Awareness - 17 Mei 2023

“Be present in all things,and thankful for all things.”― Maya Angelou —

Ons sit ons gesprek voort oor ‘Vier Gesprekke vir Vier Seisoene’ en teen volgende week sal alles bymekaarkom.

Ons het reeds gesels oor — ‘Creativity’ and ‘Healing’, en vandag gaan oor ‘Awareness’.

[Vergewe die Engelse begrippe, maar die Afrikaans sukkel om dit raak te sê]

ALLE emosies is net ʼn reaksie op iets wat gebeur het.

‘Self-Awareness’ is die vermoë om bewus te wees van hierdie emosies en jou dieper laat kyk na elke aksie en reaksie, waarom jy op ʼn bepaalde manier voel wat jy voel, en hoe om ons gedagtes daaroor te verander sodat daar ʼn beter, meer positiewe uitkoms op ʼn bepaalde situasie is.

Dit is regtig nie so gekompliseerd as wat ons dink nie — om die waarheid te sê, is dit eintlik eenvoudig. Ons maak dit vir onsself ingewikkeld.

Helaas, as mens se lewe gevul word met gedagtes van spyt en self-verwyt oor goed wat in die verlede gebeur het, of vrees vir alles wat moontlik verkeerd kan gaan in die toekoms, dan kan daar geen self-awareness wees nie.

Verder, in die meedoënlose pas waarin ons deur die lewe jaag, is ons ten spyte van ʼn wêreld waar alles met alles verbind is meer disconnected van onsself en mense om ons. Om bewustelik te leef bring jou nader aan jou Self sodat jy volkome teenwoordig kan wees in die hier en nou van jou lewe.

Dit bring 'n dieper verbintenis met jouself, met ander, en ons plek op hierdie planeet wat lei tot persoonlike groei en emosionele welstand om meer doelgerig en harmonieus te leef…... en wie is daar onder ons wat nie hiervoor honger en dors nie?

In other words — self-awareness is to pay attention to the way you think, feel, and behave.

Om aandagtig te leef maak dat ons die patrone in ons gedagtes, emosies en gedrag herken. Ons sien en erken die goed wat ons van balans gooi en ontwikkel die vermoë om te fokus op dit wat beter verhoudings kweek, meer gemoedsrus bring, helder en nugter denke wat ons in staat stel om meer produktief en effektief te wees.

Dit is my ervaring dat baie min mense kan sê wat hul voel. Ja, ons kan ʼn klomp emosies (reaksies) noem, maar het nie die taal om te sê wat ons werklik voel nie.

Emosies en gevoelens kan gelyktydig plaasvind, maar is nie dieselfde ding nie. Wanneer ʼn mens bewus is van jou emosies en hoe om daarop te reageer, is ʼn mens beter toegerus om dit te prosesseer en deur dit te werk sodat onnodige konflik vermy kan word.

By die werk help ‘self-awareness’ om ʼn goeie voorbeeld te stel vir jou span en hulle gemaklik te laat voel om na jou te kom met vrae en bekommernis. Dit help met besluite wat geneem moet word en hoe om krisisse beter te bestuur. Sonder ‘self-awareness’ kom mense arrogant voor, óf verval mens in ʼn patroon waar jy almal tevrede wil stel en dan is daar geen boundaries nie.

In my jare se betrokkenheid by HR-opleiding by groot maatskappye het ek dit oor en oor gesien dat ‘self-awareness’ lei tot dieper konneksies en groter empatie. Daar is meer verantwoordelikheid wat lei tot selfvertroue en selfrespek, wat uitvloei na die waardes van mindfulness and kindness.

Nou onlangs het hierdie aangrypende aanhaling van George Bernard Shaw my weer herinner wat die krag, inhoud, en betekenis is om te leef met Emotional and Spiritual Awareness 

“This is the true joy in life, being used for a purpose recognized by yourself as a mighty one. Being a force of nature instead of a feverish, selfish little clod of ailments and grievances, complaining that the world will not devote itself to making you happy. I am of the opinion that my life belongs to the whole community and as long as I live, it is my privilege to do for it what I can. I want to be thoroughly used up when I die, for the harder I work, the more I live. I rejoice in life for its own sake. Life is no brief candle to me. It is a sort of splendid torch which I have got hold of for the moment and I want to make it burn as brightly as possible before handing it on to future generations.”

Kom ons verken Sondag ʼn handvol maniere hoe om hierdie ‘AWARENESS’ te verfyn — hoe om meer bewustelik te leef elke oomblik van die dag: die koffie wat jy drink, die soen van jou kind op pad skool toe, die pad wat jy vat werk toe, die persoon wat jy eerste groet, en hoe jy deur elke móét-doen kom tot jy die deur agter jou sluit by die werk of die huis.

‘Self-awareness’ (i.e. mindfulness) sal altyd die naald op die kompas wees wat wys na jou Ware Noord. Dit maak ʼn mens intens bewus van ons interafhanklikheid met mekaar en is verweef in ons verhouding met God. Trouens, ek weet nie hoe laasgenoemde moontlik is sonder om nie elke spirituele sintuig oop en ontvanklik te maak vir die hartklop van die Groter Ritme nie.

“Forget your voice, sing!Forget your feet, dance!Forget your life, live!Forget yourself, and be!”― Kamand Kojouri —

Kom ons dink, doen, en voel vandag ANDERS as al die ander dae wat ons onthou.

Soos altyd

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“Let us not look back in anger, nor forward in fear, but around in awareness.”
― James Thurber 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights