wil en sal doen met sy seun. Trouens, ek vind dit godslasterlik om enigsins nog so Godsbeeld voor te hou as die Waarheid, en moet asseblief nie kom met “… maar die Bybel sê” nie want dan gaan ek jou behoorlik toegooi onder versies oor wat die Bybel sê ons moet doen met ongehoorsame kinders; wat ons mag eet en aantrek; met wie jy mag trou en wanneer ʼn vrou onrein is; dat jy nie met swak oë in die tempel mag gaan nie; en wat gebeur as ons die wette breek rondom die Shabbat — alles wat volgens die Bybel beskou word as ʼn “gruwel in die oë van God.”

Really?? Is dit hoe ons nog oor God dink? Dan verstaan ons van LIEFDE net mooi niks nie en van ONVOORWAARDELIKE LIEFDE nog minder!

Miskien werk ons liefde met voorwaardes en verwagtinge want dikwels hoor ek dit in beradingsessies dat mense dink dat liefde is tit-for-tat. Is dit omdat ons glo dat God se liefde ook met voorwaardes en verwagtinge werk?

Nee, nee en nog ʼn keer NEE!

Wat het ons met LIEFDE gemaak? Wat doen ons in die naam van LIEFDE?

As liefde nie onvoorwaardelik is nie, noem dit dan asseblief iets anders. Hê die moed om dan eerder te sê, “Ek verwag van jou…” as om te sê, “Ek is lief vir jou.”

Elkeen van ons vra tog om onvoorwaardelik liefgehê te word. Ek wil myself by jou kan wees sonder vrees vir veroordeling en verwerping. Ja, sê vir my waar ek jou behandel met minder as wat jy verdien. Ja, wys my tereg as ek beloftes maak wat ek nie deursien nie. Wees lief vir my met my foute maar moet nooit toelaat dat dit jou seermaak nie.

Vera Nazarian som dit mooi op:

“Love is made up of three unconditional properties in equal measure:   1. Acceptance   2. Understanding   3. AppreciationRemove any one of the three and the triangle falls apart.”

Ek glo onwrikbaar in ʼn God wie se liefde nie met ʼn agenda kom nie. Wat liefde in ons uitstort sonder om ʼn druppel te mors, en dat ek niks kan doen wat daardie LIEFDE meer óf minder maak nie.

Ek hoor weer die skrywer van die Johannes Briewe wat sê:

“Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie want God is liefde.”en verder —“Niemand het God nog ooit gesien nie, maar waar ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons sy doel volkome bereik.”— 1 Johannes 4:8, 12

Ons tema vir die maand is — FOOD FOR THOUGHT.

Kom ons begin Sondag ons gesprek oor die geskenk van ‘Onvoorwaardelike Liefde’ — wat dit beteken en hoe pas ons dit toe in ons lewe. Hoe lyk LIEFDE sonder kondisies en verwagtinge?

Dit is my beskeie mening dat dit die sleutel is tot ʼn betekenisvolle lewe wat geken word deur respek en verdraagsaamheid, kindness, compassion, vergewensgesind en vrede.

Dit is wat die voorbeeld en inspirasie van Jesus my leer.

Hoe anders gaan ons die fakkel van onvoorwaardelike liefde oordra aan die volgende geslag?

Soos altyd

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“Only love that continues to flow in the face of anger, blame, and indifference can be called love. All else is simply a transaction.”― Vironika Tugaleva 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights