“We might be wise to follow
the insight of the enraptured heart
rather than the more cautious reasoning
of the theological mind.”
― A. W. Tozer —
Ek glo in GOD — nie ʼn Apostoliese God, of Protestantse God, ʼn Joodse of Christen God nie. Daar is nie iets soos ʼn Christen God, of Hindu God, of Islam God nie. Daar is GOD. God is nie ʼn Jood of Christen nie … God is geen man, geen vrou, geen wit, geen swart … God is GOD.
Ek volg die Christen tradisie. In hierdie tradisie is Jesus die vergestalting van die Christus (Messias/Gesalfde) wat in sy leer en lewe vir ons kom wys het hoe lyk ʼn mens wat totaal gevul is deur God. Sy voorbeeld is ʼn refleksie van wat dit beteken om as ‘beeld van God, in die gelykenis van God’ (Gen 1:26) geskape te wees en wie se lewe ʼn getuienis is van God se teenwoordigheid.
Sy opdrag is eenvoudig: voed hulle wat honger is, klee die sonder klere, vergewe die skuldiges, verwelkom vreemdelinge, sorg vir die siekes, bewys medelye aan jou vyande, en doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil hê — hierin lê die liefde, vrede, vreugde, genade en erbarming van God.
Ek glo daar is niks wat ek kan doen om die liefde van GOD méér of minder te maak nie … en dat ek nie by magte is om God te affronteer of te irriteer nie. Trouens, ek glo lankal nie meer in ʼn God wat ʼn tantrum gooi as hy nie sy sin kry nie.
Ek glo in die allesinsluitende liefde van God.
God seën my nie omdat ek die regte goed doen of regte goed glo nie. God se seëninge hang nie af van wat jy glo of nie glo nie. God se seëninge is daar vir almal — and when I get my act together, and align my soul-mindedness with the WILL (splendour, desire, delight) of God, then I will see (experience) the blessings that have been there ALL THE TIME.
Afhangende van die spesifieke Christen denominasie waaraan jy behoort, is die Bybel enige iets van 66 boeke in die meeste Protestantse Kerke tot 73 in die Katolieke Kerk en 81 boeke in die Ethiopies Ortodokse Kerk.
Vir my persoonlik is die Bybel, die Apokriewe Boeke, sowel as die Gnostiese Evangelies die basis-dokumente van my Christelike geloof. Soos reeds genoem, twyfel ek of nóg Jesaja, nóg Paulus te vinde daarvoor sou wees as jy vir hulle sou sê dat 2000 jaar later sal mense hul woorde lees as die ‘onfeilbare’ Woord van God.
Beide Ou en Nuwe Testament is geskryf in die taal van simbole, beeldspraak, en persoonlike ervarings om vir die lesers van die tyd ʼn rigtingwyser te wees na ʼn pad terug/met God. Om die waarheid te sê, ons kan net oor God praat in metafore.
Ek vat die Bybel baie ernstig op, maar lees nie als as histories-feitlik nie maar meer histories-metafories. Ek lees die Bybel as 'literatuur' waar ek dikwels tussen al die verskillende genres, as ek mooi lees, die Woord van God hoor. Hierin lê my eie ervaring met dit wat ek beskryf as ‘God’ — en dit is ʼn baie intieme verhouding, ʼn baie persoonlike reis.
Die Christen geloof is nie veronderstel om gebou te word rondom ʼn veilige klein nis nie. Nog minder dat ons die eienaars van die Waarheid is, en allermins nie dat my interpretasie van die Waarheid is die regte en enigste interpretasie nie.
Dit gaan nie oor hoe goed ék is nie maar oor hoe goed God is. Dit gaan nie oor hoe groot my sonde is nie maar om ten alle tye oop te wees vir die liefde van God sodat dit in en deur my kan vloei — Christianity is about learning to love like Jesus loved … and Jesus loved the marginalised and Jesus loved the broken.
Daarom vind ek my taak en roeping in die getuienis van Paulus soos Handelinge 20:24 dit verwoord:
Hierin is Rabbi Yeshua van Nasaret my daaglikse inspirasie. In Christus lê my transformasie — my return, reset, rebirth, revival, and my reawakening. Hy wat in elke aksie en reaksie my herinner dat ek is ʼn Geliefde Seun van God wat almal om my sien as Geliefde Seuns en Dogters in wie God ʼn welbehae het.
Kom sluit Sondag by ons aan vir die laaste gesprek oor Jesus die Jood as ons praat oor die laaste week van sy lewe.
Mag die liefde van God oor jul harte en gedagtes die wag hou in Christus.
Terblanche is sedert September 2011 die geestelike leier van Neo-Spektrum.
“Christ is the link that keeps you
one with God, and guarantees
that separation is no more
than an illusion of despair,
for hope forever will abide in Him.”
― A Course in Miracles ―
Nuwe Sirkel-Flits is uit ... plus 'n paar ander belangrike skakels om te besoek:
Elke Sondag om 10h00
Kolping Kapel
7 Biccard Straat
Durbanville
Die eerste 50 wat kom
kry 'n sitplek