“The meaning of life is to find your gift. The purpose of life is to give it away.”
― Pablo Picasso —
Ons tema vir die maand is — VERLIGTING. Dié woord het twee betekenisse in Afrikaans:
Ons het begin met: Liefde, Oorgawe, Vertroue, Entoesiasme (L.O.V.E); toe het ons gesels oor: Fonteine, Aanvaarding, Intensies, Transformasie, Heling (F.A.I.T.H); laas week het gegaan oor: Visie, Insig, Ervaring, Wysheid (V.I.E.W).
Die grootste geskenk wat my twee ouers my gegee het, is om in my te glo. Soos die jare aangestap het, het ek besef dat dit ʼn refleksie is van die feit dat ook God in my glo. Om te glo in ʼn God wat in jou glo — dis wat LIEFDE vir my beteken.
“What you are is God's gift to you, what you become is your gift to God.” ― Hans von Balthasar
Liefde is ʼn geskenk. Geloof is ʼn geskenk. Hoop is ʼn geskenk. Wat is hoop anders as om insig te hê (i.e. om ervaring om te sit in wysheid) en uitsig (om die konteks te sien en so perspektief vind in alles wat is en als wat gebeur).
Daarom sluit ons hierdie maand af om te gesels oor GESKENKE.
► Genade — in Engels is twee woorde wat beide vertaal word met ‘genade’ naamlik: mercy and grace. Ons dink meestal aan genade as mercy. Met ander woorde, ons verdien om gestraf te word maar God het genade (i.e. mercy). Die genade waarvan ek praat is totaal iets anders as 'kwytskelding'.
Beide die Hebreeuse woord hesed (uitspraak: gêsêt) en Griekse woord charis (uitspraak: garies) is moeilik om te vertaal. Hesed én Charis is loving-kindness, blessing, a gift, en word meestal vertaal met grace (genade).
Paulus skryf aan die gemeente in Korinte oor die ‘doring in sy vlees’ en dan sê hy God het hom geantwoord deur te sê,
“My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” (2 Korintiërs 12:9)
Genade is gratis. Genade is ʼn geskenk. Daar is niks wat jy kan doen om dit meer, óf minder te maak nie. Dit is wat en wie God IS. Besef jy dit, ontvang jy dit met ʼn oop hart, en kan jy daarvan oorloop na ander?
Genade sê: van alles wat jy kan wees in die lewe — please be kind!
► Invloed — die woord ‘invloed’ kom van die Latynse woord: influere = in + fluere (to flow) = into the flow.
As ons stil raak en eerlik met onsself is, sal ons weet wat beïnvloed ons, en as ons sensitief genoeg is, sal ons weet wat is ons invloed op ander.
Paulus skryf aan sy dierbare vriend Titus en die Engels vertaal dit mooi:
“Show yourself in all respects to be a model of good works, and in your teaching show integrity, dignity.” — Titus 2:7
Die planmatigheid van die ganse heelal werk op die beginsel van oorsaak en gevolg. Op ʼn wonderbaarlike manier vloei ons in die liefde en genade van God. Ons loop oor en dit vloei na almal om ons. Ons kan beide oorsaak én gevolg beïnvloed.
► Floreer — wie is daar onder ons wat nie wil gedy in ons lewe, ons interpersoonlike verhoudings, ons drome en aspirasies nie.
“Geseënd is die man wat op die Here vertrou, wie se vertroue in die Here is. Hy is soos 'n boom wat geplant is by water, wat sy wortels skiet by die stroom, en nie bang is as die hitte kom nie, want sy blare bly groen en hy is nie bang in die jaar van droogte nie want hy hou nie op om vrug te dra nie.” — Jeremia 17:7-8
ALLES is 'n geskenk!
Ja, my spanning is 'n geskenk want dit bring my op 'n plek waar ek weet iets moet verander en dit gaan geboorte gee aan 'n nuwe verhouding en ervaring met my Self.
Ja, my siekte is 'n geskenk want as dit nie vir die siekte is nie het ek nie die verhouding met myself, my vriende en familie, en met God wat ek het vanweë die siekte nie.
Ja, my seerste seer is 'n geskenk want dit maak dat ek eerlik is met myself, ontvanklik vir 'n nuwe begin, en bereid om my 'wonde' lig en lug te gee.
► Toewyding — ons weet alles van dissipline en toewyding as dit kom by ons werk, ons gym, ons geldsake, ons familie en vriende … maar as dit kom by dinge van die hart, die essensie van ons sielswese, dan is toewyding gereserveer vir tye van nood.
Wanneer daar ʼn krisis is, dan roep ons — dan belowe ons om meer toegewyd te wees in ons spiritualiteit en verhouding met God.
Maak ʼn 30 cm skuif van jou kop na jou hart. Vra jouself of dit waarna jy jaag ʼn duit verskil gaan maak as jy in ICU lê, en of al die goeters wat jou besit ʼn ekstra dag in jou lewe gaan koop?
“Kom, almal wat dors is, kom na die water toe, selfs ook dié wat nie geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder om te betaal, wyn en melk. Waarom betaal julle vir iets wat nie brood is nie, waarom werk julle vir iets wat nie kan versadig nie? Luister aandagtig na My, sodat julle kan eet wat goed is en versadig kan word met die beste wat daar is.” — Jesaja 55:1-2
Hoor dit weer: Dedication is a gift. Devotion is a gift.
Kom ons gesels Sondag oor: Genade, Invloed, Floreer, Toewyding (G.I.F.T)
Vrede en Vreugde!
Soos altyd
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.
“Remember that when you leave this earth, you can take with you nothing that you have received—only what you have given.”
― St Francis of Assisi ―