“Vocation does not come from a voice out there calling me to be something I am not. It comes from a voice within calling me to be the person I was born to be.”
― Thomas Merton —
Die woord ‘vocation’ kom van die Latynse woord vocare wat beteken: om te roep. Dit kan besmoontlik vertaal word met ‘die sterk gevoel dat jy geroep is vir 'n bepaalde taak’ — dit maak nie saak of dit is om visserman, verpleegkundige, skilder, of skrynwerker te wees nie.
Sinonieme vir ‘vocation’ is: calling, purpose, function, mission, or passion.
Oor die jare het ek al dikwels vir mense gevra: ‘as geld geen kwessie is nie wat anders sal jy doen as die beroep wat jy nou beoefen?’ Jy kan nie glo hoe klein is die persentasie van mense wat sê dat wat hul op die oomblik doen, wou hul nog altyd doen nie. Die meeste sal iets totaal anders noem.
Net gister vra ek weer die vraag en die antwoord is, “Ek is hopeloos te oud om nou te wil verander van beroep.”
“HOPELOOS? Beteken dit, ‘sonder enige hoop’ om van iets anders ʼn sukses te maak?” vra ek verstom.
Daarom is ons tema vir die maand — die HOOP beskaam nie.
In Hebreeus is daar drie woorde vir ‘hoop’ — daar is tiqvah (longing, waiting, anticipation, hoping) wat kom van die woord qavah (enduring, expectancy, eagerly looking forward, confidence, hopeful); en dan is daar yachal (to wait patiently and expectantly, to have hope).
Die Joodse verstaan van HOOP, is die vermoë ‘om te kan wag’ — hope is to wait with a purpose!
Om te praat oor HOOP, is om te praat oor deursettingsvermoë, geduld, volharding, dapperheid, en vertroue.
HOOP is ʼn keuse wat jy maak, dit is ʼn besluit wat jy neem om dit te koester, kweek en te kultiveer in elke situasie ongeag die omstandighede.
Optimisme en HOOP is nie dieselfde ding nie. Dit is wel so dat optimistiese mense meestal meer HOOP het as ander, maar jy kan ook sinies en pessimisties wees en steeds HOOP hê.
Optimisme gaan meer oor die algemeen en HOOP is meer gefokus op iets spesifiek.
Studies het bewys dat HOOP is een van die beste versnellers van ‘physical and emotional well-being’. Daar is ʼn verbetering in ons fisiese gesondheid, asook ons emosionele en sosiale welstand.
Hier is ʼn handvol maniere hoe om HOOP te ontsluit:
Om onseker te voel, is nie noodwendig 'n slegte ding nie. Trouens, onsekerheid bring ons dikwels na die fontein van HOOP. In elke terugslag is daar 'n geleentheid om te groei, elke krisis is 'n oproep om (ten goede) te verander.
Dink vir 'n oomblik oor alles wat jou gebring het tot waar jy vandag is — elke triomf maar ook elke teleurstelling. Alles kon nie altyd sleg gewees het nie. As jy dagboek hou, blaai terug en onthou die goed wat jou HOOP gegee het.
Ons raak maklik gefikseerd op dit wat (moontlik) verkeerd kan gaan. Ons geheue is verstop van goed wat sleg was in die verlede. Om bewustelik en aandagtig te leef maak dit moontlik om betekenisvol te leef. Maak brain-tattoos van dit wat HOOP vermeerder.
Verstaan wat dit is wat jy wil hê, en waarheen jy op pad is. Stel haalbare doelwitte en hoe jy dit stap vir stap gaan bereik. Wees realisties en omring jou met mense wat jou kan help daarmee. Wees kreatief in jou aksies en reaksies.
Challenge your believes and not your faith! HOOP het twee vlerke — die een is GELOOF en die ander een is LIEFDE. Moet dit nooit onderskat nie. Sonder geloof en liefde verdamp HOOP.
Hierin speel gebed 'n belangrike rol in my lewe. Wat is gebed? Dit is gefokusde gedagtes en intensies. Ek vra nooit WAT om te hoop nie, maar altyd HOE ek dit moet doen. Gebed verander MÝ en nie wat God moet, of nie moet doen nie.
Dit is maklik om hopeloos te voel in ʼn wêreld wat toenemend meer en meer pendel in chaos. Dink net aan global warming, inflasie, geweld, armoede, of die cANCer wat besig is om ons land te verguis, en dit is genoeg om ʼn mens die see te wil laat in hardloop.
Ons gee maklik HOOP op as ons nie ons sin kry nie. Die vraag is of dit werklik HOOP was, of is dit bloot ʼn onvervulde behoefte en verwagting?
HOOP is om ten spyte van, nieteenstaande, desondanks alles steeds te weet wat dit is wat jy móét doen en waar jy ʼn positiewe verskil kan maak in jou huis, jou straat, en die milieu waarin jy werk.
HOOP loop altyd oor… en het ʼn invloed op hulle wat saam met jou reis of jou pad kruis.
Kom ons gesels Sondag verder oor die vreugde en vrede wat HOOP bring — en hoe om te wag met 'n doel.
Mag die res van die week jou bewus maak hoe HOOP jou kruike vul — oorvol, oorloop, oorgenoeg.
Met liefde uit Tamboerskloof
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.