“Grace means there is nothing we can do to make God love us more… and grace means there is nothing we can do to make God love us less.”
― Philip Yancey —
Ons gesels hierdie maand oor die inhoud en betekenis van KERSFEES — en het begin met die woorde uit Johannes Evangelie wat sê, “En die Woord het vlees geword en onder ons kom woon” (Johannes 1:14).
Wat beteken dit?
Die Spirituele Lewensreis begin met konsepsie (geloof), gevolg deur swangerskap (hoop), wat geboorte gee aan LIEFDE.
Die veelkleurigheid van God se liefde is allesinsluitend en verniet. Die bontkleed van God se genade is alomteenwoordig.
Die pallet van God se beloftes word gevind in — rebirth, remind, restore, reset, and recreate. Die reënboog van God se seëninge is die hele tyd daar/hier — die vraag is: sien jy dit, beleef jy dit?
Christmas is about Christ… it’s about compassion and kindness, grace, and communion (with God, friends, and family). Christmas is about new beginnings, about being the best version of yourself. Christmas is about the gifts of Life, Light, and Love — Christmas is a celebration of the presence of God.
As ons begin met “Die Woord het Vlees geword” dan kry dit hierdie week ʼn naam: EMMANUEL (wat beteken: God met ons).
“At first sight, joy seems to be connected with being different. When you receive a compliment or win an award, you experience the joy of not being the same as others. You are faster, smarter, more beautiful, and it is that difference that brings you joy. But such joy is very temporary. True joy is hidden where we are the same as other people: fragile and mortal. It is the joy of belonging to the human race. It is the joy of being with others as a friend, a companion, a fellow traveller. This is the joy of Jesus, who is Emmanuel: God-with-us.”
― Henri Nouwen
Matteus Evangelie begin met die woorde, “Emmanuel, God met ons,” en sluit sy Evangelie af met Jesus wat sê, “Kyk, ek is met julle altyd, tot aan die voleinding van tyd (eons).”
In hierdie naam word Jesus die sigbare teenwoordigheid van God. God is nie langer ʼn metafisiese wese êrens in die heelal nie; ook nie meer tevrede met hemelwesens (engele) wat hul vlerke klap elke keer as God iets sê; of ʼn God wat net geken en ervaar word in offers en rites nie.
Dis ʼn God wat teenwoordig is in ons menswees — in ons murg en bloed, in ons hoop en aspirasies, in ons trane en verdriet, in ons dans en ekstase, in ons wonde en ons vrese, en veral in ons mislukkings en teleurstellings.
Dis ʼn God wat by ons sit as ons vermoeid is, en by ons staan as ons val. Dis ʼn God wat sigbaar word in ons hande en voete, ons woorde en gedagtes. Dis ʼn God wat ons laat sien as ons blind raak, ons laat loop as ons kreupel is, en opwek uit die dood as omstandighede ʼn graf word.
God gee nie om of jy Katoliek, Protestant, Evangelical, of Baptis is nie. Ook nie of jy Christen, Hindu, Buddhist, of Jood is nie. Persoonlik glo ek dat God nie in woede, veroordeling, of verwerping verval as jy jouself ʼn ateïs of agnostikus, of een of ander -isme wil noem nie.
[Tussen hakkies: religie het in baie opsigte ʼn Godsverduistering tot gevolg want dit wil tussen God en mens kom staan met teologie en dogma en tradisies wat wil voorskryf waar en hoe en wat ‘Emmanuel’ beteken!]
Vir my as ʼn volgeling van Jesus het die naam “Emmanuel” ʼn baie persoonlike betekenis. God-by-ons gaan nie oor geskenke onder ʼn boom, of oorversadigde etes in buitensporig versierde huise nie. Kersfees is die seisoen van Emmanuel.
Ons vier die ‘goeie nuus’ (dis wat die woord ‘Evangelie’ beteken) dat God by ons is, en dat sy LIEFDE ons lewe positief beïnvloed.
Jesus se lewe, voorbeeld, getuienis, en inspirasie, plaas die fokus op God se Teenwoordigheid in alles en almal om ons. Dit is die geskenk van Jesus se geboorte, daarom is die enigste antwoord daarop om met blydskap en dankbaarheid draers van hierdie Teenwoordigheid te wees.
Kersfees is die transformasie van duisternis na lig — van vrees na liefde, van veroordeling na vergiffenis, van verwydering na versoening, van verlore na gevind.
Dit is BAIE persoonlik.
Dis nie meer VREDE OP AARDE nie maar vrede in my, in my gesin en dampkring, in my milieu en werk, in mý omgaan met elke vreemdeling en hulle wat nie van my hou nie. Ons sing nie meer ons HOSANNAS net saam met hulle wat soos ons is, soos ons dink, en soos ons glo nie — nee, ons sing “Hosanna!” (wat beteken: red ons!) om ons te herinner dat God by ons is... altyd... oral.
Die laaste woord behoort aan Bishop John Shelby Spong —
“Extending the presence of the holy in every life is finally what being the messiah means. That is what the Christ symbol is all about. That is what the life of Jesus means. Matthew has painted a portrait of Jesus, who is so at one with God that he is beyond every sectarian boundary that religious people have ever tried to impose on him; he is also beyond finitude and mortality. My hope is that Christianity itself, in all of its forms, will also walk courageously into that God, who in the words of Paul will be “all in all.” (I Cor 15:28, Eph 4:6)”
Mag die vrede wat alle verstand te bowe gaan oor jul gedagtes en harte die wag hou in Christus Jesus
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.
“Peace on earth will come to stay,
when we live Christmas
every day.”
― Helen Steiner Rice ―