Waar Hemel en Aarde aan mekaar raak

LIFE is like a camera.
FOCUS on what’s important.
CAPTURE the good times.
DEVELOP from the negatives.
and if things don’t work out,
TAKE another shot!
― Ziad K. Abdelnour —

Dis moeilik om te glo dat oor twee maande is dit Nuwe Jaar — maar hier is ons en ons is genadiglik deur hierdie jaar, en as jy hier kan lees, beteken dit jy is nog met ons.

Dit was Maandag verkiesingsdag en vir die eerste keer het my seun gestem. Gemasker en gesambreel het ons in die ry gestaan en daar was by my ʼn stukkie trots om dit saam met hom te kon doen. Dis ʼn voorreg om te kan stem, en ʼn voorreg wat nooit vanselfsprekend aanvaar kan word nie omrede miljoene mense op dié planeet hierdie voorreg nooit sal hê nie.

Ons gaan dié maand stilstaan by ʼn paar temas oor die onderwerp: Waar Hemel en Aarde aan mekaar raak.

Kom ons begin net eers deur onsself te vra wat bedoel word met die woord: HEMEL?

Vir my, en jy mag van my verskil, is hemel nie ʼn fisiese ruimte iewers tussen sterre- en sonnestelsels nie. Hemel is nie die geografiese plek waar God ‘woon’ en ek aankom na my dood nie.

Natuurlik het die Bybelskrywers geen insig gehad dat die aarde rond is en om die son draai nie. Daar was geen kennis oor kontinente of klimaat, die makro- of mikrokosmos nie.

Die Ou Testament-skrywers was sterk beïnvloed deur ander kulture en godsdienste. Die Hebreeuse woord vir hemel is: shamajim — en majim in Hebreeus is ‘water’ — the visible sky or atmosphere where God abides.

Die Nuwe Testament-skrywers se verstaan van die hemel kom van die Griekse drie-verdieping wêreldbeskouing waar Zeus in die hemel, Poseidon in die see en op aarde, en Hades in die hel woon — ‘oeranos’ (heaven) is the region above constellations where all things eternal and perfect dwell.

Binne ʼn Kultuur-Historiese konteks weet ons op watter stadium ‘hemel’ (as ʼn toestand van EEN met God) verander het na Elysium (beloning) en Tartarus (hel van veroordeling en verwydering van God).

In al die ou beskawings is ‘hemel’ gesien as ʼn voortsetting van ons aardse lewe.

Die ou Duits-Skandinawiese beskawings het dit Valhalla genoem; die Amerikaanse Indiane het daarna verwys as Happy Hunting Ground; en vir die Boeddhisme is Nirvana die staat waar alle behoeftes en verwagtinge verdwyn.

Vir Jesus was die ‘Koninkryk van God’ nie iets ná die dood nie. Dit is nie in ʼn ander tyd of op ʼn ander plek nie. Dit is hier en nou, dit is om en by jou, die hele tyd.

Vandag dink en verstaan ons die begrip ‘HEMEL’ in ʼn hele ander, nuwe konteks.

“You grow to heaven. You don’t go to heaven.” het Edgar Cayce gesê.

Hemel moet IN my wees voor ek in die hemel kan wees. Christene, en later Islam, het ‘hemel’ geannekseer as ʼn ‘beloning’ waar volgelinge óf bang gepraat word met die hel, óf omgekoop word met die hemel net sodat mense die reëls sal volg, eties en moreel sal leef, en die regte goed sal doen.

“Eternal life doesn’t start when we die; it starts now. It’s not about a life that begins at death; it’s about experiencing the kind of life now that can endure and survive even death.” ― Rob Bell

Wat is hemel dan?

HEMEL is om te onthou dat God hier, in en met en by ons is —  ons is geskape in die “beeld en gelykenis van God” (Gen. 1:26) en ons “asem die asem van God” (Gen. 2:7).

HEMEL is om te weet dat LIEFDE (en nét Liefde) die sleutel is om hemel te ervaar in elke aspek van ons menswees. Daar is, met ander woorde, net een pad na die hemel en ons noem dit LIEFDE.

HEMEL is waar mý hande en voete die engele word wat hemel na ander bring. Dis mý medemenslikheid en omgee wat ander na die hemel lei. Dit is mý vergiffenis en goedhartigheid wat ander bevry uit die hel van skuld en vrees. Die LIEFDE van God word deur my liefde sigbaar.

HEMEL is om bewus te wees dat die liefde wat in en deur my beweeg nie van my is nie. Om gereeld seker te maak dat ek oop en ontvanklik is om hierdie LIEFDE deur my te laat vloei.

HEMEL is die manier waarop ek my werk doen, hoe ek ʼn beter pa vir my kinders en ʼn beter man vir my vrou is. Dit is hoe ek met ʼn vreemdeling omgaan, en of ek meer gee as wat ek vat.

Wat gebeur dan ná die dood?

Ek het geen idee nie — as a matter of fact, I don’t even have a clue… but soon we will all know.

Waarvoor ek wel hoop, is om die hemel wat ons hier geskep, geken en ervaar het in te pak vir die reis.

Om die teenwoordigheid van God wat ek hier (soms) sien, ruik, hoor, proe, en voel vir altyd sal ervaar waar spasie en tyd geen betekenis het nie, en die paradoks van vorm, definisie, en dimensie verdamp in ʼn volmaakte eenheid.

Daarom bid ek vandag: Laat U koninkryk kom, laat U wil geskied, op aarde soos in die hemele.

Niks meer, niks minder nie.

 

GEDAGTE VIR DIE WEEK

“Life is not a mystery.
Our understanding of LIFE,
is a mystery.”

― from the movie: DUNE 

 

Neo-Spektrum Byeenkomste

Elke Sondag om 10:00
Kolping Kapel
7 Biccard Straat
Durbanville

Die eerste 50 wat kom
kry 'n sitplek

SONDAGBYEENKOMSTE

Broodjie vir die Week
Om ons weeklikse 
"Broodjie vir die Week" 
per e-pos te ontvang, 
druk hier.

KONTAK ONS

Terblanche Jordaan
(Spirituele Leier)
+27 83 460 4545terblanche@neospektrum.co.za
Annelize van der Linde
(Voorsitter)
+27 82 377 3318annie@finservice.co.za
Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com

DONASIES

NEO-SPEKTRUM is afhanklik van donasies om te funksioneer en om ons gemeenskapsprojekte te ondersteun. 

Bankbetaling

ABSA: Neo-Spektrum
Takkode: 632005
Rekening: 4083481065

Maandelikse debietorder

Edward Smuts
(Projekkoördineerder)
+27 82 788 1824ed56chris@gmail.com
©2025
Neo-Spektrum envelope-o
linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram
Verified by MonsterInsights