Dualisme

“Praised be You, my Lord, through Sister Moon and the stars,In the heavens you have made them bright, precious, and fair.”― St. Francis of Assisi —

Die twaalfde boek in die Nuwe Testament is ʼn brief aan die gemeente in Kolossense.

Kolossense is in vandag se Turkye (wat ‘Klein-Asië’ genoem is in die tyd van Paulus) en so 14km van Denizli wat in die Bybel se tyd bekend gestaan het as Laodisea. Beide hierdie dorpe is omring deur hoë berge wat ʼn groot deel van die jaar sneeu op hul pieke het.

Die koue strome van sneeu wat smelt, vloei van die berge af en ontmoet fonteine met warm water in die valleie. Waar die warm en koue water mekaar ontmoet, is dit ‘lou’ wat gebruik word deur die skrywer van Openbaring (3:15-16) as ʼn metafoor vir die gemeente in Laodisea se spirituele lewe as dit sê, “... julle is nie koud of warm nie maar omdat julle lou is, sal ek julle uit my mond spoeg.”

Sedert die 19de eeu is Bybelkundiges dit nie eens wie hierdie brief geskryf het nie.

Alhoewel dit opgedra is aan Paulus en Timoteus is daar min in dié brief wat korrespondeer met die styl en inhoud van die briewe wat ons wel met sekerheid kan sê dit is deur Paulus geskryf. In Kolossense is daar 48 woorde wat nêrens anders in die Paulus briewe gevind word nie, en 33 wat nêrens in die Nuwe Testament voorkom nie.

Die brief is geskryf in Liturgiese Taal — dit is in poësievorm geskryf, amper soos ʼn lied, wat gebruik is in die gemeente se samekoms. Ook hierdie skryfstyl kom nêrens anders voor in die Paulus briewe nie.

Sommige geleerdes beweer dat dit deur Paulus gedikteer is uit ʼn tronk in Rome, maar ander voel dit is tydens sy gevangenisskap in Efese. Laasgenoemde maak sin as ons lees dat Paulus sê hy gaan die gemeente in Kolossense besoek sodra hy uit die tronk kom. Kolossense is so 120km van Efese wat by die see aan die Weskus lê en as ʼn mens wikkel, kan jy dit in 3 of 4 dae stap.

Kolossense was ʼn kosmopolitaanse stad met mense wat van oral rondom die Middellandse See gekom het. Daar was verskillende tale gepraat, verskillende kulture, en uiteraard verskillende godsdienste. Die jong gemeente met volgelinge van Jesus was iets nuuts en anders in die konteks van al die ander gode en godinne wat aanbid is.

Wat wel sterk onderskryf is deur al die godsdienste in Kolossense was die tydgees (zeitgeist) van DUALISME.

Dualisme is die filosofie van teenoorgestelde en kontrasterende idees en oortuigings.

Teologiese Dualisme leer dat daar ʼn verdeeldheid is tussen God wat in die hemel en ons wat op aarde is. Die geestelike en vleeslike is van mekaar geskei en die liggaam hou die siel gevange. Dit wat goed en sleg, reg of verkeerd is, staan in ʼn konflik met mekaar. “Mind and matter” sal mekaar nooit vind nie, is geglo.

Ongeag wie die skrywer(s) van hierdie brief aan die gemeente in Kolossense was, dit is ʼn merkwaardige stuk literatuur met ʼn boodskap wat só radikaal, só deurtastend, só ingrypend is dat dit vandag nog net so relevant is.

Waarom sê ek so ...?

Ten spyte van die enorme vooruitgang wat die mens gemaak het in elke dissipline van ons lewe, is ons meer verdeeld en onseker as ooit van te vore.

Ons is kronies angstig — oor die toekoms van ons land en ons familie, veral ons kinders; of ons dit emosioneel en finansieel gaan maak en hoe lank kan ons nog die leuen volhou ... oor ʼn werk waarin ek nie gelukkig is nie, ʼn huwelik waar liefde vervang is met behoeftes en verwagtinge, of ʼn geloof wat my dompel in skuldgevoel en vrees.

Ons is oorweldig deur soveel informasie wat ons verwar met kennis. Ons het die internet en rakke vol boeke maar meer onkundig (ignorant) as ooit.

Daar is ʼn moedeloosheid met kerke wat ʼn wêreld- en Godsbeskouing voorhou wat net nie meer versoenbaar is met die realiteit waarin ons lewe nie. Dis daarom nie vreemd nie dat dit vir sommige ʼn soort van verlossing is om tot die konklusie van ateïsme te kom nie.

Maar hoor wat sê die brief aan Kolossense oor hierdie DUALISME —

   •  Jesus is 'n vergestalting van die Christus (die Messiah, die Gesalfde) en was daar “from the beginning” (Col 1:15) — Big Bang et al, when mind became matter …

   •  In Christus het ons volkome deel in die Goddelike teenwoordigheid — “filled with the full knowledge of His will in all wisdom and spiritual understanding.” (Col 1:9), and “an open door for the Divine Word, to speak of the mystery of the Christ.” (Col 4:3)

   •  Deur Christus is alles ÉÉN en versoen met God — “All fulness is found in him, through him all things are reconciled, everything in heaven and everything on earth.” (Col 1:19-20)

   •  Met Christus is daar geen verwydering of verwerping nie — “there is not Greek and Jew, circumcision and uncircumcision, foreigner, Scythian, servant, freeman — but Christ is the all and in all.” (Col 3:11)

Dis waarna Richard Rohr verwys in sy boek ‘The Universal Christ’ as hy sê, “If you do not see the Christ in EVERYONE and EVERYTHING you cannot call yourself a Christian.”

  • Wat is die invloed van hierdie Christus-Beeld op ons verhouding met God, onsself, ons gesin, ons ewemens, die natuur, die struktuur waarin ons funksioneer, en die kultuur waarin ons leef?
  • Hoe bring ek my geloof, hoop, en liefde tuis? Hoe raak dit my proe, ruik, hoor, sien, en voel? Hoe vind 'n mens harmonie en balans met al ons teenstrydighede?
  • Waar begin 'n mens as daar soveel is om te ontleer?

Nie airy-fairy taal, teologiese dualisme, of sentimentele retoriek nie, maar prakties en sinvol vir die tyd waarin ons leef.

Dit is waaroor ons Sondag gaan gesels.

Geseënde en mooi week verder

Met liefde

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“Realization of our oneness in Christ is the only cure for human loneliness. For me, too, it is the only ultimate meaning of life, the only thing that gives meaning and purpose to every life.”
―  Richard Rohr, ‘The Universal Christ’ 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights