Verligting

People have enough to live by
but nothing to live for;
they have the means
but no meaning.”
― Victor Frankl —

Dit is genadiglik koeler vandag, wat beteken ʼn mens kan weer helder dink.

ʼn Nuwe maand, en die jaar is op ʼn drafstap. Die laaste paar dae blaai ek deur boeke en YouTube-video’s op soek na ʼn tema vir die maand. Waaroor sal ons gesels? Wat sal ons deel om betekenis te gee aan alles waarvan ons probeer sin maak?

My oog vang ʼn Facebook-nota wat die vyf groot Godsdienste se waarheid oor naasteliefde onderstreep:

  1. Buddhism — Hurt not others with that which pains yourself
  2. Hinduism — Treat others as you would yourself be treated
  3. Islam — Do unto all men as you would wish to have done unto you
  4. Judaism — What you yourself hate, do to no man
  5. Christianity — Do unto others as you would have them do unto you

Ses-honderd-sewe-en-sewentig (677) dae van ‘lockdown’ — en ek dink dat almal van ons, in murg en been, vermoeid is met Covid. Die meeste van ons het teen dié tyd al Covid gehad en almal van ons ken iemand wat oorlede is aan dié virus.

Ons kyk nie eers meer na die statistiek nie. Die kollektiewe verlies en verdriet van bykans twee jaar het sy litteken gelos.

Oral, veral sosiale-media, verstik aan ʼn ongekende onverdraagsaamheid. Mense verpletter mekaar met woorde en spoeg op almal met wie hul nie saamstem nie.

Die verfoeide ‘cancel culture’ uit Amerika wil enige iemand wat nie dink of glo of doen soos die ‘beterweters’ nie, van die aarde vee — waarvan Joe Rogan en Novak Djokovic die nuutste slagoffers is.

Dit lyk vir my, en ek kan myself misgis, dat ons vanweë ons ‘maskers’ nie meer dink voor ons praat nie. (Weet nie van jou nie, maar ek kan nie eers iemand anders hoor as ek ʼn masker op het nie.) Ons staan só vêr van mekaar dat ons nie meer weet wat konneksie beteken nie. Ons is só ontsmet dat ons verleer het om aan mekaar te raak, en van die geringste dingetjie word aanstoot geneem.

  • Ons deernis en empatie is vervang met agterdog en wantroue
  • Ons is gestroop van wat betekenis het — meaning has no meaning anymore
  • Ons wil vir ander sê WAT hulle moet wees, maar het geen idee WIE ons is nie
  • Ons het ons solidariteit verloor — consumed and detached
  • Ons voel onsself vervreemd soos 'n blaar wat sy boom verloor het

MAAR, daar is ʼn ander manier om hierna te kyk. Daar is verligting as ons WIL.

Kom ons gesels hierdie maand oor die dubbel betekenis van die woord — VERLIGTING.

  1. Verligting beteken: gevoel van gerusstelling en ontspanne ná angs of nood — asem uit.
  2. Verligting beteken ook: spirituele insig, dieper kennis, persoonlike openbaring — asem in.

Die Goue Reël sê: ‘Doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil hê,’ (Matt 7:12, Lukas 6:31). In die briewe van Paulus gaan hy uit sy pad om die gemeentes daaraan te herinner dat LIEFDE vir “jou naaste soos jouself” is die vervulling van al die riglyne en rigtingwysers van God.

TWAALF keer in die Nuwe Testament lees ons, “Julle moet mekaar liefhê!”

Dit is duidelik dat die sleutel tot VERLIGTING — relief and illumination, release and enlightenment — lê in die liefdesgebod.

Wat beteken hierdie woord: LIEFDE ...? Hoe koester en kultiveer ons hierdie Goddelike Energie en Inspirasie?

■ Liefde — die hartlikheid en teerheid van 'n onkreukbare vriendskap; toegeneentheid en sorgsaamheid; opregtheid in die saam-wees en saam-doen; ontvanklik om te kyk en te sien, te luister en te hoor; en mekaar inspireer tot die beste weergawe van jouself.

■ Oorgawe — oorloop, oorgenoeg, oorgawe (surrender) op die mees positiewe manier denkbaar; om bereid te wees om jou wonde én skadukant met 'n ander te deel; jou broosheid en kwesbaarheid vir 'n ander wys sonder vrees vir verwerping en veroordeling.

■ Vertroue — om veilig te voel in iemand se teenwoordigheid; om verantwoordelikheid te vat; om getrou te wees aan jouself en daarom vertrou kan word; betroubaarheid kweek integriteit, nie net as dit goed gaan nie, nie net solank ek my sin kry nie.

■ Entoesiasme — intense belangstelling; geesdrif en ywer om met optimisme en passie blomme te plant in die Tuin waar daar 'n bedding is vir jou beminde, 'n bedding vir jou gesin, 'n ander vir vriende en familie, 'n bedding vir 'n vreemdeling op besoek, en waar alles groei in die Sonlig en Reën van die Groot Liefde.

Ja, ek het al skatte van liefde gevind waar ek dit nie gesoek het nie. Wysheid ontvang by hulle van wie ek dit nie verwag het nie. Die onvoorstelbare skoonheid en onberekenbare mooi gesien op plekke waar ek nie eers gekyk het nie. Hoe dikwels het ʼn pad my raakgeloop en my gebring op ʼn plek waar ek nooit sou gewees het as dit nie vir die feit was dat ek verdwaal het nie.

Wat ʼn verligting. Wat ʼn verligting.

Kom ons onthou om nie te vergeet nie.

“I have entered into the darkest regions of myself, bearing torches and lighting candles. I have left a burning lamp in each lonely cave of my person; I have planted roses in every swamp of my mind; I have ignited stars in all the nights of my heart. I have lit myself on fire to walk through my soul. I have glowed as my own moon when there was no moon within me. I have done all that was necessary. Now watch me become the light, watch me be the light, watch me illume as light inside of light, watch me emerge as light. You've never seen this version of me before.” ― C. JoyBell C.

Soos altyd

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“I can understand why children are afraid of the dark,
but I can for the life of me
not understand why grownups are afraid of the light.”

―  Plato (Paraphrased) 

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights