Spyt gee insig om iets te leer

“If only. Those must be the two saddest words in the world.”― Mercedes Lackey —

Die laaste 10 dae is ek plat in die bed met COVID. Die wa is deur die drif en ek hoop om binnekort weer 100% myself te wees.

Daar is beplan om dié maand te gesels oor SPYT en wat die betekenis van hierdie emosie is. Helaas het die maand nou heeltemal anders uitgedraai as wat beplan is.

Een van die dilemmas van ʼn jong taal soos Afrikaans, wat geleen is uit soveel ander tale, is dat ons soms sukkel om ʼn eie-woord te skep wat in ‘een woord’ presies die betekenis kan raak-sê.

Kyk ʼn mens in die HAT na die woord ‘spyt’ dan is die definisie en sinonieme omtrent almal emosies as gevolg van spyt en nie wat spyt self is nie.

Kom ons probeer:

In Engels en in Frans is dit, ‘regret’ en in Duits is dit ‘Reue’; die Spanjaarde praat van ‘lamentar’ en in Sweeds is dit ‘ångra’ (to undo) — en wat ons hoor in hierdie woorde is: spyt, lament, en die wens om dit anders te kon doen.

Dis waaroor Daniel H. Pink se boek ‘Power of Regret’ gaan as hy uit navorsing wys dat alle regrets kan in vier kategorieë saamgevat word:

  • Foundation Regrets: there was a junction in life where I had a choice to look better after my health; saved more money for a rainy day; had more self-discipline... if only I’ve done the work!
  • Boldness Regrets: there was a junction in life with a choice: you can play it safe, or you can take a chance... if only I’ve taken a chance!
  • Moral Regrets: there was a junction in life and a choice I had to make: I can do the right thing, or I can do the wrong thing or even worse, did nothing... if only I did the right thing!
  • Connection Regrets: there is a junction in life, and I regret that I did not take the chance to make a change... if only I’ve reached out!

Wat beteken spyt: dit is ʼn diep jammerte oor ʼn keuse wat gemaak is. Spyt het ALTYD te doen met keuses.

ALMAL van ons dra ons rugsak vol goed waaroor ons spyt is. Dinge wat ons anders sou doen as ons weer in dieselfde situasie is. Om meer moed te hê om te doen wat ons weet die regte ding is om te doen.

Ek is ʼn suspisieus teenoor diegene wat so maklik sê, “I have no regrets” —or— “I don’t regret anything.” Ek wil vra, “No regrets, as in nothing, as in never ...?” en wil sommer byvoeg, “Moet lekker wees om jy te wees.”

Ek sien spyt vir wat dit is. Miskien is ek te sensitief om enige emosie van spyt net summier te negeer. Om die waarheid te sê, voel dit vir my dat spyt daar is om ons te help om beter besluite te neem.

As dit aan my deur kom klop, kyk ek hom in die oë. Ek wil weet wat is die les te leer; ek wil weet hoe om daarop te reageer; ek wil weet wat gaan ek doen as dit weer gebeur?

Spyt en berou is nie dieselfde ding nie. Ek kan spyt wees oor iets omdat ander weet, maar dit beteken nie berou nie. Die voorbeeld wat ek altyd gebruik is Regter Masipa wat aan die einde van die Oscar Pistorius verhoor vir hom sê, “Mr Pistorius, I see a lot of regret, but I don’t see any remorse.”

Mense kan spyt wees oor iets net omdat hul uitgevang is — and maybe that is more shame than regrets.

Berou is om verantwoordelikheid te neem vir jou keuses veral as dit verreikende implikasies en konsekwensies het op ander se lewe.

Die EGO sal altyd spyt wil sluier met blaam vir iets of iemand anders. Die EGO sal jou teleurstelling en hartseer teen jou gebruik en jou laat voel jy is te stupid om die regte besluite te neem.

NB! Keep the ego out of REGRETS.

Ons almal maak foute. Soos ʼn mens ouer word, is dit wel makliker om die spyt oor die verlede te gebruik as kennis (insig) om met meer sekerheid om die slaggate van verkeerde keuses te navigeer.

“The idea of ‘no regrets’ doesn’t mean living with courage, it means living without reflection. To live without regrets is to believe we have nothing to learn, no amends to make, and no opportunity to be braver with our lives.” — Brené Brown

Nie langer ʼn slaaf van spyt oor die verlede nie, maar ʼn helingsproses wat doelgerigte aandag en optrede vereis. Vandag kan ek sit met ʼn teleurstelling sonder om my krag weg te gee of ʼn klaaglied te skryf.

Maak die feit dat ek ʼn Christen is enige verskil hoe ek spyt sien en daarop reageer? VERSEKER.

Ek sien nie spyt as sleg of sonde, of straf vir verkeerde keuses nie. Vir my is dit eenvoudig: Regrets are wakeup calls to live more mindful.

Gebed verander my, en dan verander ek wat nodig is om te verander. Gebed sit die lig aan sodat ek kan sien waarheen ek op pad is. Gebed sit spyt in konteks.

Ek moes leer om op die uitkyk te wees vir die slagysters van selfverwyt deur meer bewus te wees wat se informasie ek my gedagtes voer. Vandag noem ek dit: the choice of attention.

Vergiffenis laat spyt vry — aan die eenkant vry om nie ander se keuses vir my rekening te vat nie, en aan die anderkant om te gaan regmaak waar mý aksies en reaksies ʼn wond gelaat het by iemand anders.

Maak tyd vir spyt en klee dit met siel-denke — nie net as jy in die nood is nie, nie net wanneer dit jou pas nie maar gedissiplineerd en met die nodige toewyding.

Filter die spyt deur die lens van waarheid en eerlikheid. Wees moedig, meer dapper, maar ook sagter. So word spyt ʼn fakkel en ʼn kompas.

Dis genoeg vir vandag

Liefdegroete

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“The only things I regret, and the only things I’ll ever regret are things I didn’t do. In the end, that’s what we mourn. The paths we didn’t take. The people we didn’t touch.”
―  Scott Spencer 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights