“The horizon changes
but the sun does not.” ― Proverb —Ons sit ons reis voort op die voetspore van Paulus en hierdie week kyk ons na die ‘Epistolé pros Korinthios’ (die Brief aan Korintiërs).
Korinthos lê (soos die kraai vlieg) 50km wes van Atene en so 90km per motor.
Die geskiedenis van hierdie stad dateer sover terug as 800BC en daar is verskeie redes waarom dié stad so belangrik was:
1. Korinte lê op 'n smal ‘land-brug’ (dit staan bekend as Isthmus) wat die Griekse vasteland van die Peloponnese Skiereiland, en die Mediterreense See van oos na wes met mekaar verbind. Sedert 600BC sou skepe vasmeer en dan hul bote, of vrag as die boot te groot was, oor hierdie 6km geplaveide pad vervoer sodat dit aan die anderkant verder kan vaar.
2. Net buite die stad is 'n berg wat so 700m bo seevlak is. Op hierdie berg is 'n stad gebou wat bekendstaan as Akrocorinthos (boonste Korinthos). Indien daar gevaar was, kon die stad onder by die see na bo vlug waar fonteine hul onbeperk kon voorsien om te oorleef en met die ligging kon hulle hulself verdedig.
3. Elke vier jaar was dit die Olimpiese Spele wat die grootste sportbyeenkoms in die destydse wêreld was — maar, elke twee jaar was die Isthmian Spele wat in Korinthos plaasgevind het. Dit het atlete, toeskouers, en handelaars van regoor die Mediterreense wêreld na dié stad gebring, asook hooggeplaastes uit die Romeinse Ryk insluitende die Caesar.
4. Maar Korinthos was ook 'n bestemming vir religieuse pelgrims — 'n kosmopolitaanse stad wat geken is vir sy vryheid en toleransie. Tot op datum is 26 tempels uit die antieke tyd in Korinthos gevind wat opgedra is aan verskeie gode en godinne.
Die bekendste is natuurlik die Tempel van Apollo (seun van Zeus en regter van religieuse wette) en op die Akrocorinthos was die Tempel van Aphrodite (the goddess of sexual love and beauty).
Daar was ook die Tempel van Asclepius (the god of spiritual and physical healing). Net buite die tempel was winkels waar replikas van liggaamsdele (wat genesing nodig het) gemaak is met klei of keramiek. Met een van die opgrawings is honderde sulke terracotta liggaamsdele gevind ... voete, bene, arms, hande, geslagsorgane, en selfs 'n keramiek skedel met 'n brein.
Hiermee blaai ons nou deur hierdie briewe wat Paulus geskryf het aan die gemeente in Korinthos.
Die twee briewe wat ons het, is eintlik deel van VIER briewe wat aan dié gemeente geskryf is: 1 Korintiërs 5:9 verwys na ʼn vroeër brief en 2 Korintiërs 2:3-2 verwys na sy ‘bedroefde en ernstige brief’ — ons het met ander woorde sy tweede en vierde brief as deel van ons Bybel.
Met bogenoemde as agtergrond gaan ons Sondag kyk na drie spesifieke gedeeltes waar Paulus verwys na die Isthmian Spele (Atletiek), die Tempel van Asclepius (eenheid van die Liggaam), en die Tempel van Aphrodite (die Goddelike Liefde teenoor losbandige erotiese liefde).
Ons weet dat Paulus saam met Pricilla en Aquila tentmakers was in die stad. Ons weet dat Korinthos ʼn groot Joodse gemeenskap gehad het. Ons weet daar was ʼn sinagoge wat Paulus gereeld besoek het om te praat oor Jesus en toe hy daar verdryf is, het hy langsaan in die huis van Titius Justus ʼn gemeente gestig.
Hy sou later vir sy lewe vlug uit Korinte en terugkeer na Efese (in vandag se Turkye) van waar hy sy briewe aan dié gemeente sou skryf.
Ons gaan Sondag drie vrae antwoord:
Dit beloof ʼn wonderlike, insiggewende gesprek te wees.
Hoop om jou daar te sien, want dis ook my verjaarsdagnaweek.
Liefdegroete
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.